ANC se Zim-vlug: Cyril eis antwoorde binne 48 uur

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: The Presidency/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, 48 uur gegee om vir hom ʼn gedetailleerde verslag in te dien oor die ANC-afvaardiging wat saam met haar in ʼn lugmagvliegtuig na Zimbabwe gereis het.

“In die belang van goeie bestuur en die omsigtige en etiese gebruik van staatsbates het die president die minister opdrag gegee om ʼn verslag te lewer waarin die omstandighede rondom die vlug en die passasierslys uiteengesit word,” het Tyrone Seale, Ramaphosa se waarnemende woordvoerder, gesê.

Mapisa-Nqakula het toestemming gehad om na Zimbabwe te reis om met haar eweknie te vergader oor verdedigingverwante sake in die streek na afloop van ʼn onlangse beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG).

Ramaphosa wil egter nou antwoorde hê oor hoekom daar ʼn ANC-afvaardiging op dieselfde vlug na Harare was. “Die president verwelkom die belangstelling wat Suid-Afrikaners in hierdie aangeleentheid toon as ʼn aanduiding van die land se waaksaamheid teen die bewerings van onbehoorlike ontplooiing van openbare hulpbronne,” het Seale gesê.

Talle partye en organisasies eis dat Ramaphosa, as opperbevelvoerder van die weermag, moet verduidelik waarom die ANC-afvaardiging op die vlug was.

Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal wat geen amptelike posisie in die Suid-Afrikaanse regering beklee nie, het die afvaardiging na Zimbabwe gelei. Die ANC-afvaardiging het met leiers van Zimbabwe se regerende Zanu-PF vergader.

Die ANC-afvaardiging het ‘n saamrygeleentheid saam met die minister gekry. (Foto: Tawanda Mudimu/The Herald)

Die ANC-afvaardiging het benewens Magashule en Mapisa-Nqakula, ook Gwede Mantashe, Tony Yengeni, Lindiwe Zulu en Enoch Godongwana ingesluit.

Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die departement van verdediging, het vroeër die week ter verduideliking waarom die ANC-afvaardiging ook op die vlug was, gesê die ANC se vergadering het op dieselfde tyd plaasgevind as wat Mapisa-Nqakula na Zimbabwe moes reis om met haar eweknie te vergader.

“Die ANC-afvaardiging sou kwessies hanteer wat ʼn direkte impak het op Suid-Afrika. Dit is nie ʼn algemene gebeurtenis nie en dit het nog nooit vantevore gebeur nie,” het Dlamini benadruk.

Die DA, die VF Plus en die burgerregtegroep AfriForum het uitgevaar teen die gebruik van die lugmagstraler.

“Die DA is gewalg deur die ANC se ooglopende misbruik van staatsmasjinerie, sy doelbewuste vertroebeling tussen staat en party en die feit dat die Suid-Afrikaanse belastingbetaler ʼn vergadering tussen twee politieke partye moes borg,” het Kobus Marais, die DA se woordvoerder oor verdediging, gesê.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het die vlug deur die Falcon 900-straler ook as ʼn misbruik van belastinggeld bestempel en eis soos die DA dat die geld daarvoor terugbetaal moet word. Die VF Plus het gesê hy gaan ook ʼn klagte by die Openbare Beskermer (OB) indien om die beweerde misbruik van belastinggeld te ondersoek.

Die burgerregtegroep AfriForum het met ʼn ondersoek na die beweerde misbruik van bates begin en gesê hy sal regstappe doen indien dit aan die lig kom dat die ANC staatsbates onregmatig gebruik het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Pieter ·

Ag asb al wat julle ANC kommuniste kan doen is lieg en plunder VOETSEK

Persheks Adri ·

Die hele lot is korrup verby en lieg so hul glo hulself regtig waar. Hulle kon mos virtuele vergadering hou soos ander doen. Is die kaders nou in kwarantyn huh?

Miskruier ·

Die boodskap aan Zim burgers, trap in jul spoor ons anc is dik vriende met jul regering.

Therese ·

President Ramaphosa het, ná die landswye verontwaardiging oor die Covid19-diefstal, vinnig-vinnig geleer om die regte geluide te maak.

Deon ·

Die hele feit van die saak hier is dat daar mense op daardie vlug was wat nie daar mag wees nie, en indien hulle nie in kwarantyn was nie dan het hulle een van hulle eie regulasies oortree wat op die res van die land se burgers met mag en mening toegepas word. Daar is amper nie n rede om n verslag te vra nie, die enigste rede om die verslag aan te vra is om tyd te koop om n dikker lieg storie uit te dink.

Kobus ·

Hy is natuurlik weer verbaas. Nog n geleentheid vir n kommissie van ondersoek. Ek hou van die ANC se verskoning dat dit nou toevallig op dieselfde tyd gebeur het! Lekker lag ek nou!!!

Jaco ·

Oud-president PW Botha het gereeld weermagvervoer gebruik om te gaan jag. Hoekom het niemand dan toe gekla nie?

Johan ·

Daar was nie internet soos nou om te kla nie en ons het gekla. Ek was in die weermag daardie tyd hulle het toe sommer ook hulle bosberaad gehou. Was meestal by D”Nyala buite Ellisras.

