ANC ‘uit voeling’ met realiteit van mislukte plaaslike regering

Argieffoto van riool wat in ‘n straat in Tswaing afstroom.

Die VF Plus sê die ANC se skokkende onbevoegdheid en minagting vir die erns van die ineenstorting van plaaslike regering in Suid-Afrika, is onderstreep deur die departement van samewerkende regering se versuim om enige verteenwoordiger te stuur na die parlement se portefeuljekomitee-vergadering vir samewerkende regering en tradisionele sake. Die vergadering is in sy eie gebou in Pretoria gehou.

“Die departement het boonop nog nie eens in hierdie laat stadium sy jaarverslag voltooi nie, aangesien sy finansiële state laat by die ouditeur-generaal (OG) ingedien is vir die jaarlikse oudit,” het Michal Groenewald, die VF Plus se woordvoerder oor samewerkende regering, Woensdag gesê.

Dit dien opnuut as bewys dat die regering nie ernstig is oor plaaslike regering nie en dat sy verskoning dat alle probleme by plaaslike regerings van apartheid geërf is, van alle waarheid ontbloot is. “Die probleme is hoofsaaklik te wyte aan die ANC-regering se onbevoegdheid en die afbreek van plaaslike regeringstelsels en -strukture weens regstellende aksie, kaderontplooiing, korrupsie en bedrog.”

Die VF Plus sê die departement se optrede – deur nie self voor die komitee te verskyn om verskoning te vra nie – grens aan arrogansie en ʼn minagting van een van die grootste krisisse wat die land in die gesig staar in die vorm van plaaslike regering. Hy sê dit is ook niks anders nie as die ondermyning van die betrokke komitee.

“Dit is duidelik dat die ANC op alle vlakke van regering bloot krisisbestuur toepas in Suid-Afrika en nie optree in die beste belang van die belastingbetaler nie. Die VF Plus sal aanhou om die regering se foute bloot te lê sodat die kiesers ʼn ingeligte besluit kan neem met die plaaslike verkiesing in 2021,” het Groenewald gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Hulle kan nie eens n Taxi bestuur nie, wat nog plaaslike regerings en verder boontoe waar alles wat in die gemors of moeilikheid is, mos as “uitdagings” beskou word! Die a en see ken van uitspan, en die wa voor die perde span = 10 uit 10 daarvoor. Al wat die afgelope 25 jaar uitgebou is, is die Elle lange Soustrein!!!

Chris ·

Baie geluk aan my Alma mater met die verjaardag. Graag wys ek op die verlede nie om daar te bly nie maar op die ANC se onvermoe en verwyte in plaas daarvan om na die swak kader ontplooing te verwys by munisipaliteite .Waar is die opgeleide studente aan die PU vir CHO

aj ·

Welgedaan VF+!

Julle kry my stem in 2021!

Neem leiding met ‘n alternatiewe belasting invordering stelsel vir disfunksionele munisipaliteite. Die alternatiewe (belasting) fonds kan dan gebruik word deur vrywillers om mee dienste te lewer aan die betalende buurte!

Doen dit SELF!

Kerneels ·

Die VF+ praat te veel, en doen niks. Jou voorstel gaan tot chaos lei.

Piet left the Building ·

Daarom het ek die hool verlaat. SA kan nie meer gered word nie.

Chris Ws ·

Na 25 jaar van ploeg met “apartheid” se sukses en opgeboude finansieele krag is die ANC se dae getel.Hulle weet nie wat om hulle aangaan nie!

Jerry ·

Die ANC is nie uit voeling met mislukte plaaslike regering nie, die ANC wanbestuur alle vlakke onder die topvlak doelbewus. Dit skep aanhoudend die klimaat vir politieke opportunisme en uitbreiding van kaderstrukture. Blaam en druk word verplaas na enigiets wat nog verander of getransformeer moet word. Mislukte plaaslike regering word dus gereken n rewolusionere sukses vir die ANC. Onthou dat die ANC van bo tot onder ideologies verbind is tot korrupsie en nasionalisering vir n kapitalistiese sosialistiese staat!

Kolle ·

Jy praat reg Jerry. Meeste mense wil dit nie hoor en nog minder glo. Baie nare waarheid.

Suzette Geringer ·

Ek stem saam Jerry. Die ANC is presies op koers – soos hulle beplan.

Leon ·

Onthou, die ANC kom altyd eerste. Dan kom die ANC volgende en dan einde teen laaste kom die ANC laaste. Die land tel nêrens in hulle boek nie en die bevolking bestaan ook nie ny hulle nie. Die ANC is koning an die ANC is bo-aan die lys. Die ANC is die god wat die ANC en sy volgelinge aanbid.

Stoffel ·

Ja almal praat maar gaan ry op die M4 tolpad tussen Pretoria wes an Pelindaba dan ruik jy net sewerage van die vleie en spruite, waar is omgewings bestuur. uit breek van siektes en peste is ons voorland

Miggie ·

Ek dink min mense besef hie naby SA se munisipaliteite is om in duie te stort, is skoon water, goeie riooleering en vullis bestuur vir die toekoms veseker en indien nie wat is die gevolg, ekonomies, gesondheid en oorlewing in bedreiging. ANC skep met elke geleentheid n naratief dat dit apartheid se “legacy” is dat Munisipaliteite verval, geluk VF Plus, spyker is op die kop geslaan

KrokodilBotha ·

ANC is soos n dwelmverslaafde, geen hoop. Moet eers in sy eie braaksel verdrink. Laat hulle aanploeter.

Matt ·

Hulle het werkende, suksesvolle en vooruitstrewende munisipaliteite en dorpe oorgeneem, die name verander an dit toe tot bankrotskap en verval bestuur. Die munispale besture word met heksery gedreig as hulle teen oortreders wil/gaan optree…… en dus tree hulle nie op nie!!! En dan sê hulle hulle is geleerd en het grade en wie weet wat als. Hulle kom vinniger tot ‘n val as wat hulle gedink het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.