‘ANC verantwoordelik vir Eskom-skuld’

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Die VF Plus het Maandag gesê dit is die ANC se skuld dat talle munisipaliteite nou beurtkrag moet ervaar omdat hul Eskom-skuld nie betaal is nie, aangesien die regerende party “ʼn kultuur van wanbetaling begin het”.

“Die ANC moet volle verantwoordelikheid vir die situasie aanvaar, aangesien dié party die kultuur van wanbetaling begin het en nou nie daarin kan slaag om dié kultuur om te keer nie,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, in ʼn verklaring gesê.

Volgens Groenewald is die beurtkrag, wat nou by hierdie munisipaliteite toegepas gaan word, onregverdig teenoor inwoners wat wel hul kragrekeninge betaal. “Die betrokke uitvoerende burgemeesters en munisipale bestuurders se salarisse moet opgeskort word vir elke maand wat beurtkrag toegepas word,” het hy gesê.

“Dit is weens die onbevoegdheid van juis die burgemeesters en munisipale bestuurders dat hierdie situasie ontstaan het en die invordering van agterstallige dienstegelde behoort hul prioriteit te wees om te verseker die betalers van dienstegelde kry wel hul dienste.”

Groenewald het beklemtoon die totale uitstaande dienstegeld van die munisipaliteite beloop reeds meer R110 miljard, maar die regering doen nie iets om in te gryp nie. “Indien die salarisse van burgemeesters en munisipale bestuurders teruggehou word, sal hulle hul werk begin doen en seker maak dienstegelde word ingevorder en diensverskaffers soos Eskom word betaal.”

Maroela Media het vroeër berig munisipaliteite in die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap is tot vandag tyd gegee om hul agterstallige Eskom-skuld te betaal of ʼn betalingsooreenkoms met die kragverskaffer te sluit. Indien hulle versuim om dit te doen, sal hul krag afgesny word.

Eskom het Sondag aangekondig vyf van ʼn reeks munisipaliteite het reeds ʼn ooreenkoms met die kragverskaffer bereik. Teen Maandag het nog drie munisipaliteite die veilige lysie gehaal.

Eskom het ooreenkomste bereik met Nketoana (Arlington, Lindley, Petrus Steyn en Reitz), Nala (Bothaville, Wesselsbron), Tokologo (Boshof, Dealesville en Hertzogville), Mantsopa (Excelsior, Hobhouse, Ladybrand, Thaba Patchoa en Tweespruit), Dihlabeng (Bethlehem, Fouriesburg, Rosendal, Paul Roux, Fateng-Tse-Ntsho, Panorama en Groenvoerlande), Masilonyana (Theunissen, Brandfort, Winburg en Verkeerdevlei) die Walter Sisulu-munisipaliteit (Aliwal-Noord, Steynsburg, Burgersdorp, Venterstad en Jamestown) en Mamusa (Schweizer-Reneke) in Noordwes.

Lees die vorige berigte oor Eskom op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Basjab ·

Wie het gedink die ANC gaan pa staan vir die munisipaliteite se reuse agterstallige skuld aan Eskom. Dink weer. Al die getroue betalers wend hulle nou tot die aankoop en installasie van kragopwekkers. Al die aankope en installasies is onderhewig aan BTW. Dit is n lekker inkomste vir die staatskas. En raai wie trek die voordeel daaruit. Defnitief nie die mense wie nou moet sukkel sonder elektrisiteit nie. Net nog n manier om belasting betalers nog meer te belas. BTW Belasting Teen Witmense

Hennie ·

Dankie Pieter, dis hoogtyd dat die waarheid gepraat word. Moenie ophou om dit te herhaal nie.

Boerehart ·

Burgermeesters se salarisse kan nie terug gehou word nie. Die gemors is nie hulle skuld nie. Dis als van Riebeeck se skuld. Om skuld te betaal is mos kolonialisme. R9 van elke R10 kan ook nie oorbetaal word nie want anders is daar minder oor om te steel

Johannes van Rooyen ·

Dis ñ hele ANC belofte/bedrog spul almal is met almal tjommies almal ken mekaar se skelmstreke niemand kan niemand split nie ANC skep nie betaal kultuur jare terug al mense tree nou op soos hulle jare lank geleer is nou kla die ANC oor hulle eie maaksels wat nie wil betaal nie munisipale werkers ingesluit wat verantwoordelik is vir betalings

willie ·

Nee wat, koop eerder die duurste motor en vergeet van verantwoorbaarheid! Woorde kan hierdie gedrag nie beskryf nie!

Simon ·

Verantwoording doen is die nuwe woord in die ANC woordelys. Die bewus wees van die betekenis moet nou getoets word.

n Voorstel van n metode om dit te bereik sou bv vir die betalende inwoners wees om n klasaksies te begin om gepaste strafaksies teen burgemeesters en munisipale bestuurders in te stel om hulle bewus te maak van hul verantwoordelikhede volgens die definisie van die woord.

