ANC-takvoorsitter in hof ná hy vrou skop

Thabiso Setona. Foto: ANA.

Die ANC-takvoorsitter wat op kamera vasgevang is waar hy ʼn vrou skop tydens ʼn onderonsie tussen pro- en anti-Zuma-ondersteuners Maandag voor Luthuli-huis het Dinsdag vlugtig in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Thabiso Setona het homself Maandag aan die polisie oorgegee nadat hy geïdentifiseer is in die video wat op sosiale media rondgestuur is.

Die hof het egter die saak van die rol geskrap aangesien die slagoffer nog nie in dié stadium na vore gekom het om ʼn klag te lê nie. Volgens berigte het die vrou egter laat Dinsdagmiddag ʼn saak by ʼn polisiestasie aanhangig gemaak.

Setona is ʼn ANC-takvoorsitter in Johannesburg en het in ʼn verklaring verskoning vir sy optrede gemaak.

“Ek vra onomwonde verskoning vir my gruwelike dade teen ʼn onskuldige vrou. Ek vra nie net om verskoning vir die slagoffer wat ek erge skade aangedoen het nie, maar ook vir haar familie, die ANC en Suid-Afrika in geheel.

“My gedrag kan nie en mag nie regverdig word nie. Woede van geen aard moet iemand so laat optree soos wat ek opgetree het nie. Ek neem ten volle verantwoordelikheid vir my dade en het daarom die besluit geneem om myself by die Johannesburgse polisiestasie oor te gee,” lui die verklaring.

Jolidaa Matongo, streekswoordvoerder van die ANC, het gesê dit is onaanvaarbaar dat geweld gepleeg word teen dié wat ander sienswyses oor kwessies huldig.

Matongo het gesê die ANC veroordeel Setona se gedrag en het hom geskors hangende ʼn dissiplinêre ondersoek.

Verskeie groepe betogers het Maandagoggend buite Luthuli-huis saamgedrom. Een groep was ANC-ondersteuners wat ANC-president Cyril Ramaphosa en “Zuma must fall” ondersteun, terwyl die ander ANC-ondersteuners was wat pres. Jacob Zuma ondersteun en aanvoer “Hands off Zuma”. Lede van die Black First Land First-beweging (BLF) het ook later by Luthuli-huis opgedaag nadat hulle eers op die Gandhi-plein bymekaargekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Mornay ·

Wonder maar net waar is die ANC vroue liga met hul geweld teen vroue en kinders nou
en wie is die vrou
Geskors met pay lekker man

Komaan ·

Ag hy gaan maar net die leier in ‘n ander Wyk raak en so bietjie stil raak. Onthou hierdie is mense wat openlik vrouens skop en slaan in die openbaar. Dieselfde ANC mense het destyds 16 mense doodgelaat in die IFP opmars jare gelede. Daar het nooit iets van gekom nie. Dis dieselfde mense wat lag in die Parlement vir plaasmoorde en wat Swart Maandag teestaan, so wat verwag julle regtig van hulle?

Lollie ·

ANC en EFF voëls van eenderse vere! Was nie wit teen swart nie so daar sal nie veel van kom nie.

Belinda ·

soos genoem met die doodskis saak hy het viesies die vrou geskop en die saak is van die rol geskraap hoe nou? hulle het 12/14 jaar gekry net oor n skrikmakertjie as dit dalkies n wit man was wat ha geskop het was die hel behoorlik los se ma net

Anoniem ·

Dis nou n voorbeeld wat gestel word is dit die manier om dit n beter land te maak ?????

Alida ·

Die vrou moet die ANC dagvaar vir miljoene vir vernedering, pyn en lyding.

Theresa ·

Wens sy wil dit doen. Wie was die vrou? Het sy toe ‘n saak gaan maak teen die skurk. Daardie pleidooi van krokodiltraanagtige jammerte is net omdat die gesig uitgeken was op kamera – maak nie indruk nie. Sies man.

Gawie ·

Hierdie is net so erg (of erger) as om iemand in ‘n doodskis in te dwing…dit verdien dieselfde straf.

Eish ·

Lekker. Dis die deursnee leierskap wat op ons afgedwing word.

SjN ·

En lede van die sapd het gekyk hoe dit gebeur en nie opgetree nie.

Koos B ·

Hy of die anc gaan haar ‘n paar rand aanbied en die saak gaan waarskynlik terug getrek word.Dankie tog dit was nie ‘n blanke wat haar geskop het nie anders was hy toegesluit sonder borg en ‘n vonnis van 14 jaar plus was op die kaarte.

Linda ·

Ook net omdat hy op kamara vas gelê is en die wêreld dit gesien het. Hy sou nooit homself gaan oorgee het as dit nie op kamara vas gelê was nie. Dit is ‘n skande dat ‘n mens so aangerand word en boonop ‘n vrou en jou eie nasie. Wat is fout met die mense in die wêreld. kan niemand meer in liefde en vrede saam leef nie. Politiek is besig om mense in die wêreld mal te maak.

Annelize ·

Die vrou is tien teen een klaar geintimideer of omgekoop (jy weet, geld wat stom is maak reg wat krom is), om nie na vore te kom nie. Of indien sy nou wel na vore gekom het, soos die berig beweer, die klagte later terug te trek. En intussen maak die lat die regte geluide en hou homself vreeslik jammer en hoogheilig en sodoende gaan hy minder as NIKS oorkom nie. Because we are untouchable and entitled to anything and everything, want die hele wereld en nog ‘n paar mense is hulle mos verskuldig.

Talbot ·

Die man moet tronk toe want dis erg skop vir vrou. Die vrou moet vir ANC gaan dagvaar word. Mans voel niks vir vroeuns nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.