ANC ‘skuil agter koronavirus’ om krisisse te versteek

Die DA-leier John Steenhuisen. (Foto: DA)

Die ANC-regering gebruik die koronavirus as weerligafleier om weg te steek dat die land se werklike probleem – die ekonomiese krisis – lank voor die koronavirus bestaan het en deur die ANC veroorsaak is.

Dit is die mening van die DA-leier, John Steenhuisen, wat die Kaapse Persklub Dinsdagmiddag by die  Kelvin Grove-buiteklub in Nuweland in Kaapstad toegespreek het.

Steenhuisen het uitgewys dat die land reeds in resessie was, tot rommelstatus afgegradeer is, en dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens teen die koms van die koronavirus weens ANC-wanbestuur ʼn leë dop was.

Hy het aangevoer dat al die plaaslike probleme deur Suid-Afrika self veroorsaak is en dít terwyl die land danksy sy natuurlike hulpbronne eintlik ʼn gunstige posisie toebedeel is.

Hiervoor het Steenhuisen grootliks die ANC se verknogtheid aan sosialisme die skuld gegee – ʼn verknogtheid wat hy vergelyk het met die legendariese Tweede Wêreldoorlogse Japannese alleenvegter wat uit die woude van die Filippyne verskyn het om ʼn afgeloopte stryd voort te sit lank nadat die res van die wêreld aanbeweeg het.

Steenhuisen het ook verwys na hoe korrupsie en misdaad onder die ANC floreer.

Die DA-leier het sy wekroep herhaal dat die mag van die regering weggeneem moet word en aan die land se mense gegee word.

Hy het ook aangevoer dat geen belegger meer belangstel in Suid-Afrika se verlede nie, maar wel in moontlike ekonomiese opbrengste in Suid-Afrika se toekoms.

Steenhuisen het die voormalige DA-leier, Tony Leon, aangehaal as dat die huidige Suid-Afrikaanse regering aromaterapie probeer gebruik waar die land tans chemoterapie benodig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hendrik ·

Ons as die verbruikers en inwoners van die land word elkedag gehammer deur banke en finansiele instellings om ons skuld te betaal, sonder om COVID-19 in ag te neem. Ons het ons werk verloor en sukkel om op te staan. Sies man!!!

Rentia ·

Ja John.. die ANC is korrup… but riddle me this: wat het die DA gedoen in die laaste tyd? Om veiligheid vir ALMAL, ongeag velkleur of geslag te verbeter? Het die DA gehelp om vure dood te kry in die Vrystaat, Oos-Kaap, Noord-Kaap, soos ek het? Gehelp om klere en kos te gee vir die wat net mooi alles verloor het?
Opgedaag by hofverskynings om te wys die DA staan vir beter? Wat het die DA gedoen om werkloosheid teen te werk agv covid? Ek het JOU, John self gesien stemme werf in Oktober, terwyl die land letterlik op die rand van oorlog was…
John, begin eerder in jou eie huis, jy is net so skuldig…

Suzette ·

Ja die krisis het lank voor die virus bestaan en toe het hulle agter apartheid weggekruip.

Rentia ·

Seker die heel belangrikste: en dit met die virige kommentaar.. John, waar was JOU en die DA se onmiddelike reaksie toe skole in die Kaap begin teiken word van die EFF? Nie ‘n woord van jou, enige van die hele DA elite tot letterlik ‘n week later nie. Mense moes julle eers begin aanvat dat julle weer julle pligte kan onthou, toe begin die geskarrel. Raai raai, die hofbevel is nou nog nie toegestaan nie. Jammer John, jy is nie ‘n leier nie. Jy het dit bewys deur toe te laat dat die leiers van môre gedreig, geintimideer, en ja letterlik bang word.
Vee voor jou eie deur voor jy ander se foute wil uitwys!

Androclus ·

ANC ‘skuil agter koronavirus’ om krisisse te versteek.
DIS SO WAAR

Anoniem ·

Kan die afduimer dalk aan ons verduidelik wat sy/haar siening is?

Mariana ·

Die vraag is John, wat gaan die DA nou doen. Hoe gaan julle die sake beredder? Talk is cheap. Doen ‘n slag iets vir die mense wat vir julle stem en ook vir hulle wat steeds wegdraai. Wys dat julle oplossings het vir die ANC en EFF probleem. Oplossings is wat die land nodig het vir die toestand waarin die ANC ons gesit het. Aksies,nie woorde nie, dis wat moet gebeur.

Kosie ·

Gelukkig kry John en die ander mense in die blou kussings nog hulle salarisse en byvoordele. Wat van vir die regering aanvat oor die hoë belastings wat ons “gewone” mense in die grond in trap? Wat van die afskaf van eiendomsbelasting wat baie entoesiasties in gevorder word deur die DA. Wat van die afskaf van sonbelasting; as jy op eie koste sonkrag stelsel oprig, omdat Eskom en DA bestuurde munisipaliteite ons uitbyt en nie kan lewer nie. Wat van die afskaf van boedelbelasting?

Nee wat kêrel ons is beslis nie in dieselfde boodjie nie; die DA en ANC melk maar beide die stelsel baie lekker.

Estelle ·

John ek sou nog na jou geluister het as jy nie n voorstander van aborsie was nie. Ek kan dus nie vir jou party stem of na jul luister nie want ek wil nie aandadig wees aan die bloed van miljoene onskuldige babas nie.

Persheks Adri ·

Die land is ‘n gemors van 1994 af alles het voor dit reg gewerk!

Genis ·

Genis wil weet asb: is dit waar dat SA R10 000 kry vir elke Covid-19 geval, R30 000 vir n sterfte en R80 000 vir herstel van die WHO?

Juffrou ·

Wil ook weet. Dis hoekom hulle só knoei met sterftes. Motorongeluk. Selfdood ens is alles agv covid!

Riaana ·

DA net so skuldig… DA run Pretoria City of Tswane, julle wat “Pretoria SKOUGRONDE” gevat het van die werkers om nou leeg te staan en als wat oor is van die plek word geplinder deur nyoupe druggies… Julle wat gesorg het dat 47 werkers Retrench word sonder redelike vergoeding… Julle WAT veroorsaak het Dat nog 47 gesinne honger slaap en dalk einde van die maand geen been kome het nie, wonder of DA en sy leiers weet hoe dit voel as jou kind vir jou se hy is honger en jy het niks on sy magie vol te maak nie… DA julle is verseker nie Wie julle voorgee julle is nie, SA sien lankal deur julle, veral Steenhysen WAT dink hy is die room, julle pleeg massa moord deur mense se were weg te vat… MASSA MOORD OP JOU HANDE JOHN STEENHUISEN

Riaana ·

Ons het videos as bewyse hoe Skougronde geplinder word deur Nyoupe druggie, DA ‘sou’ n ICU op Skougronde opgerig het vir Covid 19,daarom is 47 werkers Retrench met 1 maand se Salaris meeste werkers is minimum wage mense so ons is gegooi vir die wolwe, en ICU is nooit eens opgerig nie, mag julle eendag weet hoe dit voel as jou kind honger is en jy het niks…MAG GOD ONS DRA, maar mag God julle laat verstaan watse massa moord julle pleeg, en julself Dan heilig Wil Hou, julle die DA is Niks better as ANC of EFF

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.