ANC skort NUK-vergadering op oor Zuma-verwikkelings

Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC het aangekondig dat senior NUK-lede na KwaZulu-Natal ontplooi sal word. (Foto: ANA)

Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) het sy vergadering wat vir Saterdag tot Maandag beplan is, ogeskort weens verwikkelinge rakende oudpres. Jacob Zuma wat hom teen Sondag by die Nkandla- of Johannesburg-Sentraal-polisie moet aanmeld om sy vonnis te begin uitdien.

Maroela Media het vroeër berig dat die Konstitusionele Hof, die hoogste hof in die land, Zuma Dinsdag tot 15 maande vonnis opgelê het vir sy minagting van ’n hofbevel om voor die Zondo-kommissie  te verskyn.

Intussen het honderde Zuma-ondersteuners ondanks die huidige vlak 4-inperkingsmaatreëls buite sy woning in Nkandla saamgekom. Foto’s en video’s wat op sosiale media gedeel is, wys dat sommige van dié ondersteuners gewapen is. Luidens berigte is geweerskote ook Vrydag uit die skare in die lug afgevuur.

Carl Niehaus, woordvoerder van die Umkonto weSizwe-militêreveteranevereniging (MKMVA) en ander Zuma-ondersteuners tydens ’n mediakonferensie Vrydag by Nkandla. (Foto: Twitter)

Boonop het Carl Niehaus, woordvoerder van die Umkonto weSizwe-militêreveteranevereniging (MKMVA), gister tydens ’n mediakonferensie in Nkandla gesê dat Suid-Afrika deur onvermydelike geweld in die gesig gestaar word indien Zuma tronk toe gaan.

“Ons het die besluit geneem in die lig van die situasie wat tans in KwaZulu-Natal ontvou. Daar is nou ’n behoefte dat die ANC duidelike en beginselvaste leierskap demonstreer om te verseker dat die wet gehandhaaf word en om enige geweld, beserings of verlies aan lewe te vermy,” het Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, gesê.

Die party het Vrydag aangedui dat senior NUK-lede na KwaZulu-Natal ontplooi sal word.

Zuma het intussen ’n dringende aansoek in die hooggeregshof in Pietermaritzburg ingedien waarin hy die Konstitusionele Hof vra om die uitdien van sy vonnis uit te stel.

Hy het ook ’n aansoek by die Konsitusionele Hof ingedien waarin hy vra dat die uitspraak teen hom heroorweeg of herroep word.

Zuma se seun, Edward Zuma, het vroeër gesê wetstoepassers sal eers verby hom moet kom voordat Zuma tronk toe gaan.

“Ek herhaal, niemand gaan Zuma tronk toe neem voor ek sterf nie … Hulle sal verby my moet kom, wat beteken ek is bereid om my lewe vir pres. Zuma af te lê. Hulle gaan hom nie tronk toe neem terwyl ek nog lewe nie.”

Edward het Dinsdag die situasie met ’n “oorlogsituasie” vergelyk.

Prof. André Duvenhage, ’n politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom, het vandeesweek gesê Zuma het twee opsies – hy kan óf landuit vlug óf hom vir sy vonnis aanmeld.

Indien Zuma hom nie binne die voorgeskrewe tyd aanmeld nie, het die hof beveel dat die polisie hom binne drie dae moet aankeer sodat hy sy vonnis kan begin uitdien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Andre ·

Presies nog’n voorbeeld hoe kom SA ‘n mislukte land is omrede dit die norm is om geen dissipline en gesag vir die wet te toon nie. Persoonlik meen ek dat moeilik is om as ‘n 80 jarige tronkstraf uit te dien maar hoeveel lewens het Zuma nie vernietig nie gedurende sy skrikbewind nie. ‘n boete wat beslaglegging van Nkandla insluit en hom in’n ouetehuis sou plaas sou hom ontneem het van die materiële dinge waarvoor hy sy siel verkoop het

Francois Le Cochon ·

Ek lees elders dat Zuma ‘n “answering avidavit” ingedien het oor sy “continuing health situation”. So hier kom dit!

Dirk Mostert ·

Is daar nie sekuriteitswetgewing waarvoor Edward Zuma en Charl Niehaus aangekla kan word nie? Hulle blaas geweld aan en erken nie hofbeslissings nie. Cele moet almal rondom Nkandla in hegtenis neem vir oortreding van inperkingsregulasies.

Karen ·

Doen hy dit… Nee! Met ander woorde sy “speech” beteken net mooi niks, dit is vals en vol voorwaardes, geld net vir sekere burgers.

James ·

Drie dinge moet nou gebeur, om my wetsgehoorsaam te hou: 1. Zuma moet more tronk toe gaan; 2. Die Polisie moet die skares by Nkandla arresteer vir oortreding van vlak 4 inperking reels; 3. Carl Niehaus moet gearresteer word vir Sedisie.

As al drie nie gebeur nie – voel ek myself nie meer gebonde aan die wette van die RSA nie – en sal ek dienooreenkomstig optree in AL my interaksies met staatsorgane van nou af.

Finish en klaar. Ek is MOEG vir reels wat net vir my geld.