Kobus ·

Jag en vir jou pêlle gaan kuier is seker twee verskillende goed. Hier is n vliegtuig vol pêlle na Zim. Jy en die ANC behoort mos nou n beter voorbeeld stel of hoe? Dan het jy seker ook nie n probleem met korrupsie nie?

annie ·

… gelukkig het ons geliefde minister darem 48 uur om ‘n goeie rede uit te dink… en daar sal een wees. Kom ons raai: Die krisis in Mosambiek vra dringende samewerking en dan is daar nie tyd vir maskers en nonsies oor vliegtuie nie en Ace is die baas van die plaas. Jy weet?

marius ·

Hoekom ? Julle doen net wat julle wil en sal nooit ophou om te lieg , bedrieg , verorber en plunder nie . Jul woorde is so leeg en betekenisloos soos verlede jaar se stukkende wynbottel wat op die ashoop le . Dis die waarheid .

Kokerboom ·

Ek vertrou Pres Ramaphosa besef nou weereens dat sy organisasie inherent totaal korrup is, dat hy hul nie kan vertrou, dat hy hard en sterk sal moet optree om die land van die randjie van die afgrond te red deur dringend ontslae te raak van AL die vrot appelsen waarom Jan Publiek so diep ongelukkig is oor die voortsetting van staatskaping

ElizeK ·

Jaco, hoeveel keer wil jy nou nog kerm oor PW Botha.
Bou n brug en kom oor jouself ASB.
Ek dink eerlik nie die forum is waar jy tuis voel nie.
Daar is ander opsies daar buite hoor.

Johanncb ·

Die Landswet, Grendelgreep, is 100% oortree! Géén internasionale vlugte word toegelaat nie! Die wet geld skynbaar níé vir Ministers en hul gesante nie!

Friedrich ·

Ek wil Kaap toe vlieg, sal die staat my vlug ook betaal as ek sê ek gaan na n vergadering toe? Ek sal Nkosi Sikileli sing as ons land OK?

My siening ·

ANC BO DIE WET maak nes hul wil. Sy gaan nou sê zim het nie laptops om te vergader nie. Ace gaan sê hulle het duim ge gooi duskant Pietersburg toe land daar n vliegtuig om hulle op te tel. Kwartein geld net vir burger nie vir ANC of onwettige immigrante nie.

koos10 ·

CR, as jy jou besighede bestuur het soos jy die land bestuur, sou jy vandag nie R5.00 op jou naam gehad het nie.

Johan ·

Hy het blankes wat dit vir hom doen kyk wie is sy vennote in die wildsbedryf.

JohanR ·

En dan wat gaan Cyril doen….nog ‘n komitee aanstel? My gooiste Cyril kry tog asseblief ‘n ruggraat!

Cheryl ·

Vra ek ook. Hy het verseker geweet vd trippie. Nou hou hy hom so vroom. Sien dwarsdeur hom.

Mossel ·

Hoekom kan vergarderings nie via Zoom nie ?? Dis n fraksie van belastingebtaler se geld.. ?? Enige vargarderings tydens covid en in die toekoms kan Geskied via zoom of n soortgelyke platform.. daar is geen rede om belasting geld te spandeer vir vergarderintjies nie! Nie nou nie en ook nie in die toekoms nie.. as j vergader en praat kan j dit net sowel oor zoom doen.. hierdie klink vir my eerder na n pret vlug op belasting betaler se geld! Hulle mis die punt !! Regerig werk vir ons die belasting betaler nie anders om nie.. ons moet ook die mag he om hul uit te skop!!

Duck ·

IS mos lekker! Free for all
en die publiek moet maar net opdok
Hello Tax man

Strandloper ·

Snaaks…ek persoonlik dink dit was sy idee…of nie? Deesdae betyfel ek alles van die anc…behalwe natuurlik hul lieg en bedrieg storie wat aan die orde van die dag is.

Johannes Andreas ·

Daar is ‘n paar moontlike opsies op die vraag:
1). Sekerlik te dom om elektroniese media platforms te gebruik – blameer apartheid;
2). Animal farm – almal is gelyk, sommiges is net ‘meer gelyk’ as ander;
3). Die ANC Marxistiese Regering vrees burgerlike ongehoorsaamheid en wil gou ‘n paar ‘tips’ gaan kry.
Plaas aanvalle het nie massa uittog van die platteland meegebring nie, boere is gatvol en die res van die land begin al harder mor. Wit en swart is keelvol vir die ANC se blatante magsmisbruik en korrupsie.
Oplossing: Hernu aanslag op private vuurwapen besit, verleng ramp toestand – dit kan maklik omgeskakel word na ‘nood toestand’, hou staats entiteite onder druk en verlam ekonomie verder. Maak alles net makliker om Marxisme in te bring en af te dwing.
Die grootste vyand van die Diktator / Kommunis is ‘n gewapende burgery wat begin hakke inkap en rug styf maak. Onthou die Arabiese Lente?
Dis tyd dat ons as vrye burgers (terwyl ons nog daardie vryheid het) erns maak van ons toekoms.

Carl ·

Mnr die President, ons wil nou nie jok nie nie, dit wash in landsh belang om onsh bure te help. Shien, hulle land val meer uitmekaar as by onsh, en onsh wou gaan kersh opsteek oor hoe dit gedoen kan word. Dit wash rerrig nie n jollie patrollie nie, ons doen nie sulke goed nie, ons is eerbare menshe en hulle wash sho bly om ons te onthaal.

Alleen Wolf ·

En wat dan, skuldiges her-ontplooi na ‘n beter pos, ANC styl

Sarel ·

Dit is ‘n groep Anti Rhanaphosa met Magashule, wat geen reg het om van en ge Staatsbate gebruik te maak.nie, aan die voorpunt.

msp ·

Ai tog, worry oor jou eie land, dit gaan baie beter in Zimbabwe às in Suid Afrika.

Niklaas ·

Nou wat wil Cyril doen as hy al daai antwoorde gekry het? Straf, vervolg? Sal graag wil weet wat sy plan van aksie is. Ek weet… absoluut niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.