ANC slyp tande vir Wes-Kaap in komende verkiesing

(Argieffoto)

Die ANC in die Wes-Kaap is reg om die DA in die komende plaaslike verkiesing die stryd aan te sê en beheer oor te neem in die enigste provinsie waar die DA regeer.

Die ANC in die Wes-Kaap sê hy gaan ʼn kandidaat in elke wyk van dié DA-vesting hê. Sy kieslyste is afgehandel, kandidate geregistreer en ten spyte van velerlei uitdagings, is hy “reg om broodnodige dienste” te lewer.

Die ANC spoel ook mond uit oor die DA-plakkate in Phoenix in KwaZulu-Natal wat tot groot omstredenheid gelei en toe eindelik verwyder is. Volgens die ANC het die plakkate aanstoot gegee en is dit deur apartheid geïnspireer.

In die Wes-Kaap, voer die ANC aan, het die DA algehele verontagsaming van die armes getoon en het hy gemeenskappe in townships en klein nedersettings verwaarloos. Dit het die stank van rioolvuil in die strate van Khayelitsha, Nyanga, Gugulethu, Delft en talle ander dele van die provinsie gelaat.”

Die party sê terwyl die DA meen Kaapstad is die bes bestuurde munisipaliteit in die land, is dit nie die geval vir diegene “rondom die welaf buurte” in die provinsie nie.

Die ANC sê die DA het die prys van krag en ander nutsdienste verhoog en die las vererger van die werkersklas wat reeds min geld verdien.

“Die party het voortgegaan met rasprofilering in die provinsie en wit mans bo bruin en swart mense, veral vroue, in die toewysing van poste verkies. Die plakkate wat in Phoenix opgesit is, en wat goedgekeur is deur John Steenhuisen wat opvoedkundig wangevoed is, is maar ʼn opsomming van hoe die DA munisipaliteite in die provinsie bestuur.”

Die ANC sê hy het sedert 2016 altesame agt wyke by die DA afgeneem en voer aan inwoners van die provinsie besef nou dat die DA “niks gedoen kan kry nie”.

Die party voer aan dat hy uit die foute van die verlede geleer het en hierdie keer “geloofwaardige kandidate” voorstel terwyl sy manifes op sy ervaring dui en die pad vorentoe uitstippel.

Die ANC gaan oor die volgende paar weke sy veldtog in die provinsie verskerp. Dit sal gelei word deur groot kanonne in die ANC, waaronder adjunk-sekretaris-generaal Jessie Duarte, tesourier-generaal Paul Mashatile, asook ministers en lede van die nasionale uitvoerende komitee.

Die party se provinsiale manifes word Saterdag bekend gestel en sal by die geleentheid ook sy verkiesingsplakkate en -voertuie behoorlik uitstal.

“Die laaste aanval op die DA sal geloods word en sy wanbestuur van munisipaliteite in die provinsie sal beëindig word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Swerwer ·

Wes Kaap, jul moet wakker slaap. By die provinsies waar die ANC septer geswaai het is niks meer oor nie, jul is volgende in hul visier. Broodnodige dienste vir hul beteken geen diens ! Ai inwoners van die Wes Kaap mag jul asseblief tog besef dat daar ‘n wortel voor jul neus geswaai word. Eerstens gaan riool die strate oorspoel, gebarste waterpype word nie herstel nie en jul strande gaan binne ‘n jaar onbruikbaar wees en Toerisme gaan veg vir oorlewing.

Anoniem ·

Baie waar, ek is egter meer bekommerd oor die doelbewuste planting van inkommers vanuit die Oos-Kaap wat een van die dae die einde van die DA in die Wes-Kaap gaan beteken. Opnames deur hommeltuie toon hoe trokke met huis panele wat reeds aanmekaargesit is die Wes-Kaap instroom en in gebiede afgelewer word, reg om binne ‘n paar uur bewoonbaar te wees. Wie sit hieragter?????

Samuel ·

Die DA moet wakker word en nie te gerus wees oor die steun in die Wes-Kaap nie. Hulle het ook maar lekker droog gemaak die afgelope paar jaar. Die stad Kaapstad is nie meer bekostigbaar vir afgetredenes nie. Dit het nou ‘n plek vir die elite geword.

Anel ·

Nou as hulle so wonderlik kan bestuur, hoekom is die land bankrot en lyk die res van die land soos ‘n ashoop. Niks werk nêrens nie. Die Kaap het ook nie sommer beurtkrag nie, riool loop nie in die strate nie, ens, ens, ens. Maar nou ja, daar sal nog steeds dommes wees wat om gekoop word met ‘n t-hemp en ‘n KFC!!!

Di ·

O genade, behoede almal dat DIT gebeur – ANC het klaar die res van die land verwoes, nou wil hulle die Wes-Kaap ook deur hulle agterente trek. Wil seker nou hulle korrupsie taktieke daar voortsit, res land van die land mos klaar verdoem

Nie Verbaas ·

So met ander woorde hulle slyp tande om nog n provinsie te verwoes.

Toy ·

Hulle slyp hul tande om net daar ook skade aan te rig soos in al die ander provinsies.

Oujongvrou ·

Ja ja, en dis hoekom die DA goeie audits kry. Julle dorpe en stede lyk haglik. Rioolvuil loop die damme en riviere vol. ANC wil nou hier kom neus insteek om Weskaap ook n ashoop en rioolplaas te maak.

