ANC-swaargewig meen Zuma moet handdoek ingooi

Ben Turok. Foto: www.wsg.wits.ac.za

Ben Turok. Foto: www.wsg.wits.ac.za

Nog ʼn ANC-swaargewig het gesê pres. Jacob Zuma moet “sy posisie oorweeg”.

Prof. Ben Turok, voormalige ANC-LP, het Maandagoggend in ʼn onderhoud op Radio702 gesê Zuma het ʼn fiasko veroorsaak met Suid-Afrika wat drie ministers van finansies in vyf dae gehad het.

Dit kom nadat oudminister Barbara Hogan die afgelope week te velde getrek het teen Zuma en gesê het Suid-Afrika Zuma nie langer kan “bekostig nie”.

Zuma het verlede week eers vir Nhlanhla Nene as minister van finansies afgedank, skaars 18 maande nadat hy in die pos aangestel is en hom vervang het met Des van Rooyen, iemand wat skouspelagtig misluk het as burgemeester van Merafong.

Sondagaand is Van Rooyen afgedank en vervang met Pravin Gordhan, wat van 2009 tot 2014 dié pos beklee het. Hy was die afgelope 18 maande minister van samewerkende regering.

Turok het gesê Zuma se gedrag is heeltemal onaanvaarbaar. “Hy is duidelik nie meer in beheer nie.”

Gordhan sal Maandag ingehuldig word in sy nuwe amp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

M ·

Dis maklik om te se hy moet maar gaan, maar wie word in sy plek aangestel, maar net die volgende een wat hierdie land in die afgrond in regeer. Die buiteland lag vir ons so wie wil in so land kom bele? Hier is groter probleme as wat ons dink en ek dink ons gaan ‘n moeilike 2016 in hierdie land beleef want ons ekonomie gaan by die dag agteruit agv onbekwame mense.

Johan 2 ·

Bandiet? Ek weet darem nie, ou Zuma kom met baie weg ek dink hy gaan in weelde aftree indien hy ooit aftree. Meerderheid regeer maar dit lyk of die klomp “Nazis” nou uit leiers geraak het.

Bloues ·

En die massas gaan maar net weer vir die ANC stem en verder verarm en bly glo dis apartheid se skuld.
Same old, same old

Knersus D ·

Nee wat… Zuma se blaker het vasgesuig op daai sitplekkie. Hy sal nie sommer vanself die posisie ontruim nie….

Chris ·

Zuma was nog nooit in beheer gewees nie. Hy moet gaan daar nie meer plek vir hom nie.

Avril ·

Net gou my mening lig. Zuma het nie die intelek om te verstaan wat hy gedoen het nie, asook die implikasie vir die banana republiek nie, so ook die massa daar buite. Dit sal GEEN verskil maak met die uitslag in die volgende verkiesing nie, n paar kospakkies en t-hemde en alles is vergete.

Therese van Schalkwyk ·

Jammer, maar geen ANC-lid se mening, swaargewig óf liggewig, dra énige gewig by my nie.

Geeneen van hulle, oud-president Mandela inkluis, kon suksesvol keer dat miljarde belastinggeld elke jaar wanaangewend of gesteel word nie. Jacob Zuma is maar net die kersie op die koek.

Theo ·

Ek wonder darem hoe die Guptas moontlik in hierdie legkaart inval?

Rietrot ·

Dit gaan seker by die een oor in en by die ander oor uit.

Jonathan ·

Die raadgewers van Zuma moet begin pad vat Zuma beklee net die figuur leier Hulle advies en rigting om te volg het lankal die pad misgeloop daarom die voorstelling A N C kom eerste Arrican National Country vaar op gister

Sarie ·

Dankie Maroela vir diè klankbord. Al verander dit niè die situasie nie, kry mens dit darem van die “bors” af…

Soekie ·

Hy gaan verseker met ‘n ongelooflike pakket wegstap. Sy onaardse gelag sal weerklink. Weer ‘n vinnige een op SA getrek. Soos dié week. Hy hire & fire om sy broeksakke toe gestop te hou.

Ouman ·

Mens sou dink daar moet hier en daar ‘n eerlike siel in die binnekring van die ANC wees en dat hulle Zuma sal uitwerk. Maar dit is duidelik dat die hele spul daar is om te skep. Die geskiedenis sal eendag wys hulle was die ware onderdrukkers van hierdie land en sy mense. Ramaphosa is ‘n teleurstelling twyfel of hy oor die integriteit beskik om die land uit die gemors uit te lei. #ZumaMustFall. Net ‘klein groepie en meestal die wat buite die topstruktuur van die ANC staan het al aangedui dat Zuma moet waai

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.