ANC van ‘dubbele standaarde’ oor kwalifikasies beskuldig

(Argieffoto)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Dinsdag die ANC uitgedaag om ’n dringende oudit van die kwalifikasies en bevoegdheidsvlakke van munisipale bestuurders en senior amptenare in ANC-beheerde munisipaliteite te doen.

Dít nadat die regerende party bekend gemaak het dat hy strafregtelike klagte teen JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid in die Kaapstad-metro, aanhangig gaan maak vir die beweerde wanvoorstelling van sy kwalifikasies.

News24 het verlede week berig die DA het ’n ondersoek na Smith se kwalifikasies gelas nadat hy op sy CV aangedui het dat hy ’n honneursgraad in Engels aan die Universiteit Stellenbosch (US) verwerf het. Daar word nou beweer dat die burgemeesterskomiteelid nooit dié graad voltooi het nie.

Volgens Helen Zille, die DA se federale voorsitter, is die bewerings nog nie as feite bevestig nie.

Johan Kruger, AfriForum se hoof van gemeenskapsontwikkeling, meen die ANC moet eerder sy eie huis in orde kry.

“Natuurlik moet die Smith-kwessie ondersoek en stappe gedoen word indien nodig. Dit moet egter nóg belangriker vir die ANC wees om te ondersoek of munisipale bestuurders en senior amptenare voldoende kwalifikasies het en voldoen aan die bevoegdheidstandaarde om die poste te beklee waarin die ANC hulle aangestel het.”

Kruger verwys na ’n onlangse verslag van die onafhanklike komitee van ondersoek rakende die stand van munisipaliteite in Gauteng, wat toon dat tot 28% van senior amptenare in Gauteng nie aan bevoegdheidstandaarde vir hul ampte voldoen nie.

“Die ANC moet ook die hand in eie boesem steek en met dieselfde ywer die kwalifikasies van ANC- munisipale bestuurders landwyd oudit. Die ANC het ’n jammerlike baanrekord wanneer dit kom by optrede teen amptenare wat nie voldoende vir poste kwalifiseer nie. Daarvan is dr. Pallo Jordan en Hlaudi Motsoeneng se wanvoorstelling van kwalifikasies, sonder enige gevolge, twee onlangse voorbeelde.”

Volgens Kruger is die hoë persentasie amptenare wat volgens die verslag nie aan bevoegdheidstandaarde in senior finansiële en bestuursposte voldoen nie ’n skreiende skande.

“Een van die vernaamste oorsake vir munisipale verval en vrot dienslewering is ’n gebrek aan kritiese vaardighede en bevoegdheid binne munisipaliteite. Belastingbetalers het genoeg gehad van goedkoop politiek en kaderontplooiing ten koste van gemeenskappe se reg op dienslewering.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Keith ·

We hear about qualifications needed or required… by whom and for what… and what qualifications for which jobs … and where ? I’ve always understood that its a free for all “our people” and as long as you are an ANC member with the correct colour skin, and you arrive by 8am and leave at 4.30 pm the job is yours. Can someone in authority please lay this irritating subject to rest ? ! Tells us what qualifications are required to secure a job in each municipal post, at the municipalties. Or wherever. In parliament you don’t need a qualification (so don’t LIE if you don’t have one) , you only need enough votes and a big mouth to carry you through your term of office.

Elinette ·

Keith, the only “qualifications” that you need to be of the CORRECT skin tint. You do not necessarily need to be able to do the work, to be honest, hardworking, dedicated, knowledgeable, intelligent, qualified (and hereby I mean schooled) whatsoever. You just need to vote ANC or be a member of the ANC. The “rest” can be ‘taken care of’ as we have seen with many cadres, whose ‘qualifications’ were cooked-up.

Boerkind ·

Politiek is een groot bedrogspul! ‘n Sirkus vol narre, leuenaars en diewe…

Persheks Adri ·

Kyk sommer of die ANC ooit kwalifikasies het om in hulle poste te wees gggmmmfff die antwoord is klaar nee net kader ontplooiing niks anders nie!

Dries ·

ANC kwalifikasie vir enige bestuurspos is alleenlik afhanklik van die feit dat hy n kader moet wees. Dit is genoeg vir hulle. Siek spul

JohanR ·

400 5 percenterS, 300 10 percenters, 150 15 percenters, 50 20 percenters, 30 25 percenters, 15 30 percenters, 10 35 percenters, 5 45 percenters, 3 60 percenters……en dan NIKS, absoluut NIKS – net wind en ‘n HOED!

jzjz05 ·

Julle verstaan nie ,daar is n skrif vir ANC lede “(kaders)” en n skrif vir alle ander lede van ander partye.as jy koerrup en onbevoeg is en n ANC kader is is jou CV 100%

Andre ·

Ons moet maar net n punt daarvan maak om elke aanstelling se kwalifikasies te verifieer, ongeag vir wie jy stem. Ek kan nie glo dat inteligente mense sulke foute maak nie, of is hulle nie so inteligent soos hul voorkom nie. SAQA kan gerus n rolspeel hier in plaas van om net geld te kollekteer, anders moet hul ontbind, dien geen doel nie

Dirk Mostert ·

Waar het die doktore in die kabinet hul grade gekry? Op die internet?

Nie Verbaas ·

Daar is n paar feite wat na gekyk moet word. By watter instansie is die graad verkry? Is dit op eerlike wyse verkry? Wat was die slaagpunt wat die persoon gekry het? Besit die persoon die logiese denke om die toepassing daarvan in die ekonomie te verstaan? Dit is waar die groot probleem le.

Johan ·

JP Smith is ń uitstekende werker,met of sonder ń nuttelose H’graad in Engels,los hom uit sodat hy sy goeie werk voortsit. Hy is goud werd!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.