ANC soek diepte-ondersoek na welvaartsbelasting

Argieffoto

Argieffoto

Die ANC se hoofraad wil opnuut die moontlikheid laat ondersoek om die land se rykes verder te belas.

Enoch Godongwana, hoof van die ANC se subkomitee oor ekonomiese transformasie, het Sondag die aankondiging gemaak tydens ʼn mediakonferensie ná die ANC se hoofraadsvergadering in Midrand.

“Ons sê nie welvaartsbelasting moet ingestel word nie; niemand van ons is belastingkenners nie, ons is aktiviste. Daarom moet belastingkenners na die kwessie kyk. Dit moet oorweeg word om die haalbaarheid en toepaslikheid daarvan te verken; ons moet hulpbronne mobiliseer oor hierdie kwessie.”

Welvaartsbelasting sal tot gevolg hê dat ryk individue al hul bates moet verklaar. Die Franse ekonoom Thomas Piketty het verlede week ’n jaarlikse laekoers-welvaartsbelasting en ’n minimumloon voorgestel om ongelykheid in Suid-Afrika te begin regstel. Piketty het die 13de jaarlikse Nelson Mandela-lesing by die UJ aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Johann Marx ·

Met huidige belastingstelsel verdwyn R700 miljoen in korrupte sakke in…..Hoeveel gaan gesteel word met welvaartsbelasting? Hoekom word daar soveel geld in Suid Afrika verduister, wan aangewend, gesteel, vermors? Want daar IS so baie geld om te verduister, te steel en te vermors. As die koekieblik leeg is, kan niemand koekies steel nie.

Willie ·

Welvaartsbelasting en minimum lone is nie die antwoord nie kwalifikasie van ‘n hoër standaard as tans en werksverskaffing sodat daar meer belastingbetalers en minder mense is wat afhanklik is van die staat, sal hierdie probleem automaties regstel.

susan ·

Ek stem saam met Willie, die antwoord is in beter onderrig en self opheffing.
Jy kan nie vir al die hongeres visse gee nie, leer hom eerder hoe om dit self te vang.

Fransie ·

En wie gaan baat as hul hoèr belastings hef? Die armes of die
Zumas, Guptas………..

Mica ·

hehehe, die armes het niu niks meer om te vat nie, now we take from our corrupt friends…..ag my! Like that’s gonna happen

Genis ·

Die ou NP regering het dit ook maar gedoen. Dit was nou die tyd toe hulle miljarde gesteel en in Switsers bankrekenings versteek het. Ek wonder onwillekeurig of die ANC soortgelyke plannetjies het. So voor die skip sink, jy weet.

GES ·

Ek dink dit is voor die handliggend dat hierdie maar net weer ‘n nuwe skelmstuk is om die mense te besteel. Ek wonder of Zuma en sy travante al hulle bates aan die parlement verklaar het? Wat ek kan onthou, is dat daar uitstel gevra is. Kan iemand miskien terugvoer gee?

Genis ·

Die ou regering het dit ook maar gedoen. Dit was nou die tyd toe hulle miljarde gesteel en in Switsers bankrekenings versteek het. Ek wonder onwillekeurig of die nuwe regering soortgelyke plannetjies het. So voor die skip sink, jy weet. (Ek het ‘n paar sleutelwoorde in my kommentaar verander om te kyk of dit nou geplaas word. Ek sien geen rede hoekom dit geblok word nie)

Henry ·

Genis
Wil mos lyk asof jy baie weet van die vorige regering se sogenaamde skelmstreke en die ‘miljarde’ wat hulle in Switserse bankrekeninge sou gedeponeer het.

Vertel bietjie waar al daardie skatryk regeringslede vandag is. Jy hoef natuurlik nie name te verskaf nie. Altemit kan jy bloot vertel van die metodes en uit watter potte hulle die rykdomme geroof het.

My gebrekkige inligting wil dit laat lyk asof hulle nie veel beter af is as die meerderheid staatsamptenare van daardie tyd nie. Natuurlik is daar uitsonderinge soos die paar piete wat met skatryk anties getrou het, dalk ‘n ou blinketjie op sy plot oopgeskop het, die Lotto gewen het, of oor gestap het na die huidige regime se soustrein toe.

