ANC: ‘Stigting van MK nie ongeluk’

(Foto: @MbalulaFikile/X)

“Die stigting van hierdie nuwe party wat die naam, nalatenskap en simbole van MK gekaap het, is nie ʼn ongeluk nie.”

Volgens Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, is dit ʼn doelbewuste poging om verwarring te saai deur die trotse geskiedenis van die gewapende stryd teen die apartheidsregime te gebruik om geloofwaardigheid te verleen aan wat ʼn blatante teenrevolusionêre agenda is.

Mbalula het die uitlatings gemaak in reaksie op die regerende party se aansoek in die verkiesingshof dat die uMkhonto weSizwe- (MK-)party se registrasie onregmatig was en nietig verklaar moet word. Uitspraak is voorbehou.

“Die ANC sal nie toelaat dat enige party sy nalatenskap en handelsmerke steel nie,” het Mbalula gesê. Volgens hom sal die ANC ook volgende week met stappe begin oor wie die patente en eienaarskap van uMkhonto weSizwe besit.

“uMkhonto weSizwe word deur die ANC besit. Ons respekteer die oppergesag van die reg, en ons sal enigiemand uitdaag wat iets van die ANC probeer wegneem wat aan die ANC behoort.

“As Jacob Zuma ʼn party wil begin, is hy meer as welkom om dit te doen, en hy kan dit noem wat hy wil. Wat hy nie moet doen nie, is om name en logo’s wat aan die ANC behoort te probeer steel. Dit is ʼn kwessie van historiese rekord dat MK ʼn militêre vleuel was wat gesamentlik deur die ANC en die SAKP gevorm is en dat dit onder die politieke leiding van die ANC se nasionale uitvoerende komitee bedryf is. Dit is ʼn integrale deel van die geskiedenis en erfenis van die ANC.”

Zuma het op sy beurt aan ondersteuners van die MK-party gesê MK was nooit deel van die ANC nie, net deel van die “ANC-familie”.

Mbalula het verder gesê die uiteindelike doel daarvan om ʼn magdom klein politieke partye te vorm, is om die ANC se verkiesingsteunbasis van alle hoeke af weg te sny. “Diegene wat hierdie partye vorm, doen dit in opdrag van hul teenrevolusie-meesters, wat hulle letterlik betaal om die ANC moreel, polities en organisatories te likwideer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Wondermaarnet ·

Hoe meer korrup, hoe makliker om ‘n party te stig net om nader te wees aan die staatskas.

Ryan ·

mbalula, jou en mede anc kaders se broeke bewe. Julle einde is in sig. Ek hoop zuma vernietig julle eens en vir altyd.

capie ·

As ANC patentreg en eienaarskap van MK besit, moet hulle die MK veterane se pensioene en salarisse en minister en personeel se uitgawes uit eie sak betaal, nie uit die staatskas nie.

Tinus ·

MK is n organisasie wat bomme plant en onskuldiges doodskiet, soos met Panet Hollywood, Magoos Bar en St James kerk. Hulle was nooit in enige geveg betrokke met die ou SAW nie. Nou beskou hulle hulself as helde.

KAIROS ·

Siestog, arme ding. Alles behoort mos aan die ANC. Dit word elke slag meer en meer gelyk aan ‘n diktatorskap. Hulle sê watse vlag jy mag hys, watter landslied jy mag sing, watter woorde jy mag gebruik. Anders kry die kwesbare gevoelens tog seer.

Maar kyk korrupsie, wanbestuur en kaderontplooing mis. Die mafia wat die ANC is, moet gestop word.

JZ ek wens jou alle voorspoed. Mag jou party baie goed doen in die volgende verkiesing.

Republikein in die Wes Kaap ·

My oë is vol trane en my hart ween. Ek gaan my klere aan flarde ruk en as oor my kop strooi.

Oosieoos ·

Capie ek stem saam laat hulle net die saak wen dan vat ons hulle aan het mos vir cANCer gewerk nie vir staat nie

koos10 ·

So, uiteindelik erken die ANC dat hulle staatmaak op hulle simbole om stemme te trek, en dat dienslewering aan dis mense van Suid Afrika bloot ‘n bysaak is.

Fran ·

‘trotse geskiedenis van die gewapende stryd’ ….Wat ‘n grap!!! Lanklaas so lekker gelag!! Hulle het 100/0 verloor in die bosoorlog saam met hulle russiese en kubaanse gabbas nogal.

Bolandse Nooi ·

Fiekie ………….. julle is bang, nè? Erken dit nou maar … julle sien reeds die skrif aan die muur. In KZN gaan julle op jul herrie kry. Die MK party gaan miskien nie wen nie, maar hulle sal beslis die offisiële opposisie raak. En julle is bang. Dalk ‘n 2de Boipatong?????????

Wat die res van die land aanbetref, wéét julle dat jul by-verre meerderheid onder die 50% gaan daal (dis nou, as julle nie die verkiesingsuitslae bekook nie). JULLE IS BANG, want julle wet 30 jaar se leuens het julle nou ingehaal!!!!!!!!!!!!!

Kirst ·

Meeste van julle sit die pot mis. Zuma wil “kingmaker”raak sodat hy KZN se premier kan raak, of dalk adjunkpresident.

KB ·

Zumpie doen ons ʼn groot guns (sy MK-Party gaan heel moontlik nie aan die verkiesing kan deelneem nie (hou die spasie dop).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.