ANC ‘skuil agter koronavirus’ om krisisse te versteek

Die DA-leier John Steenhuisen. (Foto: DA)

Die ANC-regering gebruik die koronavirus as weerligafleier om weg te steek dat die land se werklike probleem – die ekonomiese krisis – lank voor die koronavirus bestaan het en deur die ANC veroorsaak is.

Dit is die mening van die DA-leier, John Steenhuisen, wat die Kaapse Persklub Dinsdagmiddag by die  Kelvin Grove-buiteklub in Nuweland in Kaapstad toegespreek het.

Steenhuisen het uitgewys dat die land reeds in resessie was, tot rommelstatus afgegradeer is, en dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens teen die koms van die koronavirus weens ANC-wanbestuur ʼn leë dop was.

Hy het aangevoer dat al die plaaslike probleme deur Suid-Afrika self veroorsaak is en dít terwyl die land danksy sy natuurlike hulpbronne eintlik ʼn gunstige posisie toebedeel is.

Hiervoor het Steenhuisen grootliks die ANC se verknogtheid aan sosialisme die skuld gegee – ʼn verknogtheid wat hy vergelyk het met die legendariese Tweede Wêreldoorlogse Japannese alleenvegter wat uit die woude van die Filippyne verskyn het om ʼn afgeloopte stryd voort te sit lank nadat die res van die wêreld aanbeweeg het.

Steenhuisen het ook verwys na hoe korrupsie en misdaad onder die ANC floreer.

Die DA-leier het sy wekroep herhaal dat die mag van die regering weggeneem moet word en aan die land se mense gegee word.

Hy het ook aangevoer dat geen belegger meer belangstel in Suid-Afrika se verlede nie, maar wel in moontlike ekonomiese opbrengste in Suid-Afrika se toekoms.

Steenhuisen het die voormalige DA-leier, Tony Leon, aangehaal as dat die huidige Suid-Afrikaanse regering aromaterapie probeer gebruik waar die land tans chemoterapie benodig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hendrik

Ons as die verbruikers en inwoners van die land word elkedag gehammer deur banke en finansiele instellings om ons skuld te betaal, sonder om COVID-19 in ag te neem. Ons het ons werk verloor en sukkel om op te staan. Sies man!!!

Rentia

Ja John.. die ANC is korrup… but riddle me this: wat het die DA gedoen in die laaste tyd? Om veiligheid vir ALMAL, ongeag velkleur of geslag te verbeter? Het die DA gehelp om vure dood te kry in die Vrystaat, Oos-Kaap, Noord-Kaap, soos ek het? Gehelp om klere en kos te gee vir die wat net mooi alles verloor het? Opgedaag by hofverskynings om te wys die DA staan vir beter? Wat het die DA gedoen om werkloosheid teen te werk agv covid? Ek het JOU, John self gesien stemme werf in Oktober, terwyl die land letterlik op die… Lees meer »

Suzette

Ja die krisis het lank voor die virus bestaan en toe het hulle agter apartheid weggekruip.

Rentia

Seker die heel belangrikste: en dit met die virige kommentaar.. John, waar was JOU en die DA se onmiddelike reaksie toe skole in die Kaap begin teiken word van die EFF? Nie ‘n woord van jou, enige van die hele DA elite tot letterlik ‘n week later nie. Mense moes julle eers begin aanvat dat julle weer julle pligte kan onthou, toe begin die geskarrel. Raai raai, die hofbevel is nou nog nie toegestaan nie. Jammer John, jy is nie ‘n leier nie. Jy het dit bewys deur toe te laat dat die leiers van môre gedreig, geintimideer, en ja… Lees meer »

Androclus

ANC ‘skuil agter koronavirus’ om krisisse te versteek.
DIS SO WAAR