Manie ·

Ons sal nou sien of die Polisie en die ANC REGERING ‘n ruggraat het!????????????

SjN ·

Die opening van die Sirkus wag nog vir n paar narre wat altyd laat is.

Nie Verbaas ·

Ons land het nou werklik verval in n wettelose land as mens in ag neem hoe die narre die wet gehoorsaam. So wat vir Zuma gaan is dan van toepassing op ons ander burgers ook.

Kobus ·

Dit sal ‘n kwade dag in SA se geskiedenis wees indien die hof in Pietermaritzburg die bevel omkeer. Dit gaan verseker ‘n president skep vir toekomstige bevele. Wat sou die ANC se siening wees indien dit PW Botha was of FW de Klerk? Vreugdevure sou verseker hoog gebrand het. Waarom spreek CR nie vir Carl Niehaus aan nie? Elkeen is nou ‘n regskenner. Cele staan magteloos en toekyk hoe die grendelreels ignoreer word om nie eens van onwettige afvuur van vuurwapens te praat nie. CR wag telkens dat die howe namens hom besluite maak maar sy stille diplomasie daarna spreek boekdele

Chris dupreez ·

Die dinge van Niehaus het niks met Rhamaposa te doen en moet deur die anc se dissiplinêre kommitee hanteer word. Niehauss is maar net aandag soekerig. As die mk veterane hom as woordvoerder het , is hulle ook maar n klomp ……….

Ovelia ·

Wie gee vir die ongehorsames kos.verseker onswt belasting betaal. Army en polisie doen jul werk .vat hul vas

Kanjynoumeer ·

“The show is not over until the fat lady sings.”
Only time will tell…

annie ·

Mens kan ‘in style’ oud word of soos ‘n skollie vooortstu. As Zuma op sy ouderdom aanhou twak praat verdien hy ‘n duikslag. Sy twakverkopers verkondig sy dwase volsinne luidkeèls en moet saam tronktoe. Kan Carl die hoogste hof as dwases uitmaak en nie aangekla word nie? Sy bed is nog warm in die tjoekie… Nou wil die ANC met sy Portugese geleerde se raad sake uitklaar. ‘n Babelse kabaal gaan Sondagmiddernag volg. CNN et al se tande is geslyp vir die BLM-fees langs die brandpoelkroegie gelaai met egte Zoeloelandpynappelbier.

Ben ·

Wat is die verskil as iemand sê. “niehaus moet gearresteer word” of iemand moet vir hom gaan kuier???????????????????????????????

Francois Le Cochon ·

Parkeer ‘n lorrie en sleepwa vol bier by Nkandla se ingang. Was so 2 uur, en gaan arresteer vir Zuma sonder enige teenstand.

Alex ·

As die regerende party gehoor gee aan die Zuma weedmag, dan het ek geen hoop vir die land meer nie. Hier is tans geen dissepline, gespek teenoor ander, geweld en plein weg net ongemanierde mense in die land agv van politiek. Ek het vandag weer besef dat as jy vriendlik is teenoor ander, dink mense jy is van jou kop af. Dit is hoe ons nou geword het.

Zacahara ·

Spring die popcorn & skink die glase – dit kan net baie interessant (& vermaaklik) raak!!

Dup ·

Jy kan nie met hierdie mense redeneer nie.Hulle beweeg in ñ ander heelal en op ñ ander vlak as die regdenkendes.

SomeOne ·

was die konstitusionele hof beslissing nie die laaste gewees nie, enige ander redes sal eers moet wag, uitgestel word

My siening ·

Dit lyk vir my die land is leierloos want cyrel se ruggie is gebreek deur kommuniste.

Winnie ·

Ek wens dis al Sondagaand dat ons kan praat van Zuma het toe nie tronk toe gegaan nie want hy is verhewe bo die wet

PietervB ·

Wat maak Carl Niehaus daar? Hy bly in Gauteng. Of tel dit nie vir ANC en MKMVA. Soos gewoonlik, dubbel standaarde……
Voorstel, arresteer sommer die hele lot wat in Gauteng woon

Jaco ·

Iets GROOTS maak nie sin nie: die hof wat deel is van die departement van justisie en wat ‘n ANC minister in beheer het en wat regters het net ANC credentials, vonnis Zuma, wat ‘n senior ANC lid is, tot tronkstraf en dan kla ander ANC lede daaroor. So dis die ANC teen die ANC. Waarom praat die hele ANC nie net uit een mond nie?

christo ·

Zuma en sy ondersteuners maak wat hulle wil. Wat gaan Ramaphosa doen , of geniet hy die ‘after tears party’s van Kenneth Kaunda se begrafnis al te lekker?
Kerke bly toe terwyl ‘n horde vergader by Nkandla sonder om Covid-19 protokol te volg. Waar is Bheki Cele en sy SAPD?
Indien enige opposisie party sulke mannewales uitgehaal het, so almal met skokgranate en rubberkoeëls of self Marikana styl verwyder gewees het.
Zuma maak ‘n gek van die regstelsel en die grondwet.

Jack ·

Zuma sit met n troefkaart wat net nuk weet. Dit sal nooit uitkom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.