ANC slaan vure dood oor Zuma-ontmoetings

Jacob Zuma (Foto: Nic Bothma, Pool via AP)

Die ANC slaan vervaard vure dood nadat ontmoetings tussen oudpres. Jacob Zuma en verskeie topamptenare van die regerende party onthul is.

Hoewel die ANC aandring dat die Sunday Times sy berigte terugtrek oor die ontmoetings verlede week in Umhlanga en aan die Durbanse strandfront, asook sy bewerings dat dit op ʼn komplot teen pres. Cyril Ramaphosa dui, weier die koerant om dit te doen.

Die koerant het berig dat twee belangrike geheime ontmoetings Woensdag en Donderdag verlede week in KwaZulu-Natal plaasgevind het. Die eerste was Woensdag in die Beverley Hills-hotel in Umhlanga tussen die sekretaris-generaal van die ANC en voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, die voormalige premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, en die voormalige hoof van die SAL, Dudu Myeni.

Magashule, Mahumapelo en Myeni het twee dinge gemeen – hulle word al drie betrek by bewerings van wanbestuur en korrupsie, en hulle is of was baie nabye vertrouelinge en ondersteuners van Zuma.

Die beriggewing in die Sunday Times maak die bewering dat die drie in Umhlanga byeengekom het om planne ten behoewe van Zuma en teen Ramaphosa te smee – iets wat die ANC ontken.

Wat die ANC nie kan ontken nie (want die koerant het ʼn foto ter stawing) is dat Mahumapelo en Magashule Donderdag in die voormalige Maharani-hotel (tans bekend as die Holiday Inn Garden Court North Beach), op die tweede verdieping, met Zuma byeengekom het.

Ook teenwoordig was die sekretaris-generaal van die ANC-vroueliga, Meokgo Matuba, en die sekretaris-generaal van die ANC-jeugliga in KwaZulu-Natal, Thanduxolo Sabelo.

Dit beteken die sekretarisse-generaal van die twee belangrikste onderafdelings van die ANC was teenwoordig – die mense wat die dag-vir-dag-bestuur van daardie onderafdelings moet behartig.

Wat die situasie selfs vreemder maak, is dat Magashule volgens sy amptelike dagboek glad nie in Durban moes gewees het nie. Hy was veronderstel om in Bloemfontein pligte na te kom.

Alle betrokkenes ontken ook dat die byeenkomste beplan is. Hulle voer aan dis blote toeval dat almal mekaar twee dae agtereenvolgens in Durban raakgeloop het. Die koerant weier egter om sy berig of sy bewering dat hy op ʼn komplot teen Ramaphosa afgekom het, terug te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Piet Pompies ·

ANC in KZN is en was nog altyd magsbehep en sal eerder iemand laat vermoor as om sy magsposisie af te staan.
Dit is hoekom daar onmin binne die ANC is, van die leiers wil werk aan ‘n beter toekoms vir almal en vir ander gaan dit oor mag. Hierdie mag is ook gekoppel aan status en geld.

Afrikaanse Knaap ·

Die man of vrou wat enige woord glo wat uit die ANC se amptenare se monde kom, is waarlik dwaas.

pieter ·

Ek heg nie gewoonlik waarde aan Sunday Times nie, want hulle het al meer as een keer die pot ernstig mis gesit. Maar dat daar fotos is om die bewerings te staaf en dat dit 2 agtereenvolgende dae plaasgevind het, laat mens wonder. Veral die korrupte name wat genoem word, saam vergader – dit kan net ter bevordering van onwettighede wees.

Ellisras ·

ANC slaan vure dood. Wat van Zuma. Hy moet nie vure doodslaan. Die ANC moet vir Zuma… Kom ons los dit. Hul beskerm hom nog steeds. 17 miljoen se regs rekening.

Tanja ·

Die berig is redelik vaag. Wie is die persone in dieANC wat so vure doodslaan? Die ANC of die betrokkenes? Dit sal boekdele spreek om te weet wie skerm vir wie. Hulle vergader want jy moet verseker weet, hulle planne neem vorm aan want hulle, is steeds agter die mag en die staatsfondse (lees geld wat die belangstingbetaler met bloedsweet verdien) waarop hulle so mildelik teer. Soos gewoonlik se Zuma NIKS. Die meester van stilbly en agter die skerms konkel.

Johanna Botha ·

Die anc se geboue slaan al aan die brand …as die anc ontken kan weet maar weet dis waar !

piper ·

dit gee CR nou n mooi geleentheid om JZ se regskostes te stop . kannie verstaan waarom ons belastingbetalers moet opdok nie. malemma en ANC ook seker lekker in mekaar se hare nadat malemma beweer het dat die apartheid regering het die land beter bestuur as die ANC regering

Hoc est bellum ·

As jy sulke ondermynende bedrywighede beplan, moet jy dit doen waar niemand jou sien nie. Niks bly verborge nie. Die ANC het baie kere in die verlede na die NP se ‘dirty tricks department’ verwys, asof hulle kwansuis engeltjies is.

My mening ·

Hier is beslis iets aan die gang! Hoe erger hulle protesteer, hoe meer is dit die waarheid. Daar is “geheime” vergaderings gehou om van Zuma ontslae te raak, nou is dit Ramaphosa se beurt. Ramaphosa is hopeloos, maar hoop maar Zuma kom nie weer aan die beurt nie!

Neels ·

Die klomp word nou agter geslote deure uitgetrap om dat hulle uitgevang is. Volgende vergadering sal seker in Nkhandla se bomskuiling plaasvind waar geen meeluister apparate is nie en die pers nie kan kom nie

Koos ·

Blote toeval dat hulle mekaar raakgeloop het….hoe dom moet jy wees om te dink iemand sal dit glo…?????

Martin ·

Die hele bo-struktuur van die die ANC – Toe en nou- was betrokke en het geweet van die staatskaping. Hulle skommel mekaar net rond afhangende van wie aan die stuur staan. NOU word daar reggemaak vir volg jaar se verkiesing en die messe kom uit maar lyk na rubber messes.

Hans ·

Dit sal wonderlik wees as die spul uitmekaar spat.Zuma met n onafhanklike staat in KZN – dan kan die Weskaap dalk ook wegbreek en red wat daar te redde is.

Moord ·

Ek kry amper daai gevoel die LP’s wat so vermoor word in Natal is om hulle stil te hou oor Zuma se planne en hulle was teen Zuma???

skerp ·

natuur beskerm die anc vir zuma. vir die durasie ban sy presidentskap het hulle “hear no evil, see no evil, talk no evil’ toegepas. zuma was dan n afrika leier in 4 ster tradsisie. pleks die paddaman die besem inlê en skoonmmaak, het hy die zumaatjies aan sy boesen gekoester. eerder sy intensies om eff se grondhonger te bevredig in aksie gestel. nou moet hy maar die wrang vrugte pluk. ongeluk van die saak is, alle SAners haan saam ly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.