ANC ‘teen onteiening sonder vergoeding’

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die ANC het in die parlement gesê hoewel hy ten gunste is van stappe om die ekonomie te transformeer, waaronder grondeienaarskap en -hervorming, is die party nie ten gunste van grondonteiening sonder vergoeding nie.

Nonceba Mhlauli, woordvoerder van die kantoor van die ANC-hoofsweep, het in ʼn verklaring gesê daar moet stappe gedoen word aangesien die regering te stadig vorder om die grondhervormingskwessie aan te spreek.

“Die ANC stem egter nie saam met die onteiening van grond sonder vergoeding nie. Ons glo dat regverdige en billike vergoeding die oplossing is vir die grondkwessie in Suid-Afrika, soos in ander Afrika-lande soos Lesotho, Zambië, Malawi en Namibië. Die grondkwessie moet op ʼn wyse hanteer word wat Suid-Afrikaners sal verenig en moenie lukraak gedoen word nie.”

Julius Malema, leier van die EFF, het Dinsdag in die parlement weer versoek dat die Grondwet gewysig word om voorsiening te maak vir grondonteiening sonder vergoeding.

Volgens Mhlauli het die parlement reeds ʼn grondwetlike hersieningskomitee en is dit die komitee se verantwoordelikheid om die Grondwet te hersien indien nodig. “Die parlement het ook ʼn hoëvlak-paneel op die been gebring om die impak van wetgewing rakende grondhervorming te ondersoek. Die paneel het reeds landwyd prosesse van openbare deelname gehou, so ons moet wag vir hulle verslag en dit hanteer.”

Mhlauli het gesê die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming het reeds onderneem om ʼn prekoloniale oudit van grondeienaarskap, -gebruik en -besetting te doen. “Sodra die oudit afgehandel is, sal ʼn enkele wet ontwikkel word om die kwessie van grondhervorming aan te spreek en die nodige grondwetlike wysigings sal onderneem word om hierdie proses te bewerkstellig.”

Volgens Mhlauli is die parlement reeds in die proses om die Onteieningswetsontwerp wat deur pres. Jacob Zuma na die Nasionale Vergadering terugverwys is te hersien. “Die Onteieningswetsontwerp stel dit duidelik dat eiendom slegs onteien kan word ingevolge ʼn algemeen geldende regsvoorskrif vir openbare doeleindes en in die openbare belang, onderworpe aan vergoeding wat billik en regverdig moet wees. Vergoeding gaan met ander woorde nie net op markwaarde gegrond wees nie, maar moet regverdig en billik wees, wat beteken alle relevante omstandighede moet in ag geneem word.”

Mhlauli het gesê die EFF se eis neem nie verskeie programme en hersieningsprosesse wat tans aan die gang is in ag nie. “Die programme en prosesse het ten doel om te verseker dat grond teruggegee word aan die mense van Suid-Afrika soos vervat in die Vryheidsmanifes.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johan. H. ·

Mense asb… Ek smeek julle MOENIE Naief wees nie. Kyk asb die anc , eff se track rekord!!!!!,,Bewapen julself met kennis, En wees gewapen,, al maak dit jou depresief, Lees als oor hierdie mense , Praat met slagoffers,,,

Willem ·

Ek wil nie as n rasis voorkom nie maar ek weet hoe ek voel in my hart ek vra net is daar nie n groep of instansie wat ek by kan aansluit wat besig is om voorteberei vir die oorlog wat kom

Joh. 3:16 ·

Oppas vir die Suidlanders. Hulle glo nie in ons volk se Gereformeerde godsdienstige wortels nie. Hulle hulle verhef die volkverering bokant Christus verering. Hulle stel “Israel Waarheid”. Die diepste verdeeldheid is godsdienstige verdeeldheid, want geen Afrikaner weermag kan eendragtig weerstand bied as die soldate nie gesamentlik en eeneendragtig hulle God op die doodsakker kan aanroep nie. Wat nog te sê saam stem oor die rede, motivering en strategieë tydens kontakte. Ek pleit vir ‘n bevelstruktuur wat Protestants Gereformeerd en Calvinisties is.

Lewies ·

Ek se weer wat ek in die verlede gese het. Wie is mans genoeg om ‘n toetssaak te maak oor al die uitsprake rondom “witkapitaal” “grondvergrype ens, ens wat in besonder teen die witman in hierdie land gemik is. Die aanstokers van hierdie rasistiese gesindheid se monde moet gesmoer word, al word dit in die parliment as vryheid van spraak gereken. Of is dit ‘n kan wurms wat lief nie oopgemaak moet word nie? Is ons bang vir die verlede?

snoefie ·

malema het ook grond. ek wonder how hy salvoel as sy grond sonder vergoeding onteien sal word. oral is daar plase te koop. watverhoed n voornemende swart boer om te koop?

Rupert Ashford ·

Mooi broodjies bak maar nogsteeds teruggryp na die vryheidsmanifes? Gaan lees dit mense hulle paai net.

Gert ·

My bloed kook. As dit net moontlik was, om die man aan sy oor te trek en te beveel, wys my daardie plaas wat kwansuis gesteel is deur “wit kapitaal”. Ek voel nog steeds, die tyd is nou om op te staan, soos ons grootouers gedoen het. Nie net op die plaas nie, maar ook in die dorpe en stede.

