ANC stel sy eise in Tshwane

Kgosientso Ramokgopa, uittredende burgemeester van Tshwane Metro. Foto: Departement van kommunikasie, Flickr

Kgosientso Ramokgopa, uittredende burgemeester van Tshwane Metro. Foto: Departement van kommunikasie, Flickr

Die ANC, die amptelike opposisieparty in die Tshwane-metro, het Donderdag sy lys van “minimum eise” gestel – dié programme wat hy sal nastreef in Pretoria wat nou deur die Demokratiese Alliansie gelei word.

“Die eis om gehalte poste vir ons mense te skep duur onverpoosd voort,” het uittredende Tshwane-burgemeester en ANC-streeksvoorsitter Kgosientso Ramokgopa aan verslaggewers gesê. “Ons sal, as die opposisie, seker maak dat ons dié agenda nastreef en ons gaan dit onwrikbaar doen.”

Ramokgopa het gesê die tweede punt op die ANC se agenda is dat hulle die menswaardigheid van mense wil herstel. “Ons wil seker maak ons mense se menswaardigheid word herstel deur seker te maak dat gehaltedienste aangebied word, veral persone wat in informele nedersettings bly – diegene van Soshanguve, Mabopane, Winterveldt, Hammanskraal, Refilwe, Atteridgeville en Mamelodi. Ons gaan daarop aandring dat dié programme voortduur.”

Hy het bygevoeg die bestaande administrasie, wat Vrydag tot ʼn einde kom, het meer as 90% van sy kapitale begroting aan dié “behoeftige gebiede” toegewy.

Ramokgopa het gesê die ANC ondersteun ook informele handelaars oor Tshwane heen. “Die informele handelaars is ʼn unieke kenmerk van ʼn Afrika-handelstad. Ons sal elke poging beveg om straathandelaars uit die middestad te verwyder. Ons sal elke poging, wat die vermoë van informele handelaars wil ondermyn om ʼn inkomste te genereer, teenstaan.”

Hy het gesê die ANC se tegnologiese vordering, veral gratis Wi-Fi in toegewyde gebiede, moet deur die DA-administrasie, onder leiding van Solly Msimanga, uitgebrei word. “Ons het onsself daartoe verbind dat elke persoon in Tshwane teen die einde van 2017 binne stapafstand moet wees van gratis Wi-Fi. Ons gaan daarop aandring dat dit deel vorm van die agenda.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Frederik ·

Al die jare dat hy daar gesit het, het alles verval. Nou gaan hy aandring dat gehaltediens aangebied word?? Waarom het hy en sy skelm slimmeter crew nie aan gehaltediens gedink nie?

poot ·

Too little too late. Sorry Ramokgopa, leë beloftes is nou te laat. Die DA moet nou julle gemors regmaak.

jaco ·

gehalte-poste en gehalte dienste is alles baie maklik haalbaar. hou net op om NET ras en velkleur as voorwaarde te stel wanneer julle vakante poste moet vul. hou ook op om belastingbetalers se geld op nonsens soos duur motors, selfgeskepte salarisverhogings en aanhoudende etes by Nandos te mors
Selfs as die duiwel moet regeer en by die basiese beginsels van goeie skoon regering hou, sal ek hom ondersteun

Max ·

Dit gaan nie oor ras en velkleur nie. Dit gaan oor kaders, korrupsie, vriende en familie !

stem ·

Dwelms ook hoor!!!!!…….. jy weet mos wie sit agter dit né!!

Jakes ·

Lees ek reg…?
Hul “dring aan”..terwyl met hom in beheer kon en het hul niks gedoen behalwe eet uit die meterkontrak. Nou eis en dring hul aan… Interessante tye lê voor!
Nelson Baai gaan ook nog baie wurms uit die blik aan die lig laat kom….

