Die SAUK berig Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het die nuus glo Dinsdagoggend tydens ʼn radio-onderhoud bekendgemaak. Volgens Mantashe is die besluit die afgelope naweek by die vergadering van die nasionale uitvoerende komitee geneem.
Moloto Mothapo, kommunikasiehoof van die ANC, wou egter nie die aankondiging aan Maroela Media bevestig nie. “Die ANC sal binnekort die nuwe hoofsweep aankondig. Ek kan nog niks bevestig nie,” het hy gesê.
Die ANC het vroeër aangekondig dat die vorige hoofsweep van die party, Stone Sizani, bedank het en herontplooi is om Suid-Afrika as ambassadeur in Duitsland te verteenwoordig. Doris Dlakude is aangestel om tydelik as hoofsweep waar te neem.
As Hoofsweep het hy seker baie invloed. Ek lees op News24 dat die ANC gaan n vergadering met die Gupta’s hou – as Mnr Mthembu geloofwaardig wil wees in sy nuwe pos behoort hy die DA, EFF, Vryheidfront +, ens almal na die vergadering uit te nooi dat hulle kan sien of die ANC en die Gupta’s eerbare mense is.
Nou presies hoefeel hoof swepe is daar? Is die Guptas die voorslag?
Wag seker vir die Guptas om klaar te besluit dan sal hul ons laat weet
Die Guptas het seker besluit op ‘n nuwe Hoofsweep.
Gaap…..