ANC vasbeslote om Kaapstad-metro te wen

Argieffoto

Argieffoto

Die ANC is vasbeslote om vanjaar die verkiesing in al die munisipaliteite en metro’s in die plaaslike regeringsverkiesing te wen, insluitend die Kaapstad-metro wat tans deur die DA regeer word.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê die nasionale uitvoerende komitee (NEC) se lekgotla het beklemtoon die ANC kan die probleme in die land konfronteer.

“Vanjaar moet ons pogings daarop fokus om die voordele van die “Terug na die Grondbeginsels”-program te konsolideer en sodoende groeiende en volhoubare plaaslike ekonomieë te skep. Die ANC is vol vertroue dat ons al die metropolitaanse munisipaliteite wat ons tans regeer, sal behou en ons sal veg om die Stad Kaapstad te wen,” het Matashe Woensdag gesê.

Die NEC se lekgotla is oor drie dae gehou. Mantashe het gesê werkskepping en volhoubaarheid is sleutelprioriteite vir die ANC. “Ons aanvaar die uitdagings wat spruit uit ʼn wêreldwye swak ekonomiese klimaat, die druk op ontluikende markte en sukkelende ekonomiese groei en weet beduidende optrede word van die regering verwag om die ekonomie inklusief te laat groei en die moontlikheid van ʼn kredietafgradering te vermy.”

Mantashe het die DA gekap oor hul optog teen werkloosheid in die Johannesburgse sakesentrum Woensdag en het gesê die opposisieparty is nie gepla met werkskepping nie.

“Hulle is nie bekommerd oor werk nie, hulle beskerm bloot kapitaal. As hulle regtig op werk gefokus het, sou hulle na die Kamer van Mynwese en Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel gestap het en gesê het, ‘Julle besit 70% van die ekonomie; julle moet duidelike programme vir werkskepping hê’,” het Mantashe gesê.

Die NEC het ook breedvoerig gedebatteer oor die onlangse opkoms van rassisme en die feit dat rassistiese individue skynbaar meer gewaagd raak in die Suid-Afrikaanse samelewing. Die party het weereens sy historiese missie beklemtoon om ʼn gelyke, nie-rassige, nie-seksistiese, demokratiese en vooruitstrewende samelewing te skep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

alida ·

Hulle het ‘n hoop in die hel. Sal nie gebeur nie. Die massas in die Kaap het verstand !!!

Riaan ·

Die dag wat die ANC Kaapstad vat wys ek vir julle n drie rand noot.

Hein ·

Bart sal nie verbaas wees as die DA die Wes Kaap verloor nie. Niemand kan se nie. As die ANC se wegbly stem hierdie keer stem, wen die ANC ver. Dan het baie mense hulle stem verkoop aan die DA se lensiesop.

braam ·

Die ANC het 20 jaar gelede werk belowe en met elke verkiesing belowe hulle weer. Die werk wat hulle skep is vir hulle pelle en familie soos Fransman maak. Bly maar weg uit die Kaap want na Vyfjaar sal julle selfs Tafelberg vernietig en weg gedra het.

Berhalet Beukes ·

Ja Mantashe… Julle sal graag die Kaap ook wil hê om soos die res van Suid-Afrika, tot in die grond toe af te breek! Klim in jou luukse voertuig, waarvoor ons betaal, sit ‘n bril op sodat hy ordentlik kan sien en gaan ry in die stede rond… Dis vieslik vuil, vol al wat ‘n buitelander is wat dwelms verkoop, vol kapers, verkragters, moordenaars! Jy, wat so braaf is sal hierdie waag om alleen in die middestad van Pretoria of Johannesburg met jou luukse motortjie te ry nie want jy weet… Dis onveilig…. Jou ANC bestaan uit ‘n histeriese spul blanke hatende individue wat nie eers wat hoe om ‘n land skoon te hou nie, allermins regeer. Wil jy beslag lê op Tafelberg en vir jou ‘n huis daar bou? Wil julle volmag hê om ook die Kaap se koffers leeg te steel? Ek weet daar is ‘n God en ek hoop uit die diepste diep van my hart dat hy jou en al jou skelm, agterbakse maters met ‘n helse slag terug aarde toe bring! Jy kan alles vat, Kaapstad, ook… Jy kan nie ons geloof of ons gebede wegneem nie!

Francois le Cochon ·

Ja ANC, ….”there is a fool born every minute, catch him”. Die Wes-Kaap het baie min hiervan.

Lionel ·

Hulle hou nie daarvan om verkeerd bewys te word nie. Kyk na die optog van die Da,vreedsaam. Hulle sn is eerder” wreedsaam”

DPJ ·

Een vaksie skree rassisme, ander skree werk kepping.
Hoeveel het al van hulle beloftes het tot uitvoering gekom in die 22 jaar van regerindm? Elke keer word beloftes herhaal en herhaal.
Ha, Ha, Ha.

Berhalet Beukes ·

En intussen staan ons almal gebukkend onder die huidige ekonomiese toestand van ons land… Leë beloftes wat net nooit vervul word nie.

Frederiks ·

Moeilik om in te sien watter soort SA Mantashe nou eintlik wil hê.
Hy wil ‘n gelyke, nie-rassige demokratiese SA skep, maar sonder Wittes & Bruines. Kom ons hoop dat hy wil afstig!!

Riaan ·

Die dag wat die ANC Kaapstad vat wys ek vir hulle n drie rand noot.

frans ·

die meeste werk word geskep deur kleinsake, nie deur groot maatskappye nie. die feit is wel bekend behalwe in sekere kringe.

simla ·

Ja, en alles gaan in die stryd gewerp word. Beskuldigings van rassisme (wanneer daar meer rasiste in die Anc is, ens. Die DA sal nou sterk moet staan en terugkap dat die Anc van hulle rassiste ook ontslae raak. DA moet gereed maak vir n velle stryd….Hulle mag nie nou swak vertoon teenoor die Anc nie.

johan ·

Nee wat anc. Julle dae is verby. Julle is geweeg maar te lig gevind.

Fanie Meintjes ·

Net as hulle dit Zimbabwestyl doen. Hulle mag dalk eerder setels verloor. Maar nou ja, hou die mense wat vir jou stem dom, wek rassisme net voor die verkiesing, maak vals beloftes soos voorheen, gee die mense ‘n T shirt en kospakkie, hopelik nie gekoop met staatsamptenare se pensioenfonds gelede nie, en wie weet, dalk wen die ANC plan. Maar ek twyfel.

Oom Boer ·

Die cANCcer sal bitter graag die Kaap wil oorheers en binne 2jaar is dit net nog ‘n verlore Provinsie en geen Toeriste aantreklikheid nie, Die dag wat die Kaap oorgegee word sal dit seker hernoem word, die visserye sal die gebied moet verlaat, Tafelberg is ‘n squatter en die diens verrigtinge waarvoor die Kaap nog voor uitstaan op alle vlakke sal verswak. Dalk moet die hoogwaardiges wat so van die platform af gedurig werskepping skree hul hand in eie boesem steek en van die miljoene wat hul jaarliks met bonusse toe-eien maatskappye begin stig en werke skep om die daad by die woord te voeg.

Trolle ·

Ja hier is nog n paar minisipaliteite wat julle kan op neek in die Kaap hopenlik sal julle dan gelukkig wees en ophou om goed uit te brand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.