ANC soek antwoorde oor gewapende man in foto

Bekkersdal Foto: Citizen (via @johannesmyburgh, Twitter)

Bekkersdal Foto: The Citizen (via @johannesmyburgh, Twitter)

Die ANC in Gauteng sê hy probeer tans die identiteit vasstel van ʼn gewapende man wat ANC-klere aan het op ʼn foto wat geneem is tydens die onluste in Bekkersdal.

“In die stadium weet ons nie wie die persoon is nie,” het Nkenke Kekana, woordvoerder van die ANC in Gauteng, Saterdag gesê. Kekana sê die party probeer vasstel of die man in die foto ʼn lid van die ANC is en of dit ʼn polisiebeampte is wat ANC-klere aangehad het. Die foto is Vrydag in The Citizen gepubliseer. “Ons moet uitvind of hy ʼn lid van ons is. Indien hy ʼn beskermer [polisiebeampte] is, was hy nie veronderstel om ANC-klere aan te hê nie.” ʼn Afvaardiging van die ANC het Donderdag Bekkersdal besoek as deel van die party se verkiesingsveldtog. Die afvaardiging is egter met klippe bestook en uit die gebied verjaag. Thabang Wesi, ʼn gemeenskapsleier, beweer intussen dat die ANC-afvaardiging se lyfwagte gewapen was. Hy beweer dat hulle op ongewapende inwoners geskiet het. The Star het Vrydag berig dat “lyfwagte” van die ANC met lewendige ammunisie op inwoners geskiet het. Die polisie het ook ingegryp en met rubberkoeëls op inwoners losgebrand. Mabgwa Xaba, woordvoerder van die ANC se Gauteng-koukus, sê die ANC-afvaardiging het nie lyfwagte gehad nie maar dat die BBP-beskermingseenheid van die polisie hulle vergesel het. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, kon slegs bevestig dat ses mense in hegtenis geneem is vir openbare geweld.

Die foto is intussen wyd op sosiale media versprei.

Klik hier om The Citizen se oorspronklike berig te lees.

Lees ook:
SAPD swyg oor Bekkersdal-voorval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

etienne ·

Ja en so gaan julle blykbaar na bewyse soek waarvan jul reeds bewus is… Pleks jul ruggraat wys en verantwoordelikheid aanvaar en dit klaarkry. Julle lyk my is self bang vir jul “eie” mense wat jul met klippe wil bestook.

Jasper ·

Was dit n oorheersend blanke party wat so opgetree het was die hel los en dringende ondersoeke gelas, met Beeld heel voor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.