Kaufman ·

Eise? Maar dis wat hulle inelkgeval veronderstel was om te doen die afgelope 2 dekades en nie reggekry het nie, en wat die DA inelkgeval gaan doen. Menswaardigheid “herstel”? Natuurlik ja, die gaan die menswaardigheid van die geneenskappe herstel wat die ANC so opgemors het, dit is Dan nog heeltyd die plan.

Rapes ·

Die anc wil nou eise stel. Julle het jul beurt gehad en toe gevaal moet nou nie op die kantlyn staan en probeer regeer nie.

AH ·

Hoekom het hulle nie al die dinge gedoen toe hulle in beheer was nie

Kenny Erasmus ·

ANC, stil nou kaders, comrades, …julle het jul kans gehad! Thula!

Koos Kluite ·

Die kiesers vanTswane het gestem vir verandering. Wie dink die verwerpte ANC is hulle om daarop aan te dring dat hulle programme moet voortgaan?

Koos Kluite ·

Die kiesers vanTswane het gestem vir verandering. Wie dink die verwerpte ANC is hulle om daarop aan te dring dat hulle programme moet voortgaan?

Wat-ek-lees ·

Hy bedoel seker GEHALTE mense vir poste en GEHALTE dienste.
Dit lyk op die foto asof hy wil huil, ek neem hom nie kwalik. Daar is ook diegene wat nou nie werk het en met skuld sit sonder ‘n inkomste.
Hierdie is die wonderlikste manier om iemand in die pad te steek wat nie sy werk doen. Dit moet verder uitgebrei word na amptenare wat ook net die getal volmaak.

S ·

Ek stem saam met jou. Hy moet gaan kyk hoe lyk Kaapstad as hy van gehalte diens wil praat en hoekom ….. want die DA sorg daarvoor daar! Kyk hoe lyk ons Jakaranda stad wat eens ons trots was, dit is n verleentheid nou om dit as n hoofstad van Suid-Afrika aan die wereld se besoekers te wys …. die stad se strate is n skande, mense le, slaap, bly onder brue en langs hoofstrate in die stad net waar hul wil en praat nie eens van higiene ens nie! Skande ANC skande en nou wil jul eise stel na jul gefaal het. Hul weet nou al da leke room op die koeke is nou weg met al hul gekonkels met kamma kontrakte ens. Hoop hul sal nou leer wat is menswaardigheid, werk vir jou salaris ens. ANC kon niks bewys nie, daarom het hulle eie mense hul uitgestem en soek verbeterings en eerlikheid !!

Francois ·

Ondersoek asb al hierdie man en sy voorgangers se kontrakte wat gesluit is…. hierdie man hoort in die tronk… Wat n grap na 22 jaar kon hy en sy trawante net ons geld mors en alles laat vergaan !!

P J ·

Siestog , die ou wat niks weet van dienslewering af nie gaan nou verseker dat daar dienslewering gaan wees. Of wil hy se noudat hy nie meer die finansies beheer nie weet hy dat daar geld is vir dienslewering. Kan hy vir ons se hoekom hy nooit dienste gelewer het nie. Ek dink hy moet eerder trots wees en verdwyn. Gaan werk soek en n eerlikke harde dag se werk insit en sy salaris verdien. Totsiens ou grote, hou op verhoed dat ander beter vaar as jy

Lance ·

Watse eise ..pta verval totaal en al…strate is vir die laadte 15 jaar nie eers gevee nie …onwettinge dumping oral …onkruit groei oral uit …sypaatjies vol klippe ….dink dit reen klippe in pta. Padtekens wat omgery word is netso gelaat. Die robotte se pale roes en is al so n poeier geel gebrand deur die son…hoe die DA dit gaan herstel met die onkundiges wat nou daar werk weet ek nie …want hulle sien dit nie eers raak of as n probleem nie. Nou kom die mense nogal met eise ….julle kon nie eers die mees basiese regkry en dit was om die strate te vee ….wat n joke is die mense tog nie !

koos ·

Ek dink nogals ons moet hulle n kaans gee hulle kan dalk werk daar is mos nou iemand wat kan beplan en werk skeduleer.

