ANC steek Niehaus in die pad

Carl Niehaus.
(Argieffoto: Karen Sandison/African News Agency)

Die ANC het die Umkhonto we Sizwe- (MK-)veteraan Carl Niehaus afgedank.

Pule Mabe, woordvoerder van die ANC, het die nuus Donderdagaand aan eNCA bevestig.

Niehaus se afdanking volg enkele ure nadat hy ’n brief van Febé Potgieter, hoofbestuurder van die ANC, ontvang het waarin die MK-veteraan tot 16:00 gegun word om redes te verskaf waarom hy nie summier afgedank moet word nie.

Dít nadat Niehaus Woensdag gedreig het om namens ontevrede werknemers strafregtelike klagte teen hooggeplaastes in die ANC in te dien. Die werknemers is glo ongelukkig oor onder meer salarisse.

Niehaus het Potgieter se brief in ’n verklaring as “drakonies en onredelik” bestempel aangesien hy glo maar twee en ’n halfuur gegun is om redes te verskaf oor waarom hy nie afgedank moes word nie.

Niehaus ontken nie in die verklaring dat hy gedreig het om senior bestuurslede van die ANC van onder meer diefstal en korrupsie aan te kla nie. Hy voer egter aan dat hy in sy persoonlike hoedanigheid as werknemer van die ANC opgetree het en bloot sy reg as werknemer en Suid-Afrikaanse burger uitgeoefen het.

Niehaus is twee maande gelede tydelik uit die ANC geskors ná hy uitlatings in Nkandla gemaak het.

Mabe het vroeër vanaand aan eNCA gesê die ANC is “moeg daarvoor om altyd sake wat deur Niehaus aangevoer is te moet hanteer”.

Maroela Media het ’n navraag aan Mabe gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Anton ·

Ag shampies, na jare van gatkruip hou sy maaitjies nie meer van hom nie???
Wonder hoekom het dit hulle so lank gevat?

LekkerOuJan ·

Jy moet darem slegter as sleg wees as die ANC jou laat loop.

twaalfboor ·

Hahahahahahaha…… ou kareltjie, jys toe nie so relevant nie. Net nog ñ wit muishond in die ANC.

Hardekwas ·

Uiteindelik! Daar is tôg soms goeie nuus in hierdie land.

Martie Smartie ·

Nou kan die outjie saam met Max du Preez die ANC Hasbeens party stig. Amper soos sjebeen ne. Dan kan Potgieter so oor n jaar of wat die woordvoerder word. En Dirk Coetzee hulle private spuerder. Almal goeie sterk kruipers.

koos10 ·

Daar is seker ‘n plekkie oop by die EFF? Sy siening en intelegensie is op dieselfde vlak.

koos10 ·

Skuus Hennie. Ek het dit nie in ag geneem nie, jy is 100% reg!

Nie Verbaas ·

Kyk hoe maklik is dit wanneer n witman sy mond in ANC oopmaak? Hoop jou oogklappe is nou af Niehaus. Daar beleef jy nou self die ANC se beleid. Jy was net n niks met n groot mond.

koos10 ·

Nie Verbaas, sy mond oopmaak is nie die probleem nie. Dis die vêrbale diaree wat daar uitloop wat sy kop gekos het.

Nie Verbaas ·

Baie waar. Sy mond ten minste 80% vinniger as sy brein.

Vonkprop ·

Nou kan die ANC asseblief dieselfde doen met Ace en Bheki…..nee wag dank julleself sommer almal af en laat die ANC heeltemal verdwyn. Ace het dit begin toe CR vir hom skryf en sé jy is geskors en toe kap Ace terug en skors CR. Dit kan nogal pret raak om te kyk hoe die een die ander afdank. En intussen sit Zuma in sy stootwaentjie en lag uit sy maag vir die hele spul.

Elinette ·

Terwyl Zuma nog die heeltyd “puppet master” is en die marionette almal op ‘n stokkie na sy wil dans.

Christo ·

Dis die eerste keer vanaf 1994 dat die “ANC” iets reg doen.
Carl Niehaus, you are the weakest link……Good bye!!!!!!!!!!!

Nozi ·

O wee, sy gesang is uit!! Nou moet Febe Potgieter pasop, hy is dalk volgende. LMGA!!!!

Wielspore ·

Daar is ‘n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan, Carl, youre fired!

Willem ·

Hoeraaaaa!!Beste nuus ooit!!Knap gedaan anc dis jul beste besluit ooit!!!!!

Adriaan ·

Meeste tweets wat ek gesien het is van mening dat hy die sondebok gemaak word omdat hy durf waag het om onbetaalde salarisse, asook pensioen en wvf wat afgetrek is maar nie oorbetaal is nie, te bevraagteken. Laat die anc hulle self vernietig met binnegevegte, vir SA se onthalwe kan hulle einde nie vinnig genoeg aanbreek nie.

Elinette ·

Ek stem 110% saam. Die ANC-koekie is besig om te verkrummel. isiXhosa en AmaZulu het nog NOOIT om dieselfde vuur gesit en uit dieselfde bier-kalbas gedrink nie. Dit het nog nooit in die verlede gebeur nie, gebeur nie tans nie en sal nooit in die toekoms gebeur nie.

Francois Le Cochon ·

“Once a musician, allways a musician”. Dit geld ook vir ‘n “fool”.

SjN ·

Weet hy nie al die jare dat n kader nie vertrou kan word nie, shame careltjie kieter kat.

Persheks Adri ·

Ons gaan jou beslis nie mis nie! Laat jou hakke raas

Wynand ·

As jy nutteloos raak is jy voor die bus ne. Wonder of hy ooit piet relief se storie gelees het

Elinette ·

Julle ………….. kry die ‘popcorn’ en koeldrank ….. hier kom ‘n lekker “showdown” – kom ons kyk hoe die ANC-koekie verder verkrummel …………………………..

Hannelie ·

Daarsy! Het dit lankal verwag. HAPPY NOW, ou Kareleltjie?

Charl ·

Ja nê, so draai die wiel ou Carl, jy nog nie geleer keep your friends close but your enemies closer? Wáár en by wíe gaan jy nóu gatkruip??

Adriaan ·

Daar is n Kaapse media groep wat anc has beens versamel. Hulle het onder andere al n du Preez en Verwoerd. Wie weet, dalk soek hulle nog n weeklikse rubriek skrywer …

Elize ·

Moenie te gou bly raak nie. Hys dalk gouer terug as wat julle dink. Want ek dink nie Zuma gaan dit aanvaar nie…..

Louw ·

Hahahahaha, grap van die jaar!! Lekker lag Ek nou… Sy siel verkoop vir n pot lensie-sop. Sy geraas het selfs sy makkers so erg ge-irriteer dat hul hom van die party bus afgesmyt het. Maar Ja, Een van die dae Maak hy seker in n rooi overall geraas saam Bra Julius.

james ·

Ek stem 100% saam twee en ‘n halfuur is hoooooopelooooos te lank LoL

Rhona ·

Ekt lank gewag vir hierdie lekkerte. Kry vir jou boetie. What goes around comes around. Wens net jy wil jou taal ook versaak en immigreer Timbawhere toe. Jy’s n verleentheid vir ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.