‘ANC-transitorower’ hoor oor borgtog

Errol Velile Present. (Foto: ANA)

ʼn Voormalige werknemer van die ANC wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn transitorooftog, se aansoek om borgtog is toegestaan weens ʼn tekort aan bewyse.

Errol Velile Present (33) het Maandag in die Roodepoort-landdroshof verskyn waarna hy borgtog van R4 000 toegestaan is.

Landdros John Baloyi het verlede week die staat se saak as swak bestempel nadat hulle volgens hom nie daarin kon slaag om te bewys dat Present en sy medebeskuldigdes, Itumeleng Manama, Zakhele Zondi en Bheki Biyela, wel verantwoordelik was vir dié transitoroof nie.

Maroela Media het vroeër berig al vier mans staan tereg op ʼn aanklag van roof met verswarende omstandighede rakende ʼn transitorooftog wat op 4 Julie in Dobsonville, Soweto, plaasgevind het. ʼn Bedrag van R220 000 is tydens die rooftog gesteel.

“Die staat het versuim om tasbare getuienis aan te bied,” het Baloyi gesê.

Volgens Baloyi kon die staat se getuies nie tydens ʼn uitkenningsparade daarin slaag om die beskuldigde op die toneel van die misdaad te plaas nie.

Manama, Zondi en Biyela se aansoeke om borgtog is ook toegestaan.

Baloyi het verder gesê daar is geen beeldmateriaal van die voorval beskikbaar nie, die bloedmonsters wat uit die voertuig geneem is kon nie aan die beskuldigdes verbind word nie en daar is ook geen geld en vuurwapens in die beskuldigdes se besit aangetref nie.

ʼn Gesteelde Volvo en Ford Ranger is na bewering as wegkommotors gebruik waarmee die rowers met ʼn beraamde bedrag van R200 000 op vlug geslaan het.

Die ondersoekbeampte, kol. Solomon Mabasa, het tydens sy getuienis verduidelik dat Present en sy medebeskuldigdes wel in een van dié voertuie gery het.

Die beskuldigdes is in Julie in hegtenis geneem en daar is op vier gekaapte voertuie beslag gelê.

Die saak is tot 30 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hennie ·

Mooi so. So jy word gevang in n voertuig wat gebruik is in die rooftog maar jy kan nie verbind word met die saak nie??? Ja nee lekker om voor gesorg te word terwyl die land onder gaan as gevolg van sulke sake waar die beskuldige nie verbind kan word nie volgens die staat!!! Wonder hoe lank die sous trein nog gaan kan ry!

James ·

Hy lyk nogal trots op homself op foto. Maar ja is dit hoe die ANC dalk in stilte geld bymekaar maak vir verkiesing volgende jaar?

Annette ·

Dit is verskriklik om so rooftog te beleef my kind was Mei in ‘n transitoroof hy is as dood by ‘n brug afgegooi die firma vir wie hy werk het net ‘n agter band van hulle voertuig verloor nie een van die bemanning of geld nie dit is hartseer hoe hulle hom nou behandel terwyl hy erg in trauma is en ek weet nie waar om hulp te vra om my kind te help nie hy gaan deur hel en het ‘n gesin om voor te sorg en die ergste is dit is blanke mense wat dit aan hom doen dit is hoekom ek glo misdaad maak nie saak in wat se form nie het nie ‘n kleur nie vir die wat vir eerlikheid staan is daar nie hoop, hulp of plek nie

tamboti ·

So die regter is glad nie bekommerd oor die gekaapte voertuie wat in die beskuldiges se besit gevind is nie! Verder kan die SAPD ook maar net nie die mas op nie.
Ag sal hom seker maar ‘n volgende keer, of tien verder, weer vang en weer los.

Ag tog ·

JANEE die regstelsel is deesdae net so bevooroordeeld en partydig en useless soos die polisie ..

AW ·

“Most of the research thus far referred to, supports the averment that the police cannot prevent crime, at least not in a direct or primary capacity. Williams and Wagoner (1996:521) even go as far as stating that “there is sufficient evidence to support the assertion that any reduction of crime must come from outside the police” . (Page 62 & 63)

“The answer lies in a multidimensional and multi-agency approach, involving all stakeholders, from national (government) to logal government level, and including nongovernmental interest groups. (Page 63)

“Irrespective of the police’s position on the issue of crime prevention, it is clear that there is not much the police can do in any direct or primary sense to prevent crime and certainly they should not lead any coordinated effords aimed at preventing crime.” (Page 63 & 64)

Strategic perspectives on CRIME and POLICING In South Africa (Johan Burger- 2007)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.