Babetsa ·

Huidig maak Tshwane se Salarisse reeds 84 persent van die Operasionele Begroting uit. Soos gewoonlik probeer ANC die publiek mislei. Net 16 persent is beskikbaar vir besteding. Neem die kapitaalkoste, huur van geboue, herstel en onderhoud van Raadsgeboue, huur van kantoortoerusting, ontbytkosse, onthaalkostes, ens. asook alle ander vrugtelose uitgawes wat ook teen die Operasionele Begroting betaal word en nog aankope van Kaders teen 3x die markprys, hoeveel kan die 90 persent dan nou wees? Beslis amper niks.

koos ·

Voor die verkiessing het ek ooral langs die paaie mense in oranje oorpakk gesien papiere optel en gras sny in die dorpe strepe op die paaie verf nogals gehalte poste, vandag het ek meer as 300km gery en nie een oranje oorpak langs die pad gesien nie. Wonder hoekom? Daar was tog baie papiere en lang gras lanngs die pad tot die sand isss uit die slag gate….. .

Asjas ·

Die lot on Oranje suits was in ons straat ook, dag na dag gekyk hoe hulle niks doen nie behalwe meer gemors neergooi as wat hulle opgetel het. Elke dag die heeldag was tee of etenstyd. Ek het op video hoe hulle koeldrank blikkies in die straat gooi, papiere en sakke net so los en weg stap.

Frans ·

Hule n klomp brakies wat nou staan en tjank skop die goed net ek bedoel skop die anc in sy ma se m in

Francois ·

Ondersoek asb al hierdie man en sy voorgangers se kontrakte… Hy hoort in die tronk….vir 22 jaar net belasting geld gemors en geen dienste gelewer nie…. Van daai 90% wat spandeer is is alles in elk geval nou afgebrand….

Thanks ·

Nou toe nou. Dit is nou n bietjie laat ou vriend. Maar jy onderskat nogsteeds jou eie mense. Almal val nie meer vir hierdie rasse troefkaart nie.

st ·

Van wanneer af is WiFi n basiese behoefte??? Dis mos nie meer as behuising, sanitasie of dienslewering nodig nie..

Jakkalas ·

Eise, eise, eise vir al die goed wat julle self nie kon vermag het nie. Julle stel darem maar baie euse vir iemand wat nie meer ‘n jobbie het nie. Entitlement is aan die orde van die dag al wil hulle nie werk daarvoor nie. Die SA kultuur by die massas.

Janneman ·

Bloody arrogant ! Vir jare niks gedoen nie en nou is hy hans genoeg om te “demand”. Die dae van “demands” deur die ANC is verby. Weereens moet die DA en sy koalisie genote die leisels oorneem en dinge beredder. Vir jare het Oom Sputla niks gedoen nie, en nou ding hy hy kan kom en oorneem – hulle moet hom met baie spoedla pos. Jy het klaar geskep en klaar niks gedoen vir baie geld meneer. Laat jy gaan ! Dalk kan hy sokker gaan afrig want sy naam is mos aan hom gegee oor hy goed die bal kon manouver ( received this name as a young man for skill, and creative manoeuvring of a soccer ball ) In sy termyn van diens wat daar nie veel skill nie ma baie creative, net jammer vir al die verkeerde redes. Die stad het verval, wat eens ‘n wonderlike lewendige middestad was, is nou net ‘n dump. Julle het gevaal – aanvaar dit. Ek kry so lekker as ek sien hoe die ANC een na die ander metro, stad en dorp se beheer afstaan. Bitter pil om te sluk maar dit is die vrug van swak diens, korrupsie en wan administrasie.

