ANC skerm vir Ramaphosa by Skoor

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

ANC-lede van die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) het laer getrek om pres. Cyril Ramaphosa sodat hy nie verantwoording kan kom doen vir sy beweerde kennis dat staatsgeld vir ANC-sake misbruik word nie.

Die DA, EFF en ATM met altesame vier lede by die Skoor-komitee het ten gunste daarvan gestem dat Ramaphosa voor Skoor verskyn, terwyl ses ANC-lede daarteen gestem het. Hulle het gemeen die komitee moet wag vir die bekendstelling van die Zondo-kommissie se derde verslag oor staatskaping.

Die DA, EFF en ATM was ontevrede met die geskrewe antwoord wat Ramaphosa verskaf het in reaksie op vrae oor ʼn uitgelekte stemopname van die president by ʼn vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee.

In die boodskap sê Ramaphosa “elkeen van ons weet dat ʼn klomp geld wat in veldtogte gebruik word om mense met busse aan te ry, om allerhande dinge te doen, dikwels van staatshulpbronne en openbare hulpbronne afkomstig is en ons kan ons nie om die bos lei daaroor nie”.

Ramaphosa het hierop gereageer deur te sê die inligting oor die beweerde misbruik is in die openbare domein – maar die opposisie soek veel meer duidelikheid.

Alf Lees, ʼn DA-lid van Skoor, sê die ANC se besluit om die president se verskyning voor die komitee te verhoed is ʼn “verdoeseling” en ʼn nuttelose poging om Skoor se aandag af te lei van die boodskap dat Ramaphosa “weet” van die misbruik van staatsgeld.

“Dit lyk of die ANC partyopdragte uitvoer deur nou terug te krabbel van die voorheen eenparige Skoor-besluit om pres. Ramaphosa te nooi om voor die komitee te verskyn, sou sy geskrewe antwoord nie omvattend en duidelik wees nie,” sê Lees.

Die ANC-lede het nou met lang monoloë egter verdere vertragings probeer regverdig om Ramaphosa aanspreeklik te hou.

“Uiteindelik het die ANC sy meerderheid gebruik om pres. Ramaphosa te beskerm en die party word weereens blootgelê as die misdaadsindikaat wat hy is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

Niks anderds as n anargis wettelose sindikaat nie. En voor in die koor is ons minder agbare multibiljoenêr Pinocio.

Marius ·

Natuurlik sal hul saamskaar, almal is ewe skelm, en keer hard dat die waarheid nie op die lappe kom nie.

Anoniem ·

Hulle funksioneer nou soos ‘n tipiese dwelm kartel. As jy eers in is, kan jy nie weer uit nie of jou mond word gesnoer.

efjy ·

Gebruik die ” wigte en teenwigte” wat 1994 beloof is dat so iets nie sal gebeur nie.

Johann ·

VIVA PINOCIO en ay kaders. Lieg vir n lewe en word daarvoor betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.