ANC-segsman skryf ope brief oor Swart Maandag

Zizi Kodwa. Foto: ANA

Zizi Kodwa, die ANC se woordvoerder, het in ʼn ope brief aan die organiseerders van verlede week se Swart Maandag-optog gesê hy glo hul pogings om die vlaag plaasmoorde te bestry is eg ondanks sekere mense wat “die geleentheid vir hul eie eng belange gekaap het”.

Kodwa loof die organiseerders in die brief en sê hul liefde vir die land was implisiet in hul optrede. “Julle verbintenis tot die nuwe Suid-Afrika was tasbaar en is prysenswaardig.” Volgens hom was die stryd teen apartheid en ongeregtigheid nooit ʼn stryd van swart mense teen wit mense nie.

Kodwa het gesê hoewel Suid-Afrikaners uiteenlopende politieke oortuigings het, is hy trots op sy bevrydingsbeweging [die ANC] wie se ideologiese ingesteldheid volgens hom nog altyd berus op die beginsel dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, swart en wit.

“Wit landgenote het tydens ons bevrydingstryd saam met swart mense geveg en deel dus krediet vir die bevryding van Suid-Afrika. Ons pynlike en gedeelde geskiedenis wat geen rassegrense ken nie moet vir ons as grondslag dien om die demoon van rassisme in al sy manifestasies te verwerp en om ons gemeenskaplike verantwoordelikheid om ʼn nasiestaat te bou wat werklik in vrede met homself is, te omhels.”

Die Solidariteit Beweging het ’n bewusmakingsaksie teen plaasmoorde by die Voortrekkermonument in Pretoria gehou (31 Oktober 2017). Foto: Reint Dykema

Kodwa het gesê die land se geskiedenis is besaai met talle verhale van moedigheid deur ons wit landgenote teen rasse-onderdrukking, wat die heldhaftige rol van organisasies soos die Black Sash en vele ander insluit.

“Ek nooi julle en alle jong wit Afrikaners uit om hierdie geskiedenis, wat simbolies van ons gemeenskaplike lot is, te omhels en nie toe te laat dat julle as kanonvoer gebruik word deur diegene wat die heldhaftige pogings van daardie geslagte Afrikaners wat teen apartheid opgestaan het wil ondermyn nie.”

Kodwa het gesê jong wit Afrikaners kan onrustig raak om rede van ʼn ware besorgdheid wat almal raak, naamlik misdaad en plaasmoorde. “Dit is om dié rede dat ons mekaar oor die rasseskeiding moet vind en ons kollektiewe verantwoordelikheid moet erken om veiliger gemeenskappe op die plase te bou. Daar was al verskriklike stories van brutale moorde van boere sowel as plaaswerkers.” Hy het gesê daar kan geen regverdiging hiervoor wees nie, ongeag die ras van die slagoffers.

Volgens Kodwa is ʼn opregte bekommernis oor plaasmoorde oorskadu deur rassepolarisasie en ʼn blatante vertoning van dwepery. “Die openbare vertoning van die apartheidsvlag roep pynlike herinneringe op vir die swart meerderheid en het geen plek in ons demokratiese samelewing nie. Die vlag se vertoning as ʼn simbool van nasiekap moet deur swart sowel as wit verwerp word met die minagting wat dit verdien.”

Kodwa het gesê misdaad ken geen rassegrense nie. “Dit is ʼn kanker wat ʼn kollektiewe poging deur alle Suid-Afrikaners verg om dit te ontwortel en misdadigers aan die pen te laat ry. Julle het die voorlopige stappe gedoen deur te sê genoeg is genoeg. So kom ons bou nou ʼn nierassige-front om oorlog teen misdaad te verklaar en eers dan sal ons suksesvol wees.”

Kodwa het die brief afgesluit met dié woorde: “Nooi my volgende keer asseblief vir pap en vleis.”

