ANC verbied Zuma-groep se kritiek op Ramaphosa

Cyril Ramaphosa (links) en Jacob Zuma tydens die 2017-begrotingsrede (Februarie 2017) Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die ANC het verskeie bekende ondersteuners van oudpres. Jacob Zuma verbied om ANC-byeenkomste te gebruik om kritiek op pres. Cyril Ramaphosa uit te spreek.

Van die bekende name wat by name verbied is om ter ondersteuning van Zuma en teen Ramaphosa te praat, is die voormalige premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, en die leier van die drukgroep Black First Land First, Andile Mngxitama.

Dit volg op verskeie opruiende toesprake deur Zuma-ondersteuners by byeenkomste wat deur die KwaZulu-Natalse ANC gereël is ter ondersteuning van Zuma, insluitend nagwake en byeenkomste buite die hof.

Dit word berig dat nasionale ANC-leierskapsfigure op hulle beurt onderneem het om op te hou om die korrupsie en wanbestuur tydens die Zuma-bewind so luidkeels aan die kaak te stel as wat tot dusver die geval was.

Die ANC sit in hierdie verband met ‘n vierdelige penarie.

Eerstens is die verdeeldheid in die party kennelik veel erger as wat tot dusver vermoed is, want as kritiek spesifiek verbied moet word, beteken dit die geneigdheid en aard van daardie kritiek is baie sterk, en ‘n groot probleem vir diegene wat dit verbied.

Tweedens is Zuma baie gewild onder ANC-lede in KwaZulu-Natal, maar hy is baie ongewild in die res van die land. Die ANC moet dus ‘n ongemaklike balanseertoertjie uithaal, want as hulle te sterk teen Zuma te velde trek verloor hulle steun in KwaZulu-Natal, en as hulle te sterk ondersteunend aan hom is, verloor hulle steun elders.

Derdens het die ANC reeds besluit om hul verjaardagviering in Januarie in Durban te hou, en loop Ramaphosa die gevaar om in die Zuma-hartland uitgejou te word soos Zuma eens in Gauteng uitgejou is. Dit sal ‘n nagmerrie-begin vir die ANC se verkiesingsveldtog verteenwoordig.

Laastens het Zuma se ondersteuners, soos Mahumapelo in Noordwes en Ace Magashule in die Vrystaat, steeds baie mag en kan swak vertonings deur die ANC in sulke hartland-provinsies die regerende party se vertoning in aanstaande jaar se verkiesing benadeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wolf ·

“You live by the sword, you die by the sword” Lekker anc wat julle saai sal julle maai. Die blinde sambok ontsien niemand nie. Kry vir julle.

GRIET ·

jy beter OPPAS mnr.Ramophosa…
Zumpie ZOOOM gevaarlik,jys nounou jou posisie kwyt!!!

ANC=KAT IS OP Ñ WARM PLAAT

Ed ·

The picture tells it all, what a shame. How can we expect prosperity for this country !

Karin ·

Zuma moet nou oulik wees en sy maatjies vat dan sluit hulle by die Goeie Party aan. Dan wen hulle dadelik KZN.

Sarel ·

Nou verstaan ons waarom verkwiste uitgawes steeds styg. Daar moet nou gegryp word want Zuma het nog nie genoeg nie en wil nog he.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.