ANC verban term ‘witmonopoliekapitaal’

Paul Mashatile. Foto: 123people.com

Die ANC in Gauteng het die term “witmonopoliekapitaal” verban omdat dit glo ʼn populistiese term is wat net vir politieke gewin gebruik word.

Paul Mashatile, ANC-voorsitter in Gauteng, het Sondagaand tydens die afsluiting van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee (PUK) se beleidskonferensie gewaarsku ANC-lede moet versigtig wees oor die gebruik van “konsepte en taal om politieke argumente te bevorder”.

“Ons [PUK] het saamgestem die ANC sal aanhou veg teen wit oorheersing en ander vorme van oorheersing in ons samelewing. Ons het ook saamgestem dat monopoliekapitaal die vyand van die demokratiese revolusie bly. Ingevolge hiervan het hierdie konferensie dit duidelik gemaak daar is nie iets soos witmonopoliekapitaal in ons woordeskat nie,” het Mashatile aan die afgevaardigdes gesê.

Die PUK se konferensie is gehou in aanloop tot die ANC se nasionale beleidskonferensie einde vandeesmaand.

Mashatile het gesê die gebruik van hierdie slagspreuke is populisties en sal verwarring in die organisasie saai. “Kom ons maak staat op behoorlike benamings soos ons nog altyd gemaak het en van geleer het oor die jare en gebruik ons eie dokumente van strategie en taktiek.”

‘Witmonopoliekapitaal’ is ʼn term wat gereeld gebruik word tydens politieke diskoers en verwys na ʼn minderheidsgroep wat steeds in beheer is van die land se ekonomie.

David Makhura, Gautengse premier, het gesê die term word deur sommiges gebruik as aandagafleier. “Die term word gebruik om die aandag af te lei van ernstige kwessies soos die staatskaping. Ons moet hierdie staatskapingkwessie takel omdat dit ons mense ondermyn,” het Makhura gesê. Hy het bygevoeg die oorhoofse gevolgtrekking van die konferensie was om eenheid in die party te bevorder omdat “dinge in die ANC nie oukei is nie”.

Volgens Mashatile is daar nie tydens die konferensie ʼn kandidaat bespreek vir die leierskapsposisie van die ANC nie. Hy het ook die gerugte dat adjunkpresident Cyril Ramaphosa se naam glo ter tafel gelê is en nie genoeg ondersteuning gekry het nie, verwerp.

“Ek het nie geweet mense is bang vir Ramaphosa nie. Ons het nog geen aankondiging gemaak nie en mense is reeds bang. Ons sal op die regte tyd praat en besluit,” het Mashatile onder luide toejuiging gesê.

Mashatile het ook gesê die Gauteng-tak sal ANC-lede van ander provinsies oortuig om na leierskapsposisies te streef. Die NUK kan nie “net uit een provinsie se mense” bestaan nie. “Ons wil gelei word deur die beste onder ons. Dié span moet Suid-Afrikaners inspireer en hul vertroue wen. Daar is goeie leiers in ander provinsies.”

Mashatile het in Desember al sy steun vir Ramaphosa getoon en verlede week by die Wes-Rand se beleidskonferensie genoem hy ondersteun Ramaphosa om pres. Jacob Zuma op te volg.

Tans is Ramaphosa en Nkosazana Dlamini-Zuma die voorlopers vir die ANC-presidentskap. Die ANC in Gauteng sal eers later vandeesweek sy beleidsvoorstelle bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

My bydra ·

Nou verban die witmense om belasting te betaal ook in hierdie land asseblief!! Verban die witmense ook om vir alles te betaal wat so geplunder word!!!

Johann ·

Ramaphosa is dan een van die voorbokke wat elke nou en dan na witmonopoliekapitaal verwys as hy van RET praat.

snoefie ·

is ramaphoza nie die een wat waarbord geen blanke gaan werk terwyl daar swartes werkloos is nie?

Elsabe Otto ·

Gee ons ons eie tuisland. Ons sal dit waardeer Dan is ons uit jul hare

Boela ·

Sal nie gebeur nie, Elsabe. Die wit tuisland (of Afrikanervolkstaat) sal op alle gebiede beter as die res van Suid-Afrika presteer (behalwe natuurlik ten opsigte van moord, diefstal, korrupsie, ens) en dan lyk die meerderheid darem heeltemal te vrot in vergelyking met die minderheid in die volkstaat.

AN ·

as jy wit tuisland wil he, waarom bly jy nie in Orania nie????

Theresa B ·

Ag siestog!! Klop julself tog op die skouer……………………….

Piet Pille ·

Ek wonder nou maar as dit nou nie vir wit entrepeurs se kapitaal is, waar sou die land nie gewees het nie. Dalk moet die ANC en EFF kyk na die swartmonopoliekapitaal wat in die kabinet blom nie. Begin by Zuma.

Koos1 ·

Hier is ‘n ANC leier wat sien hoe naby sy party aan die afgrond is! Met 2016 se verkiesings het hy 2 metros in sy provinsie (met slegs 3 metros) verloor. Probeer hy red wat te redde is, terwyl sy leier lekker voort plunder, keer hy vir sy eie paaltjies (of werk), of is regtig besorgd. Ek neem aan tyd sal leer?

Pieterlewismuts ·

SWART monopoliekapitaal is ernstig besig om RSA sterk ten gronde te dryf

al ·

Ek is baie bly dat hul die ‘wit monopoly kapitaal’ sien vir wat dit is: Snert. Ons is keelvol om as sondebokke uitgewys te word deur konsuis meer geld te hê as ons mede landgenote.

Magda ·

ASB verban – staats kaping / guptas / korrupsie / en los ons uit – gaan nie vir julle stem nie, maak nie saak wat jy se nie.

Willie ·

Dis tyd dat die witmonololy ophou gee… geldjie, werkie, kossie, skool goedjies, ents… ophou gemeenskap projekies vir die arme bloedjies… ons goed vir GEE, en dis ook al…

Riaan ·

Hierdie is nou goeie nuus. Met meer anc mense wat sulke standpunte inneem is daar hoop.

Verstom ·

Dan moet dié wat “witmonopolikapitaal” belasting betaal, maar seker ook ophou , want dit is mos witmonopolikapitaal. Hoe dan nou? Ai, die toktokkies woeker weer goed!!!!

pie in the sky ·

Wie de hel gee die ANC die reg om ‘n woord wat in Afrikaanse besit is, te verban? Waar is Vryheid van Spraak? Kan ons dan ook die terme Kill the Boer verban Mr Maskatile?

Johann Marx ·

Die ANC het in net 22 jaar “wit monopoliekapitaal” omskep in “Swart Monopoly Geld”….dis absoluut NIKS werd nie!! Ons soek nie ‘n “volkstaat” nie………….gee vir ons die voormalige TBVC state…..en onthef ons van alle vorm van belasting en BTW!! Ons sal OK wees daarmee…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.