Lees Kodwa se volledige brief op Maroela Media hier. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Ella ·

Ydele woorde want kinders wat n raadsvergadering in Pta wou bywoon is uitgejou en uitgejaag. Hulle hamer op die ou vlag en mis die hele punt van die samekoms op Swart Maandag

Frederik ·

Zizi, dankie vir jou heuningkwas…. Maar wat ek lees is ‘n oor borrelende vrees in jou skrywe. Jy verwys na ‘n paar punte wat jou visie regverdig maar jy vrees die omvang van die optog…..

Cherokee ·

Weet jy Frederik, wat die mier vir die olifant gesê het terwyl hulle oor die brug geloop het?
“Ons laat hom dril nè!”
Hou tog op om daardie ‘vrees’ belaglikhede te verkondig. Ons is sowat 4½m teenoor ‘n swart massa van ± 60m. Omvang van die optog? Ek lees van die taxi-optog in Pretoria en ander optogte. Jy behoort dit ook te lees. Van die swart maandag optoggangers is gearresteer en ek lees van geen taxi-protesteerders wat vasgevat is nie.
Indien hy ernstig was met wat hy, Kodwa, gesê het, is daar hoop dat daar steeds redelik redelike mense is. Hy stem wel nog ANC en komplimenteer hulle maar hy klink asof hy kan redeneer. Dit maak nie sin om oranje blanje blou te skrou sonder om dit sinvol te beredeneer nie. Moet nie bloedrivier skreeu wanneer ons die assegaaie het en hulle die sannas nie.

kat ·

Sorry – Too Little too late.
Jammer jy is nie geloofwaardig nie – glo niks wat jy se nie. Net ‘n foeffie.

Ockie ·

Kat ek stem saam met jou, mooi praatjies voor die media terwyl hy en al sy makkers deeglik bewus is van wat agter die skerms aangaan. Totaal en al valse woorde!! Die taktiek is eue oud en elke keer val die mense daarvoor, meeste van hulle.

Nooi hom ja ·

Daar is opregte leiersfigure nog oor en hulle moet inderdaad genooi word om saam te kom braai. Dit moet inelkgeval nie die persepsie skep dat die optogte slegs vir witte mense is nie.

Hamman ·

Jy word nie vertrou nie – net soos Zuma en sy Keepers nie vertrou kan word nie – regdeur die bank korrup en verrot.

boerin ·

Jou oggend en aandpraatjies – is nie dieselfde nie – jy en nie een van die anc -lede kan vertrou word nie.

Piet Pompies ·

Die meerderheid Suid Afrikaners deel dieselfde sentiment soos in die berig, dit is net jammer dat die huidige regering dit nie so wil sien. Ek sien uit na die positiewe tye wat gaan volg na Desember (Zuma weg) en die nuwe leierskap wat Suid Afrika vorentoe gaan vat.
Die uitdagings is groot, so ook die belongings vir harde werk.

Positief ·

Ek voel positief oor Zizi & sy skrywe, daar is nog baie van hulle wat saamstem, dit gaan nie oor wit en swart en Zizi ek glo as jy na die skare gaan, gaan jy die grootste poletieke party in die land wees, want die arm mense is nog steeds verontreg, ongeag kleur, jy weet daar is baie bewyse vir dit. Dankie vir die brief, ek ontvang dit werklik as die 1ste stap in die regte rigting, daan dan en begin ‘n demokrasie vir alle eerlike wetsgehoorsame Suid-Afrikaners ongeag van kleur, waak altyd teen Polities korrek wees, jy sal ongekende sukses en groei kry en hou by jou woord. Ek spreek vandag hierdie positief oor jou uit en ek glo dit is die antwoord op al ons gebede vir verlossing vir al die verkeerd vooraf en ook vir die laaste 24 jaar.

Louis ·

Piet Pompies en Positief, julle verdien ‘n bells. Stem saam

Wessel ·

Hierdie droom, was presies FW de Klerk se droom gewees. Sommige het intussen van die nagmerrie wakker geword en sommige nie.

Dit is reg ·

Dit is reg, begin vergeet van kleur en werk saam en BEVEG al hierdie bose goed wat aangaan.