AL ·

Ek wil dankie se vir die Here dat die ANC teen EFF gestem het (nie dat ek hul vertrou nie) maar na aanleiding vd kommentaar is ek baie naief.
Los maar die bg kommentaar vir julself dis n oop kommentaarblad die wat jul net in die moeilikheid sal bring

E ·

Ja sure, ons eet dit wat jul (ANC) sê soos soetkoek! Dit is net oom Piet van Zyl wat vandag op youtube die waarheid kon praat en genoeg bells gehad het om dit te doen. Die res van ons is tog te beskeie en fyn opgevoed om iets daadwerkliks te doen.
En as oom Piet nou in die moeilikheid beland oor dìe waarheid sal ons seker net weer komentaar lewer en niks doen! Bly tog net kommentaar of hoe?

Johannes van Staden ·

Die staat sit reeds met meer as 50 % van al die grond en het ook nie eers een van die goedkoop plaas gekoop tydens die droogte nie …ek verstaan dit nie. Nou is die anc gekant more waai die wind anders dan verander die storie weer.

What a joke! ·

Wil die boere maar net laat ontspan om hul binnekort hard met hul broeke op hul knee te vang…hul praat met n gesplete tong!

Leendert ·

Daar was 3 punt van belang wat die ANC gesê het hoekom hulle die EFF se voorstel verwerp. Hulle storm net voort na die jaag van geld en om die boer en realiteite van die geskiedenis, soos Dr Pieter Groenewald dit uitgelig het, te ignoreer.
1. Dis ongrondwetlik (soos die grondwet nou is).
2. Daar moet vergoeding wees.
3. Maar, wat hulle met die grootste drif gesê het, is dat hulle hulle nie deur die EFF sal laat voorsryf nie.

Jane ·

Tog verkondig die President en sekere Ministers dat grondonteiening SONDER vergoeding beslis beplan word. Vreemd dat dit nou berig word dat die ANC teen dit is, maar nie hulle PRESIDENT nie? Persoonlik dink ek hulle moet dit eers ‘n kans gee. Ek weet geen boer wil net afstand van sy plaas doen nie, soos ek nie afstand van my huis wil doen nie. Maar ek besef die druk word al hoe groter vir ‘black land and black empowerment’ wat beteken dit is beslis in die pyplyn. As ek nou ‘n billike prys vir my huis aangebied word en jy ‘n billike prys vir jou plaas, GLO ek sal ek laat gaan en moet jy ook laat gaan. Ja dit het komplikasies, van waar kry jy weer werk, MAAR of jy verkoop nou en kry ten minste iets om weer vir jou ‘n blyplek erens te koop, OF dit word gewelddadig van jou afgeneem word en jy sal dalk nog met jou lewe ook boet. Om Zimbabwe as as ‘n voorbeeld te noem is nie so vergesog nie.

piper ·

wat word van die verband op die plaas as hy gevat word. as ek n boer was het ek aansoek gedoen vir die grootste verband moontlik.

Wie het gesteel? ·

Ek is nou nie ‘n akademiese reus nie maar WAT gee jou eienaarskap van ‘n grond of plaas? ‘n Titelakte. Hoe verkry jy die Titelakte? Jy KOOP grond/huis met GELD/lening en daarna word die eiendom in jou naam GEREGISTREER. Watter land wat GEREGISTREER was in ‘n swarte se naam dmv ‘n titelakte is deur WITTES afgevat? Die feit dat jy PLAK op ‘n stuk grond beteken NIE jy is die eienaar nie. Die feit dat jou OUPA geplak het op ‘n stuk grond beteken nie HY is die eienaar nie. Soos ek nie die eienaar is van die hospitaal waarin ek gebore is nie is JY nie die eienaar van die plaas waarop jy gebore is nie. Selfs al was jy EERSTE hier, eerste is wanneer? Adam en Eva se tyd, ‘n bietjie daarna, voor kolonialisasie, na kolonialisasie. Voor Jan van Riebeeck of NA Jan van Riebeeck. Voor apartheid of na apartheid WATTER grond behoort aan ‘n SWARTE dmv ‘n TITELAKTE, en WIE het dit van jou afgeneem? Ek weet daar was altyd ‘n Distrik 6 storie, maar het dit werklik aanvanklik BEHOORT aan die mense (dmv registrasie)? Dit is in elk geval nou TERUGGEE, maar die konsep van eienaarskap ontbreek steeds by die MASSAS!

PvZ ·

Ek kan ook maar net my kop skud. Die ANC/EFF/Ens. is baie slim. Slimmer as ons. Hulle kry dit reg om massas op te sweep. “Vat grond sonder om te betaal”. Nou is die massas opgesweep. Maar nou moet hulle die Boere kalmeer. ‘n Kommentaar van ‘n junior ANC lid, is al wat nodig is. Hy sê die grond gaan nie gevat word sonder vergoeding nie. Nou is ons rustig. Dankie tog.. Ons roem altyd dat ons die hond is, en nie die stert nie. Maar wragtig, die ANC weet presies hoe om ons te speel.

PvZ ·

En nog ‘n ding. Hoekom raak ons rustig oor “onteiening met vergoeding”. Besef ons nie dat ons seuns nie gaan boer nie. Daardie “nuwe” boer, gaan voer, en trekkers by sy “tjommies” koop. Sy rekenmeester gaan nie jy wees nie. Al onteien hulle met vergoeding, trek hulle ‘n ekonomiese streep, waaroor ons nageslagte nie kan gaan nie. As ons nie die streep gaan trek met die plase nie, is die besighede volgende. As ons enige toekoms in SA wil hê, moet ons nou wakker skrik, en sê NEE.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.