Dries ·

Heng Redaksie van MM.Wanneer het julle hierdie nuwe KOMEDIE deel op julle nuusblad begin.GOEIE WERK.Het laaaaanklaad so lekker gelag as nou.Moenie ophou nie,ek smeek julle

Servaas ·

Wanbestuur? Hoe de drommel as jy na die res van die land kyk. Die balk in die ANC se oog verbloem sy visie oor die splinter

Suzette ·

Ja want dit is die enigste plek waar alles nog nie opgevrot het soos in die ander provinsies nie……

Snowball ·

Klomp gespuis slyp tande vir nuwe aasplek want waar hulle is, is net kaalgevrete karkasse oor.

Jo ·

Sodat hulle die provinsie ook kan vernietig? Hulle het wel genoeg mens uit die Ooskaap ingevoer wat dinge moeilik maak! N klomp onopgevoede mense wat nie kan of wil werk!

Blikkies ·

27 Jaar al vat dit die ANC om uit hulle eie foute in die verlede te leer? Nee wat, die mense wat nog in die ANC glo het regtig Groot probleme en miskien ‘n skroef los erens.

Jaco ·

En as hulle nie die verkiesing wen nie, straf hulle die DA kiesers van die Wes-Kaap in Desember met vlak 5 van inperking en sluit ALLE strande.
WEG is wit mense se tradisionele “vakansie by die see” en WEG is wit toeristebesighede aan die kus se beste inkomste van die jaar.

Naomi ·

Ek hoop die mense in die Weskaap neem kennis en gaan stem. Onthou, benoude katte maak benoude spronge. As die DA kiesers wegbly, sal die ANC wen. Maar as die ANC kiesers wegbly…bid ook vir reën.

VaalDonkie ·

Jy kan maar jou kandidate voorstel. Hulle gaan weer geen stemme onder die wittes en bruines kry nie. Dit sal soos elke keer in die verlede net ‘n rasse-konsensus wees waar wittes en bruines vir die DA (of Antie Pat se paartie) stem, en die swartes in die townships vir die ANC.

Perdeby ·

Dream on! Wanbestuur in die Wes Kaap sjoe ek dink julle bedoel seker alle provinsies waar julle in beheer is.

Elizabeth ·

ANC moet sommer verduidelik hoekom ander provinsies so vuil en onhigienis is en waarom al hul munisipaliteite Eskom biljoene skuld.

Francois ·

Ongelukkig is die ANC se aantuigings van riool wat in die strate van nedersettings loop waar want ek het dit self gesien. Slaggate in die strate van minder gegoede buurte is ook algemeen. Dan ook die massiewe riool stortings in drie vleilande binne die munisipale gebied van Stad Kaapstad die jaar. Deur hierdie gebiede “af te skeep” ongeag of hulle vir jou gestem het of nie – laat die DA ‘n gulde geleenteid verby gaan om mense met aktiewe dade te oorreed om vir hulle te stem. Ek vertrou dat ons wel die Kaap DA sal kan hou maar die DA moet dalk ophou op hul louere rus want hul mag dalk gruwelik wakker geruk word.

Charl Albertus ·

Ek hoop nou net julle doen die moeite om te gaan stem. Elke stem gaan tel. As jy nie gaan stem nie moet jy niks verder sê nie.
Praat maak nie probleme reg nie, jy moet doen.

Souterig ·

Iemand wat vir ‘n party stem wat nie eers sy eie werkers op hoofkantoor kan betaal nie moet onnosel wees, wonder wie vir hulle “kandidate” gaan betaal aangesien hulle ministers nou ‘n ietsie moet las. Hierdie kaders is darem ook grapjasse wat dienslewering aanbetref, kyk liewers noord daars baie werk vir julle wat julle nie in staat is om te doen nie.

Keelvol ·

Broodnodige diesnte…… ag asseblief tog. Kyk hoe lyk Ekurhuleni.

koos10 ·

Ek is nie ‘n ondersteuner van een van die twee partye nie, maar die ANC raak erg beledigend. As Steenhuizen opvoedkundig wangevoed is, met matriek voor 1994, waar plaas ons vir Zuma, wat steeds baie ondersteuning in die ANC het?

KB ·

Nie eers ‘n goeie tandarts kan die ANC red nie!
Dit gaan só goed met die ANC, hulle slyp al hulle tandvleise!

Aanhouer ·

Asseblief mense, moet net nie wegbly van die stembus af nie! Elke stem tel.

Dries ·

Ek ondersteun nie die DA nie maar dit sal n tragedie wees as die DA die Wes Kaap verloor. Hou asb die ANC daaruit

miavos ·

Die ANC onderskat die intelligensie van die Weskapenaars – ALMAL daar se intelligensie.

Pieter ·

‘n Mens kan maar net wonder waar die “nuus” oor die golfbane wat in laekoste behuising omskep gaan word, vandaan kom…..

Ansie ·

Ag vaderland, kyk net na die gemors in die res van die land en sien hoe belaglik die ANC se stellings is. Ek moet toegee dat die DA in Kaapstad se dienslewering deesdae nie meer van dieselfde gehalte is as voorheen nie (ons strate is in ‘n patetiese toestand), maar steeds is dit 100 maal beter as die ANC s’n.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.