PLEASE ·

KOM ek stel nog iets reg die hoeveelheid PLAASWERKERS wat vermoor word is nie ‘n FRAKSIE van die hoeveelheid boere wat vermoor word nie, en baie plaaswerkers word ook deer INDRINGERS vermoor en nie deur die boere nie. Die BRUTALITEIT van die aanvalle verskil ook, so moet asb nie ‘n appel met ‘n piesang vergelyk nie, want ek is nou moeg om van PLAASWERKERS te hoor, julle neem reeds hulle saak op en het alreeds BETER OMSTANDIGHEDE vir plaaswerkers beding asook beter salarisse, so JA daar word REEDS IETS AAN GEDOEN, die plaasmoorde gaan daaroor dat DIT NIE AANGESPREEK word nie maar parlementslede sit en LAG vir die minuut se stilte op plaasboere, as dit egter ‘n minuut se stilte vir plaaswerkers was, was dit seker in orde ne?

skollie ·

Die boere is die teikens omdat hulle die geld, wapens, ensovoorts besit. Dis tog logies dat hulle nie die plaaswerkers gaan beroof nie.

Eish ·

Baie goeie en uitreikende skrywe. Mens kan saamwerk indien hierdie die mediaan van houdings in die land was.

Basson ·

Selfde tipe ‘uitreiking’ wat gedurenda Kodesa ge-openbaar was ja.
Jammer maar ons het al male sonder tal op die harde manier geleer dat ons nasie UITERS naief is.
Tyd om teen-prestasie te sien, nie net mooi woorde : sou die ANC bv vir Lesufi aanspreek oor sy poging om ons as inwoners te vervreem en eintlik kultuurgewys te vernietig, sal ek dalk iets hiervan begin glo.

JAN ·

Mnr Zizi Kodwa…..baie respek vir jou. Ons het mekaar nodig in hierdie land. Om net wedersydse respek te he vir mekaar sal die land baie spesiaal maak. Jou soort is skaars. Maak n verskil….respek vir jou!

Anoniem ·

Stem saam! Dis ‘n baie mooi gebaar van Zizi. ‘N mooi vriendelike brief. Swart mense is nie ons vyande nie. Korrupsie en misdaad- dis die vyand.

Pieter ·

Ek kan eenvoudig nie glo dat daar nog van ons mense is wat met fw-sterretjies in hul oe val vir die mooi woordjies van dingaan nie.

Afrikaanse Knaap ·

Dankie Zizi, ek stem met jou saam.
Ek wens net meet mense in die ANC redeneer soos jy, ongelukkig is dit nie die geval nie.
Jong vry gebore Afrikaners word vandag ekonomies ontneem van bitter baie geleenthede in die vorm van regstellende aksie, wat erg rassistes is.
Ons moet alle vorme van onregverdigheid in SA beveg. Geen groep mag bo ‘n ander verhef word nie. Ras moet nerens ‘n faktor wees nie.

Chris Ws ·

Hierdie optogte op Swart Maandag was ‘n druppel in die emmer van wat nog kom.Die storie rondom die sogenaamde apartheids vlag is heeltemal oordrewe.In elkgeval vereenselwig ons ons NIE met die ou republiekvlag nie want hy het die Union Jack in hom en die Union Jack moet gladnie in enige vlag in die land voorkom nie want die Britte was aan die voorpunt van betogings en later boikotte teen Suid Afrika.Maw hulle is ons vyande nie vriende nie!Ons erken tans net die Vierkleur.

Anel ·

Mens sal sweer daar is `n eleksie oppad en iemand gatkruip erg!

frederik ·

Stel nie belang wat hulle te se het nie – ek voel jammer vir al die Suid Afrikanders wat vermoor word – ongeag van kleur, maar ek kan ongelukkig nie met hulle onderhandel nie – hulle het hulle kleure al lankal gewys en nou wys die D A hulle ware kleure ook. So ek praat net met my eie mense en die Vierkleur gaan weer eendag wapper. So het Siener geskryf en ek glo dit. Die skoen gaan aan die ander voet wees.

jakkalse ·

Nie die anc of die da is betroudbaar nie (Ek skryf dit met klein letters omdat ek dit nie respekteer nie) en dus kan daar nie met julle gepraat word nie – julle het die land tot in die grond toe vernietig en daar is nie medisyne vir julle nie. Julle hou zuma in beheer vir julle eie gewin en met sulkes soos julle kan daar dus nie gepraat word nie want dit sal teen ons grein gaan.