Nico ·

Ja nee soos n raas hondjie langs die pad wag tot dat die ondersoeke begin dan is dit stert tussen die bene hulle behoort glad nie nou daar nie gee die wat wil en kan nou n kans en begin terug betaal wat julle onwettig gevat het

FRED ·

SUUR DRUIWE, NOU OP DIE LAASTE WIL JY DIE KITAAR SPEEL. JY HET JOU TYD GEHAD EN GENOEG TYD EN DIT ALLES VERBEUR MET ANDER DINGE WAT DIE SAK PAS VAN DIE ANC. LOS DIE DA UIT HY WEET WAT HY WIL DOEN. KRY N ANDER WERK EN GAAN MORS DIT OP – HOU DIE KLUISE GESLUIT ASB – ANDERS GAAN JOU FIRMA OOK ONDER – BAIE SPOEDIG.

koos ·

Jy kan mos nie n lotto kaartjie koop en dan die pad ongelukke fonds moet jou betaal as jy gewen het nie. Jy sal ook by die WiFi teller staan en wag st of wat praat ek?

GES ·

Ek hoop net die DA laat hulle nie onspoor deur die ANC nie. Die ANC het die soustrein gery tot die wiele afgeval het. Menswaardigheid word nie herstel met straatnaamsveranderings nie. Dit word geskep met behuising, kos, klere, werk, opleiding ens. Dinge wat punte tel. Die ANC kon hulle self nog net as die kanker van ons samelewing bewys. Ek hoop en vertrou dat hulle soos mis voor die son sal verdwyn. Dit sal ‘n heuglike dag in SA se geskiedenis wees.

neelsie ·

“Demand” dit en dat.!
Kan jy dit glo……..hoe arrogant!!

Jeanne ·

Wat verstaan die ANC nie? Hulle is die OPPOSISIE party, daar is nie sulke goed soos DEMANDS (eise) nie, hulle moet saamwerk of uitval, maar van wanneer af kan HULLE die minimum eise stel? Belaglik. Gehaltedienste? Vreemd want al die optogte en protesoptrede was nog TEEN die ANC se gebrek aan dienslewering, nou moet ‘n ander party skielik spring?

RC ·

Die DA moet net saam speel en vir hulle sê hulle sal dit net so goed doen soos hulle dit gedoen het en vra vir bewyse van wat hulle gedoen het. Maar soos ek die DA in die Kaap ken is daar nie tyd vir nonsens nie, hulle sal wel die mense wat van die ANC oorgebly het uitsorteer en leer hoe om te werk.

Stephanie ·

Ek sit nou en dink.
Gaan dit nie heerlik wees om oor n paar jaar te praat van die “vorige regime” nie.
Wonder of die ANC gelukkig gaan voel as hulle ook vir jare die skuld vir alles kry, soos hulle alle blaam van probleme in SA tot nou toe, ja selfs as die kat haar kleintjies in die kas gekry het, voor die “vorige regime” se deur gegooi het.
Ja, ek stem, sommige blaam het wel ons vorige regering toe gekom, maar jislaaik… na soveel jare kon die wonderlike ANC, tot nou toe, nogsteeds nie leer om voor sy eie deur ook te vee nie. Dis moes makliker om n ander sondebok uit te wys.
Sterkte aan die nuwe partye wat ons land gaan probeer verbeter. Julle sal moet uithaal en wys anders gaan julle geteer en veer word. Ek hoop dat ons mensdom teen die volgende nationale verkiesing met trots sal kan stem en weet die party waarvoor ons stem is werklik aan ons kant en gaan aan ons kant bly.

hans brits ·

Arrogant teen arrrogant,sal maar sien waar dit gaan eindig.

Andre ·

Hy klink soos iemend wat met sy hand in die koekkieblik gevang is , allerhande soet woordtjies………..aggge shame mammie .

Jan maak n plan ·

As ek die Tswane burgermeester was het ek eerstens n hekse jag aan die gang gesit oor wat die vorige spul alles.gesteel het en hulle aan die pen laat ry en terselfdertyd sommer al die raadslede se salaris en voordele met 50% gesny. Jy sal dan gou sien hoe vinnig die sogenaamde opposisie vlug.

