ANC verbied joernalis oor omstrede twiet

Skermskoot van Carien du Plessis se Twitter-blad

Skermskoot van Carien du Plessis se Twitter-blad

Die ANC het Donderdag gesê hy gaan regstappe doen teen die vryskutverslaggewer Carien du Plessis, nadat sy ook verbied is om die party se 104 jaar-vieringe by te woon ná ʼn omstrede twiet.

“Ons is in gesprek met ons prokureurs om regstappe teen haar in te stel,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, gesê. “Enige regstappe, insluitend dat ons haar dagvaar.”

Die party het vroeër aangedui sy word verbied om die viering in Phokeng buite Rustenburg by te woon en haar akkreditasie is gekanselleer.

Du Plessis het geskryf: “Seems Rusty News Cafe will be a choice hangout for pantypreneurs and tenderpreneurs at this weekend’s #ANC104 bash.”

Die twiet het wye reaksie op Twitter uitgelok en talle persone het gesê die woord “pantypreneur” is seksisties en vernederend vir swart vroue.

Kodwa het gesê die ANC beskou die twiet as ʼn belediging vir die party en sy lede.

Du Plessis het later in ʼn twiet om verskoning gevra en gesê sy besef die woord “pantypreneur” was problematies.

Talle persone het Du Plessis ook verdedig en een persoon het aangedui dat ‘n ANC-lid reeds in 2012 die woord “pantypreneur” gebruik het en niks daarvan gekom het nie.

Du Plessis se omstrede uitlating kom in ʼn week waar rassistiese uitsprake op sosiale media skerp veroordeel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Zirk ·

Wat Carien uitlaat, is al 21 jaar lank ounuus. Dis standaard praktyk in die ANC dat mooi jong dames die helfte van hul salaris per maand asook ‘n vleisprys moet betaal om indiens geneem te word. Diesulkes wat dit nie geweet het nie, weet dit nou.

Boesman ·

Plaas ons treurige regering fokus op dit was saakmaak: Rand/Dollar, misdaad, droogte, plaasmoorde, ekonomie, werk skepping. Maar nee eish, die fokus is op standbeelde, vervolging (heksejagtery), blamering van apartheid 20+ jaar na dit afgeskaf is, en bedrog (nie die ondersoeking daarvan nie, maar wel die toepassing!!!). Ons kan maar net bid, bid, bid.

Willem ·

Jitte Steenkamp, ek het nou my vrek gelag vir jou kommentaar! Well done, gaan dit by jou steel!

WL ·

Dit is munisipale verkiesingsjaar en dit is duidelik die ANC se strategie is die skep van skeiding op ‘n rasselyn. Hul aantuigings oor beweerde rassisme gaan hierdie jaar net toeneem en toeneem.

Yahleda Ihlathini ·

Ek stem volmondig met jou saam. Daar is n wending in die politieke klimaat. Def iets aan die broei. Waarskynlik met die oog op die verkiesing en daarom is verdeeldheid hul trofkaart om n moontlike 2/3 meerderheid te behaal.. maar ons moet onsself afvra of dit wel die groter prentjie is en of hull n groter doel voor oë het. Dalk is die doel om die tyd van plaas besettings sonder vergoeding ens nader te bring of wie weet.. Wat dit egter is, is baie kommerwekkend

Griet ·

Carien, jy gaan tog niks mis nie – wat hierdie naweek bespreek gaan word, is maar dieselfde as verlede jaar, die jaar voor dit – ens. Waarom jou energie gaan mors op nonsense?

christine ·

WL rasisme gaan wereldwyd toeneem. Nie oor kleur nie. Elke nasie wil sy bloedlyne suiwer hou. Die ANC vlg inderdaad n stratigie, Carlien was ook al deur die DA se Helen Ziller getrap. Toe was sy ook ongelukkig die skuif, maak mens siek die hele storie seker as sy nie n vrou was nie was daar ook niks. Die ANC hou van parytjies uit die burgers se sakke. Ja ek dink eerder sys te na aan die waarheid. Nou trap hulle ook maar op haar, om DA guns sodat hulle nie later aan die DA vrae moet beantwoord nie, sien kruip vir SA.

XG ·

Lyk my ons sal ‘n “verbode woordeboek” moet publiseer en dit gaan ‘n groter woordeskat as die Oxford woordeboek bevat!

Peet Schabort ·

Ek het sedert 1994 alreeds ‘n hele klomp nuwe woorde bygeleer wat weens huidige omstandighede in die land gebruik moet word. Een van hulle is die vloekwoord RASSISME sodra jy nie saamstem met iemand of nie ‘n grap kan verduur.
Die gedeeltelike- of totale gebrek aan die sin vir humor is nou alledaags.
Die letterlike verstaan van spreekwoorde en idiome begin nou ‘n ernstige probleem raak.
Weereens is dit ‘n bewys dat die reënboognasie is wensdenkery. Gedwonge vermenging van kultuur kan net nie plaasvind.
Hopelik maak ek nie ‘n AAP van myself oor hierdie geskrewe.

chrisp ·

Nee man Thys dis 3 elk.
Die DA het mos nou onlangs drie uitgewys op hul kenmerkende histeriese manier.

vlinder ·

Huh….. Ek sien nie die rasisme in haar twiet nie. Ek dink ek is te dom om dit raak te sien of het daai “panty” woord iets met rasisme te doen?

Carel ·

Kyk die ou holrug geryde tegniek : Die swart kol op die broek word uitgewys – dan skree die broekdraer so hard RASSISME dat almal van die kol vergeet en die uitwyser bespring en kruisig as rassis. …… Skrikwekkend dat dit skynbaar ALTYD werk….

Dee ·

Is dit nou onwettig om spelfoute te maak? Die dame het wel pantypreneurs geskryf maar partypreneurs bedoel.

Berhalet Beukes ·

Dagvaar die redakteur wat die artikels moet nagaan… Hulle moes mos ‘n regstelling gemaak het voor dit gepubliseer is. M.a.w nou word ons van alle kante af geïntimideer? En wat van al die vernederende uitlatings wat oor wit vrouens gemaak word? Verkragting wat aangehits word? Wie lê klagtes teen daardie mense? Niemand!

pop ·

Berhalet maar nou is die hekke mos oopgegooi vir klagtes. Enigeen kan mos n klag gaan le dat dit hom of haar se hart en siel en velkleur en ras ens aantas!!! Om nie te praat van al die aanhitsings nie. So van nou af moet ons paraat wees. KLA!!! KLA!!!! KLA , toto satwordens toe.

ronel ·

In my opinie word die aandag baie effektief weg gelei van sake rakende mense in hoe posisies wat droog maak soos mr zuma en noue kennis dudu en iewers guptas ook in die pot….so kan die lys aanggaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.