GPC ·

Diep in my hart waai ek ook die ou vlag, maar nie vir die redes wat die ANC voorhou nie. Ek waai hom omdat omstandighede huidiglik baie swakker is as onder apartheid. Swart en wit kon onder apartheid gaan met voller maag en met minder vrees vir hul lewens gaan slaap (swart en wit). Die regering moet die “waai van ou vlag” sien as hul mislukking om hul beloftes na te kom nl. “Better life for all”. Op die stadium is dit net “Better life for all politicians and criminals”.

Bertus ·

Baie waar woorde. Die groot bakleiers wat meeste aanstoot neem is báie beter daaraan toe is onder apartheid. Ál wat verander het is dat die klein groepie op die Gravy-trein nou rinkink en feesvier en mors as hulle nie besig is om die hordes op te sweep téén die wittes. Nou sit die massas wat vir n sogenaamde beter lewe gestem het, steeds waar hulle was… in meeste gevalle slegter af as onder apartheid… en die wittes is die sondebokke wat nou ook verarm moet word want dis die laaste druppel in die emmer wat hulle wil uitmelk. Wat word as alles opgebruik is?

Basson ·

Die ironie :
DA se nou daar is NET plek vir swart applikant indien werksvakature gevul moet word, en dit moet dan so gekies / uitgevoer word. ANC se nou daar is plek vir almal in die land, veral vir wittes ook.

anti-crime ·

Hoekom word sulke woorde nie in die parlement gepraat nie?
Te bang vir die anc waarvan jy ‘n lid is? Bang word jy word uitgejou? Neewat gaan terug na die een wat jou gestuur het om sulke goed te praat en se nie jy of hulle gaan uitgenooi word vir praatjies met ons nie. Die skade wat gedoen is kan nie ongedaan gemaak word nie. Ons praat nie met ontroubare en rugraatlose en korrupte mense nie.

Vreemdeling ·

Kom ons probeer weer.

You fool me once shame on you, you fool me twice shame on me!
There is a lot of fools!

Neels ·

Ek sien deur jou valsheid!! Jammer hou verby – gaan vertel jou storie in die parlement en dan kyk ons wat daar gebeur?

Mmmm ·

Is dit nie miskien omdat daar twee petisies by die withuis lê juis oor hierdie sake dat die ANC nou hulle “spokesman” kry om dinge te paai nie – dat hulle darem kan sê hulle ondersteun alle Suid-Afrikaners. Leë woorde. Put your money where your mouth is en actions speak louder than words.

Von ·

. . . en wie het hom gehelp die brief skryf?
Dis presies wat die mense wil hoor!!!
Daar word vrede-vrede geskree maar helaas . . .

kat ·

Ruby – jy is reg – ons het al genoeg leuens en valse beloftes gehoor .Soos alreeds genoem hier bo. Kyk maar na Kodesa. Neewat ek meng nie met hulle nie – hulle kan gladnie vertou word nie – nie in die verlede nie en ook nie in die hede of in die toekoms toe. Die da het ‘n hele paar blankes klaar verraai en nou wil die anc met paaiwoordjies kom? Die da kom nie eers met paai woordjies nie – wat sou die ou van die anc in die mou voer?
Moenie dat julle mislei word nie. Maak julle oe oop. Hulle is al klaar wees besig met hulle volgende onderduimse plan- wag maar en sien. Het nou net ‘n boodskap van Afri Forum ontvang.

anti verrotting ·

Hy is seker ook een van die “keepers” in Pauw se boek.Gaan lees jou brief voor almal in die parlement – dat ons sien wat gebeur – dan sal jou ware kleure – net soos die res – te voorskyn kom.