Help tog asb ou Genis!

Pietie ·

Kan die geklikes wat hierdie idiotiese idee het, nie insien watter invloed die instelling van
“welvaartsbelasting” op die landsekonomie gaan he nie?. Watter persoon wat gewerk het vir wat hy het, gaan gewillig wees om dit wat hom volgens alle Westerse beskaafde norme toekom, goedsmoeds in die bodemlose put van die belastinggaarder te gooi sodat die geld na willekeur deur onbevoegdes op belaglike projekte, grootskaalse korrupsie, baantjies vir boeties, ens. uitgemors kan word?. Die instelling van so ‘n geklikheid sal derduisende aanmoedig om ekonomies so te presteer om net onder die ekonomiese vlak te bly waar hierdie belasting van toepassing begin raak. Dit gaan ‘n groot deel van ekonomiese ondernemingsgees demp met die gevolg dat daar ‘n afname in ekonomiese bedrywighede sal wees en minder geld gaan die staatskoffers bereik. Onmiddelik sal die gewone belasting betaler moet opdok, want die persoonlike lewensstandaard van die teenswoordige regime SAL gehandhaaf word, ten koste van die res van die land se bevolking. Daar is reeds beweer dat geld wat so ge-in word, gebruik gaan word vir “opheffing”. Dis maar die rookskerm wat gebruik gaan word om stemme te koop om die huidige bestel se voorbestaan te probeer verseker. Om hierdie werklikheid onder die aandag van die teenswoordige heersers te probeer bring, sal ‘n hopelose taak wees, want die Duitse filosoof Gustav Mahler het dit soos volg gestel: “Never get involved in an argument with idiots. They will drag you down to their level and beat you by experience!”.

Frik Mulder ·

Die Munisipale Eiendomsbelastingwet waarby die waarde van verbeterings op grond ook belas word, is as ‘n arbitrere welvaartsbelasting gedurende 2009 inwerking gestel. Die verdere onbillikheid van hierdie stelsel is dat eiendomsbelasting op wonings van plaasarbeiders ook betaal word sonder dat daar enige rabatte toegestaan word terwyl die Staat grondwetlik verplig is om sorg te dra dat almal toegang tot behuising het – hier betaal boere dubbel

lizette ·

Ek wonder of hulle besef… dis hulle eie swart makkers wat hierdeur geraak gaan word., of… dalk nie, as jy oneerlik is oor jou matrieksertifikaat of kwansuise kwalifikasies aan n universiteit en in elk geval ontken aan enige sake aangaande korupsie en wandade en bevoordeling…, is dit seker maar net gdie wit “rykes” wat belas gaan word. Die meeste wit Suid-Afrikaners is lankal nie eers meer middelklas nie maar onder dit, sê maar net

Piet Pompies ·

Ek stem saam met die ondersoek vir die volgende redes. Ek betaal R4 vir 330ml Coke by die fabriek. By die Spur en ander eetplekke betaal ek R16 en meer vir 330ml Coke, 400% verhoging. Ek koop in 2004 ‘n nuwe Citi Golf, prys by handelaar, R74 000, fabriek prys R48 000, amper 80% verhoging. Daar bestaan ‘n kultuur van geld gierigheid onder besighede wat die publiek uitbuit met masiewe winsgrense om luukse lewenstyl te handhaaf.

Winston ·

Stem saam Piet. Veral in die motorhandel. Jy wonder soms of die mense in die motorbedryf nie skaam kry as hy met n somber uitdrukking op sy gesig die rekening aan jou oorhandig. Voor jy die dokument behoorlik deurgelees het, maak hy reeds aanmerkings of bly doodstil om te kyk wat jou reaksie is. Skande hoe onderdele en olie se pryse verskil. En fabrikate se dienste met filters en olie! Dis absurd by sommiges. Prysbeheer moet teruggebring word.