Klong ·

Kyk hoe uitgeslaap is die anc,hulle weet die DA gaan deliver maar gaan se dit was op hulle demands

Janneman ·

Ek hoop ook die straatname word nou terug verander soos die hof beveel het en dat Pretoria Pretoria sal bly. As die DA stemme wil behou moet hulle die basics reg kry of dinge gaan anders wees in 2019. The “people has spoken” the parties need to listen ! Maak die stad veilig, behou histories geboue en monumente en laat die mense en besighede weer die stad “geniet”. Dit was so gewees, dit kan weer so wees, o ja en deel met die werkloosheid en oneindige immigrasie issues.

Grap ·

Die konstitusionele hof het uitspraak gelewer dat die name nie terug verander hoef te word nie.

Hennie Theart ·

En wat van moord, roof, diefstal, motor kapings? Wat gaan jy daaraan doen? Of is dit nie ‘n vereiste op jou lys nie?

poot ·

Een voorbeeld. Ons betaal vir stads reiniging elke maand op ons rekeninge…..maar kyk hoe lyk ons strate en sypaadjies. SKANDELIK ANC.

Ferdi ·

Die ANC besef seker nie dat daar nooit eens Apartheid of onderdrukking sou gewees het as hulle voorsate nie in die eerste plek ander onderdruk en chaos veroorsaak het nie. Hierdie artikel is een wat elke Afrikaanse, veral die jonges, behoort te lees. Ons stryd gaan oor baie meer as swart vs wit.
http://wp.me/p7JQqX-E

Cerulian Blue Sky ·

Dis dieselfde man wat ten spyte van publieke aandrag geweier het om Marabastad skoon te maak van dwelm handelaars en gebruikers. Nou skielik is hierdie dinge prioriteit. Die busdiens onder hom het verval en is gekaap deur ‘n “rogue” vakbond leier. Hy kon glad nie die lewens van mense in plakkerskampe verbeter deur geriewe aan te le nie. Tog is dit nou prioriteit. Onder hom het die Metro Polisie blote belasting invorderaars geword. Hierdie man is een van die grootste rassiste wat ek ooit teegekom het, en in vergaderings sal spog hoe hy wit mense sal onderdruk, en nie dienste aan hulle sal lewer nie.

Gerhard ·

Jammer om te se maar al julle DA stemmers…daar gaan geen verandering plaasvind nie.

Stephanie ·

Gerhard, ons moet maar bly hoop. Die DA party besef hopenlik dat as hulle en die ander partye wat belowe het om hulle te ondersteun, nie nou dinge beter en reg maak nie staan hulle geen kans in die nationale verkiesing oor n paar jaar nie. Ons almal in Suid Afrika se oe is op hulle. Wat ons natuurlik nie nou al sal weet nie, is of die “nuwe” munisipale partye dalk n geval van”nuwe besempie vee skoon” gaan wees nie, net om mense “mak” te maak sodat ons in die nationale verskiesing vir hulle sal stem nie.
Maar kom ons gee hulle n kans. Dinge kan so waar as dinges nie slegter gaan nie. Jitte, ek hoop nie ek “jinx” nou alles nie. Dan gaan ek my eie boude kapoet skop.

Riaan ·

As hy sy werk gedoen het sou die mense vir hom gestem het, so mnr. bly doodstil, jy sit nie meer in daai lazyboy nie.

Doris ·

Ek dink die tyd het nou aangebreek dat die ANC. moet stil bly en nie eise wil stel nie hulle het hulle beurt gehad en daar is niks gedoen alles het ten gronde gegaan. Dankie DA ons weet julle gaan julle werk doen hou so aan. Wenners.

Oni ·

Daar sal altyd ‘n Gerhard negatief wees in die midde. DA het hul bewys en gaan dit weer doen in Pta.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.