Peet J ·

Ja, Maroela Media gee vir ons ‘n afskrif van sy brief in sy eie handskrif en aan wie het hy die brief gerig . Sover ek weet was die swart Maandag opstand nie deur enige politieke party of organisasie bewerkstellig nie . Weet julle deur wie is die opstand georganiseer, deur die onskuldige bloed van al ons vermoorde boere en mense wat roep na die Almagtige God Skepper van Hemel en Aarde vir verlossing . Hierdie opstand is ‘n waarskuwing van wat nog gaan kom.

Johan. H. ·

Jammer ,, Vir my flous julle nie,, Ek leer stadig, maar ek leer , Ek vertrou geen van julle nie, Daar is weer verkiesings oppad….

ChrisE ·

Daar is ‘n Engelse spreekwoord wat lui ” keep your friends close, keep your enemies closer”. Ek lees die man se brief en bevraagteken sy en die ANC se werklike motiewe. Kan dit wees dat die man duidelik iets weet waarvan ons niks van weet nie. Teen my beterwete gee ek hulle (regime) die voordeel van die twyfel. Zuma regeer nie die land nie. Daar is ‘n duidelike besef dat hy ook nie gaan regeer tot die wederkoms nie. Die anti-Zuma veldtog is besig om in die organisasie momentum op te bou. As die mense Zuma se agtergrond ken, sal almal ook beter verstaan. Die land word tans deur rampokkers/boewe/skurke of wat ook al beheer. Die kriminele element in die besluitneming is onrusbarend. Ek verontskuldig nie vir Zuma nie, dit is sy meelopers/agterryers en “borge” wie ek blameer en hy word voorop gestoot (set up). Ek dink die ANC besef hulle kan nie so voort ploeter nie. Die jonger garde steur hulle nie aan die “sokkelaars/struggle ikone” nie. Hulle wil in ‘n “beskaafde, demokratiese” land woon. Hulle wil ook hul kinders in veiligheid groot maak. Hulle het ook aspirasies soos ons blankes. Dit kan ‘n olyftakkie wees wat aan die blankes uitgereik word, miskien nie. Net die tyd sal leer. Gelukkig is ons in Goeie Hande.

Afrikaner ·

En einste Kodwa was een van eerstes wat die optogte as rassisties veroordeel het. Jammer, ek glo niks uit enige ANC lid se mond nie. Een oomblik se hulle versoening en dan net daarna word wittes aangeval as rassiste. Hoekom het hy nie Malema en BLF aangevat oor hulle uitlatings nie. Enige een wat hom gli of vertrou lewe in n droom wereld.

LMF ·

Hoekom kry ek sulke koue rillings met die ou volgende keer hou ons n swart vlag vas en ASB die fyngevoeliges sal die ou vlag try uitbuit in hul guns en hul kan niks ordendelik doen nie als moet mos verwoes word o nee jy klink bang en ek vertrou jou nie

Johan Erasmus ·

Ek stem saam misdaad het geen ras grens maar om mense dood te martel is nie misdaad nie dis haat die selde wat die Engelse met ons gedoen het van 1899 tot 1902 so ons almal nie so geklou aan die ou vlag soos jy dink nie vir my het hy ook nie die beste van herhinderinge vir ons almal soos julle dink nie afterall die Engelse vlag was in hom wat ook ons boere op die plase vermoor het en laastens laat daai vlag my dink aan daai volks veraaier FW de Klerk . Swart Maandag nie gegaan oor n vlag soos die media met ou fotos probeer voor gee nie maar oor vrede kyk eerder na die kill the boer op julle optogte dra dit tot as julle toi toi oor swak diens wat deur die ANC veroorsaak word

M'Lady ·

Jammer maar die geskiedenis het my geleer, Mnr Kodwa, julle kan onder geen omstandighede vertrou word nie. Ongelukkig het FW vergeet daarvan.