Cornelius ·

En Piet Pompies vir hoeveel mense gee jy werk? Daai Coke wat jy by die fabriek koop, gee julle vir jou ‘n tafel en stoel om dit te geniet? Drink jy dit in ‘n gebou met lugreëling nietjies en skoon, kry jy dit koud uit ‘n yskas? Word dit aan jou bedien? Nee man jy vergelyk nou Appels met verwerkte appelsap. Jou aantuigings is belaglik. Het jy al van oorhoofse koste gehoor? Ek weet van baie ” Spurs” wat hulle deure moes sluit omdat hulle nie ‘n wins maak nie. Jou kop is te plat om die begrip netto wins te verstaan.

Piet Pompies ·

…en so gaan dit aan, R20 vir ‘n koppie tee by Spur, koppie is vuil, skyfies lê op die vloer, taai Tamatie sous bottel. Gloeilamp word ingevoer uit Duitsland, kleinhandelprys in SA, R5-00, Diesel Electric se prys R27-00, VW R57-00 en Audi R227-00, dieselfde reeksnommer op die basis van die gloeilamp, feite ou seun, feite…..

JoeV ·

As mense by nou al agterkom wat die anc beplan met blankes nie, dan kan hulle nie. Onnoselheid gedy. As ‘n land nie waarde toevoeg en verkoop nie, is daar nie ‘n ekonomie nie en dus nie belasting nie. Die tekorte ten spyte van bedrog dui op bermindering in belasting as gevolg van die invoer van arbeid uit china. Mens kan amper oornag ‘n verandering aanbring deur slegs daai deel van die ekonomie terug te bring suid afrika toe. En belasting inkomste sal styg.

Ridder ·

Die NSA is die enigste land in die wereld waar mense wat presteer gestraf word, instede van geprys word. Hartseer!

Rynhardt ·

Die Anc wil he rykes moet meer betaal sodat die vet katte nog lekkerder kan lewe.Party politici kan nie meer uit hul wange sien nie!Genis is reg,vorige regering het ook na hulself gekyk soos huidige Anc regering.Onthou ons nog die Smit-moorde van die laat sewentigs?Hy sou bekend gemaak het hoe die natte belastingbetalers besteel en die geld oorplaas in buitelandse rekenings.Robert Smit se vrou was veertig keer met n mes gesteek en hy is ook wreed om die lewe gebring deur geheime agente.Een van die moordenaars lewe nog en kruip weg in Australie,tetwyl al sy makkers onder vreemde omstandighede gesterf het!Politici is nooit eerlik nie!

nico ·

Ek ontken glad nie dat ons niks kan vertrou wat die regering en die ANC doen nie en ek wantrou ook maar hulle motiewe, maar dit is ‘n feit dat rykes in Euopese lande baie meer belas word. En ek het nie ‘n probleem daarmee nie.

Genis ·

Nee, my kommentare wil nie deurgaan nie maar ek het jou geantwoord Henry, ook waar die bewyse begrawe lê. Maroela moet dit maar vir jou deur koerier.

Genis ·

Die ekonoom Dr. Robert Smit se vrou Cora was 14 keer met die mes gesteek, nie 40 keer nie Rynhardt. Sy het mos die verdoemende verslae moes tik na sy besoek aan Switzerland. Ja, baie mense was vermoor om dit stil te hou.

Genis ·

Ja ten tye van die NP se korrupsie was die ‘rykes’ met 71 sent op elke R1 belas as ek dit nou reg het. Wonder maar net of die ANC dieselfde trieks gaan uithaal. Ek weet nie of my kommentare onvanpas is nie, snoei maar wat gesnoei moet word vir watter rede ookal.

Genis ·

Rynhardt dit was nie “geheime agente” nie maar Lofty se manne van die veiligheidspolisie.

Rynhardt ·

Genis,ek verskil met jou.Robert Smit hulle was vermoor deur geheime agente.Het in 2010 met Rsg daaroor gepraat en staan daarby.Een van die agent-moordenaars sit in Australie. WVK het baie toegesmeer oor saak ook.

Theresa ·

Wie is die “rykes”? Superryk government officials? grond baronne? mense wat eilande koop omdat hul net nie weet wat om met hul ekstra geldjies te doen nie? Of mense wat 35+ jaar gewerk het om ‘n gemaklike groterige huis met ‘n swembad en mooi tuin te hê?
Pasop. Ek ruik ‘n rot. In ons land werk goed nie soos die mense in Europa dit laat werk nie. Hier kan maklik ‘n kinkel in die kabel kom wat nog meer bloed uit die “klippe” gaan tap.

pop ·

Die potte raak leeg, te woes geskep. Nou moet daar ander maniere uitgedink word om nog geld te in. So ons sal moet begin skelm wees as ons iets wil oorhou.

