ANC soek verantwoording oor Sassa-krisis

Argieffoto

Argieffoto

Die hoofsweep van die ANC het Vrydag gesê hy verwelkom die uitspraak van die konstitusionele hof oor die uitbetaling van maatskaplike toelae, maar mense betrokke by die saak moet aanspreeklik gehou word vir hul dade.

Maroela Media het vroeër berig die konstitusionele hof het beslis dat Cash Paymaster Services (CPS) se kontrak met die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) vir nog 12 maande verleng moet word, om te verhoed dat die betaling van maatskaplike toelae onderbreek word.

Die ANC-hoofsweep se kantoor het in ʼn verklaring gesê hy glo dit gee Sassa kans om saam met ander staatsinstansies te werk ten einde die staat se kapasiteit te verbeter om self maatskaplike toelaes te betaal. “Ons glo vas dat sleuteldiensleweringfunksies van die staat deur staatsinstansies behartig moet word en nie aan die private sektor oorgelaat moet word nie,” het die verklaring gelui.

Die ANC is ook tevrede met die hof se bevel dat die besonderhede van die toelaagbegunstigdes beskerm moet word en dat begunstigdes beskerm moet word teen derdeparty-bemarking vir lenings, begrafnispolisse en dies meer.

“Ons spreek weereens ons kommer uit oor hoe hierdie saak hanteer is. As die ANC in die parlement sal ons die nodige stappe doen om seker te maak dat die mense betrokke in hierdie saak aanspreeklik gehou word vir hul dade. Soos regter [Johan] Froneman gesê het, aanspreeklikheid is ʼn kernwaarde van ons demokratiese bestel.”

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling (Foto: ANA)

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling (Foto: ANA)

Froneman het Vrydag Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, en Sassa skerp gekritiseer en gesê hulle het ʼn grondwetlike verpligting van die staat in gedrang geplaas deur nie vroegtydig op te tree om die toelaagkrisis te voorkom nie. Dlamini is beveel om redes aan die hof te verskaf waarom sy nie persoonlik aanspreeklik gehou moet word vir die koste van die hofsaak nie.

Pres. Jacob Zuma het egter Donderdag, tydens ʼn mondelinge vraesessie in die parlement, ontken daar is ʼn krisis oor die welsyntoelae en het eise dat Dlamini afgedank moet word, beskryf as ʼn “snaakse” idee van hoe demokrasie werk. “Dis ʼn ander soort demokrasie as jy dink iemand gaan misluk en moet gestraf word nog voordat hy of sy het. Dis ʼn snaakse demokrasie om iemand te straf nog voordat ʼn fout begaan is,” het Zuma gesê.

Intussen het Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus, Vrydag gesê die konstitusionele hof se uitspraak is nie die einde van Dlamini se probleme oor die saak nie. “In die uitspraak is dit baie duidelik gemaak dat die uitvoerende gesag gefaal het in sy grondwetlike plig. Wat minister Dlamini betref, het die hof dit duidelik gemaak dat sy die verantwoordelike persoon is – nie net om leiding aan Sassa te gee nie, maar om as politieke hoof volle verantwoordelikheid vir die situasie te aanvaar,” het hy gesê.

“Sy word nou in haar persoonlike hoedanigheid as ʼn party tot die geding gevoeg. Sy moet ook haar optrede aan die hof kom verduidelik, asook waarom sy versuim het om gehoor te gee aan die hof se uitspraak sowat drie jaar gelede. Dit is veelseggend dat die kostebevel voorbehou word. Duidelik wil die hof minister Dlamini aanhoor voordat hy finaal daaroor besluit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Alida ·

Sy moes al n jaar of 2 gelede afgedank gewees het sonder vergoeding. Dit is duidelik dat sy haar deel van CPS af kry. Pay back time.

zoom zoom ·

Niks gaan gebeur met enige persoon wat deel was van die gemors. ANC sal sorg daarvoor. Almal sal bevorder word en ‘n prestasie bonus ontvang.

tom ·

Aag siestog mnr die hoof sweep jou onbevoegde president se daars niks fout met julle onbevoegde minister nie siestog

peanut ·

Kyk mooi, erens in die storie gaan die colonizers en apartheid weer skuld kry, op een of ander manier

FM ·

Dis duidelik dat daar mense in die anc is wat nog aan reg en geregtigheid glo. EN zoooma hou nie van hulle nie. Kyk maar na ons regstelsel wat deur westerse invloed en koloniale moondhede hiernatoe gebring is. Was dit nie vir die regstelsel nie het zuma en sy meelopers gemaak net wat hulle wil. MAW alle koloniale invloede was nie altyd sleg nie. Daarom ondersteun ek HELEN Zille ten volle. Sy het teen apartheid geveg en nou is sy slegs rasioneel realisties. Jammer MM ek het nie nou gesê dis omdat sy wit is nie. Julle sal seker nou n ANDER rede soek om NIE my kommentaar te plaas nie.

Johann ·

Howk? Weet NUMBA WHONE van díe ANC uitsprake? Wel…weet of nie hy steur hom aan niks en niemand. Anti Dlamini ook nie…BEHALWE by geldjies skep van die Staat VIA n outsourced diensverskaffer!

Johanna Botha ·

Genade NOU skielik soek hulle verandwoordbaarheid …eerste keer in 23 jaar HALLO !

w ·

Sorry mense number one nie skerp ni so hy sali weet wanneer iets n krisis is ni behalwe as hy en sy maaikies ni hul salarisse ontvang ni

Manna ·

ANC soek verantwoording oor Sassa krises. As dt nie so ernstige saak was sou ek sê dat dit grap van jaar is. Hulle het nie koekie se klue wat verantwoordelikheid is.

John ·

Nee wat. Wat meer moontlik is, is dat die lede van die Grondwethof so een vir een plek sal moet maak vir lojale kaders; dis eintlik ons grootste vrees… die’ dag, as blou nie meer blou is nie, al bewys ‘n advokaat dit totdat hy blou in sy gesig is… en die’ tragiese dag le en wag soos die dier in Koki se verhaal.

marianna ·

Ja wie is aanspreeklik? Ek sê dit is zuma en bathabile dlamini .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.