Henri ·

Baie wat hy in sy brief se is waar en ek sou sy aanbod om samewerking met albei hande aangegryp het as dit nie was vir die feit dat hy die spreekbuis is van n organisasie wie se verkose president “Kill the Boer” sing, praat van grondonteiening sonder vergoeding, verwys na die leuen van wit monopoliekapitaal en die staatskas leegsteel nie. Sy verwysing na die ou vlag is slegs n poging om die aandag van die ware probleem soos weerlig af te lei en sy verwysing na waar witmense in die onlangse verlede swartmense doodgemaak het kan gerus statisties getoets word want dit is hoegenaamd nie vergelykbaar wat getalle betref nie. Uiteindelik is hy ook die een wat ras aan die hele aangeleentheid koppel deur die wit/swart aspek uit te lig, soos wat dit al lankal die neiging van die ANC is.

Kerneels ·

Nou dat die DA nie meer die wit stem wil he nie soek die ANC ons

Juan ·

Ek wonder of Dingaan se gesprek met Piet Retief dieselfde trant gehad het ?
It is not what a man says, but what he does that defines his character.

Louise ·

Ja ek wens die mense wil daardie geskiedkundige gebeurtenis vir ewig onthou. Retief het ook Dingaan se mooi praaitjies geglo en is toe vermoor. Laat dit vir ons almal ‘n les wees …

Popeye ·

Vat Zizi se kommentaar met agterdog. ANC = korrupsie + onkunde + omgekeerde rassisme ….++++. Ek beaam alle kommentaar hieroor want dis oorwegend met agterdog. Kom ons gaan gou 365 jaar terug…1652….as die eisers van die land so prominent was, hoekom is julle stryd al so lank in die skaduwee en vol verskonings?

pieter ·

Nee wat, Mnr Kodwa, enigiemand wat nog steeds ANCircus stem, steun, of voorstaan vertrou ek so min soos n dronk man in n bottelstoor.

Oom Klasie ·

Die vlae waarvan jy in die Huffington Post praat Zizi was ou fotos wat julle as propaganda op Swart Maandag gebruik het.Hier kom jy met die heuningkwas en op Huffington se jy ons verlang na apartheid.So wat is jou storie?.Ek hoop die lesers wat jou gesaluut.het kom hulle fout agter en vinnig ook.

Jakkie ·

Hy het hom al klaar weerspreek in die Hoff post.Daar kla hy oor die ou SA vlag wat gewys was met Black Monday.Ons weet dit was n ou foto wat die anc gewys het .So jammer ou jy is nie betroubaar nie en sal nooit wees nie

Pieter ·

Give the man a Bell`s.Daar is nog min mense wat soos dink.

franje van spanje ·

Ag, hou tog op om sulke bitterboelas te wees! Dit was vertraag om die ou vlag in te sleep.

Cornelia ·

Die trant van Kodwa se skrywe is merkwaardig. Hy trap op dit wat my na aan die hart lê enersyds en vereer sý organisasie en meedoeners se ideologiese stryd’ wat sy grondslag in die duistere denke van “rewolusie” en ‘n kommunisties gedrewe magstryd het. Die enigste “bybel” in sy woordeskat wat hy en duisende ander soos hy soos ‘n knuppel rondswaai is die woord “rassisme.” Al opgelet dat die woord die lug besoedel? Dat dit die enigste “skildvel” geword het om die enigste Waarheid oor die kop te slaan? Dat die woord vrees inboesem by die vreesagtiges meer as die Woord van God? Waak dan! Of stem ons saam met ideologieë, stakings, terreur in vredestyd? Waak!

Juan Olivier ·

Klink maar net soos leë woorde op steun van wit mense te kry. As die ANC dit regtig bedoel het sou hulle iets aan die plaas aanvalle gedoen het maar tot op datum het hulle nog niks gedoen.

Jakkie ·

Ons het nie die vlag ingesleep nie Franje van Spanje die anc het.hulle het ou fotos van n paar jaar terug geplaas om die dag te bederf.Wat se dit vir jou?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.