Genis ·

Nee man Rynhardt. Dit was die klomp van Lofty se tegnies en moord eenheid. Hy moes nog iemand stuur om agter hulle op te ruim by die moordhuis in Springs want hulle was slordig en het leidrade agtergelaat wat reguit na die veiligheidspolisie gelei het.

Genis ·

Ja hulle kantoor was al die jare daar op die noordelike punt van die RAU eiland in die Vaaldam.

Genis ·

Hulle het Dr. Nic Diederichs, destydse minister van finansies, ook uit die lewe gehelp toe hy wou bieg. Morfien oordosis. Die verslae, fotos en aktetasse van Dr. Smit en Dr. Verwoerd en Lofty se notaboek lê daar in Koffiefontein begrawe.

Genis ·

Rynhardt, nou wonder ek wat jy vir RSG gesê het. Van waar was die “geheime agente” wat Dr. Smit vermoor het volgens jou? CIA, KGB? En hoekom sou hulle die NP se korrupsie wou toesmeer reg voor die verkiesings? Dit sal net interessant wees om te weet hoe die disinformasie loop.

Eish! ·

Wonder net of regstellende aksie hier ook toegepas gaan word. Bv. sekere raskleure het nie nodig om meer belas te word nie, want hul is agtergeblewenes en die ander rasse moet hoes en opdok want hul was 20 jaar plus terug bevoordeel. (Wonder hoeveel van daai generasie lewe nog. En hoeveel byt nog vandag die spit af vir dit waaraan hul geen skuld het nie. ) Ek meen toe ek die grootmens wereld betree het, het dinge net net verander. As kind het ek tog geen keuses gemaak nie en ek kry vandag bitter swaar onder die sg BEE.

Edward ·

Wat my ongelukkig maak, is om te lees hoeveel van julle wat kla oor die “Welvaart Belasting”. Al die jare wat ek vir die weermag gewerk het moes ek belasting betaal op my pensioen. Die dag toe ek aftree, toe word ek weer belas op my uitbetalings. Nou terwyl ek op aftrede is word daar elke maand belasting verhaal van my pensioen. Ek het as pensioenaris probeer om ekstra inkomste te kry vir brood op die tafel. Klaers, ek het vir 4 maande vir minder as R900 per week gewerk. Daardeur is ek ge supertax. Nou moet ek R4000 terug betaal aan belasting. Ek huur n plek vir R4000, moet water en ligte betaal, kos koop en ek sorg vir n seun wat medies ongeskik is. Moenie kla oor belasting as jy welaf is nie. Dink liewer aan die wat swaarkry. Groete aan die klaers op Maroela.

lynette ·

Edward, jy betaal nie belasting op jou pensioen aftrekkings nie. Voor belasting bereken word op salaris, word pensioen eers afgetrek en daarna word belasting gehef op die res.

Dup du Plessis ·

Jip, waar ‘n enkele plaas keer op keer verkoop is en inkomste daarop verdien was wat belasbaar was ( plus nog die belasting van toegevoegde waarde ) is dit vir altyd, let wel altyd verlore wanneer ‘n plaas vir grondhervorming in aanmerking kom. Die produksie wat hiermee verlore is gaan in elk geval maak dat SA binnekort permanent groot hoeveelhede mielies van die VSA moet invoer. Met die huidige wisselkoers gaan dit ons staatskas baie seer maak. Die geld wat aan menigte welsyngevalle uitbetaal word gaan dan al minder word en hierin le die anargie van Afrika. Tog dink ek daar sal weer ‘n tyd aanbreek dat grond verniet aan boere aangebied sal word vir hul kundigheid van voldoende kosproduksie om grootskaalse hongersnood in SA te voorkom……..ongelukkig moet daar eers nog baie waters in die see loop en gaan ons maar die Keiser en sy familie intussen moet onderhou met al meer en meer belasting geldjies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.