Raai Raai ·

Hoekom bly ons, die water en ligte by die munisipaliteite betaal, want hulle steel dit. Hoekom kan ons nie by Eskom betaal nie.Laat ek julle vertel ons burgemeesterres was n rak pakker by een van ons kettingwinkels waar ons kos koop.

WW ·

Dit is tog die enigste logiese oplossing! Betaal direk aan Eskom en klaar.

Bella ·

Dus so onregverdig teenoor die verbruiker wat getrou sy munisipale rekening betaal asook die verbruiker wat krag loop en ook krag onderbrekings het. Dus n hartseer storie!!!!

Lance ·

Presies dit is die anc se skuld vir die gemors …so hoes maar en betaal …die dae van kry en kry is verby want die wat kon en wou help is of weg of se beld is self baie styf …so betaal maar asb soos die res

Johan ·

Die probleem is die ANC beheerde municipaliteite is te bang om die krag rekeninge in te vorder vand diegene wat nie betaal nie want dit word gebruik as deel van hulle herverkiesings veldtog. Want sou hulle dit invorder sal hulle nie herverkies word nie.

Jan maak n Plan ·

Aaag die ANC mors mos nou nie so baie nie. Ek meen in Vryburg ry van die verkeers polisie met die duurste BMW’s en Mercedes Benz’e vir patrollie voertuie rond. En hulle kan nie vir Escom betaal nie. Regte Banana Republic.

Ronel ·

Maar o weeeee. As dit kom by verkiesings stem die wat die meeste hieronder ly maar net weer vir die party wat so met hulle mors. Kan iemand die asb aan my verduidelik? Eks klaarblyklik te dom om dit te verstaan…

Gert ·

Wil julle nou weer die plaaslike Nando’s, wat aan een van die raadslede behoort, laat bankrot speel as die munisipaliteit nie meer elke dag sy R10 000.00 se Nando’s koop nie. Julle gun ook nie die ANC entrepreneurs hulle deeltjie nie

John ·

Die kindertjies in die huis doen nes pappa en mamma en ouboet en oumakie met die duur nose-job vir ‘n ‘ever-ever-young-look’ en haar drome vir ‘n hogere joppie in ‘parlement’. Eskom gee die’ land gryshare op 23…

callie ·

Gaan kyk net hoeveel miljoen skuld die staat vryburg munsipaliteit vir krag. So munsipale bestuurder wat anc is tree op soos sy anc regering. Die swart woongebied Huhudi het krag. Hy betaal glo aan Eskom. Maak daar nie saak hoeveel is hulle agterstallig nie.Almal van julle wat nou saam met wittes in wit gebiede bly, welkom in land van die ANC

Sonskyn ·

Oplossing: finansiering moet aan mense gebied word om teen hulle huidige eskom rekening sonkrag aan te koop. Dis baie eenvoudig. Ons het nie meer eskom nodig nie.

Pieter ·

Wat van Zimbabwe en Mosambiek se skuld aan Eskom? Gaan Eskom ook die lande se krag toevoer inkort? Dit sal interessant wees om Eskom se debiteure van instansies te siene te kry.

Alida ·

Eskom het baie om te verduidelik. Sny die munisipaliteite wat nie betaal nie se krag af. Jammer vir die mense wat wel gereeld betaal maar dan moet hulle die ANC raadslede aanvat want dit is net ANC gebiede waar dit gebeur. As Zim en Mosambiek nie betaal nie sny dit af. Dit is maklik. AS hulle Zim se krag afsit moet hulle sorg dat ou Mugabe ook in die donker sit. Sy mense is reeds besig om dood te gaan van die honger miskien gaan die fossiel se oe dan oop. Hierdie kultuur van nie-betaal nie moet nou stopgesit word.

Scalla ·

Ek koop my pre paid krag by die plaaslike supermark maandeliks, waarheen gaan die geld dan, dit moet mos oorbetaal word direk aan die verskaffer.

Johannes Meintjes ·

Te midde van wisselvallige internasionale ekonomiese prestasies en onseker voortuisigte, en die korrupte kultuur wat in so baie opsigte in die Nuwe SA heers, is dit my mening dat die hele munisipale bestuurs en verantwoordelikheidsstrukture spoedig aangepas word vir effektiewer administrasie en dienslewering. Amptenary moet effektief verantwoordelik gehou word vir staatsadministrasie op welke vlak ookal. Die tendens in SA om die burgery te laat boet vir talle ongeregtighede, hetsy die Gauteng e-tol, swak munispale administrasie, gesondheid, opvoeding, padveiligheid, misdaad of wat ook al! En medeburgers in SA, – kom ons oorkom ons apatiese lamsakkigheid of geestelike wegkruiper-speletjies en benut beskikbare strukture om te kan inspraak lewer ter wille van effektiewe selfbestuur op plaaslike vlak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.