ANC vergader met minister oor SAUK

Jackson Mthembu, ANC-hoofsweep en voorsitter van die party se subkomitee oor kommunikasie Foto: Getrude Makhafola / ANA

Jackson Mthembu, ANC-hoofsweep en voorsitter van die party se subkomitee oor kommunikasie Foto: Getrude Makhafola / ANA

Die ANC wil met Faith Muthambi, minister van kommunikasie, vergader oor die SAUK se nuwe “ongrondwetlike” redaksionele beleid.

Jackson Mthembu, die ANC se hoofsweep, het die party Dinsdag gedistansieer van Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, se omstrede besluite.

“In die ANC meen ons jy kan nie ʼn beleidsbesluit neem wat strydig is met die Grondwet nie. Ons kan nie toelaat dat daar met die Grondwet gemors word of die ANC se beleid ondermyn word nie en daarom wil ons Maandag met die minister vergader.”

Die vergadering word gehou nadat Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, op Twitter teen die media uitgevaar en hulle beskuldig het van ʼn agenda teen die SAUK.

Mthembu het gesê die party meen die probleme by die openbare uitsaaier kon baie vinniger deur die SAUK-raad hanteer word. “Die SAUK het nie die ANC nodig gehad om die aangeleentheid te hanteer nie. Die raad moes die skielike beleidsverandering en die prosesse wat daartoe gelei het, bevraagteken het.”

Mthembu het die SAUK se topbestuur beskuldig van ʼn gebrek aan leierskap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Maria van Dieweeck ·

Nee julle spul eiers, sit net een Afrikaner heel bo op die gemors en dan sal niemand hoef uit te help nie! Tsk, hoekom haal julle die ou tannies se ‘DAYS’ storie af? Uit wreedheid! Dit is soos familie vir party eensames julle boelies! My ma huil oor haar storie, My hart word al hoe woedender..

JOHAN ·

Ek wil net graag weet of iemand my kan antwoord op die volgende
Hoekom sit Moetsoeneng nog steeds in die posisie as hy dissipliner moes aangekla gewees het oor hy gelieg het oor sy kwalifikasies (is die Minister dalk bang vir hom) – soos dit in die huidige toestand van sake staan ignoreer enige opdragte wat jy kry (Minister) maar as die Joernaliste jou ignoreer word hulle dissiplinere gegee en geskors

Kleintjie ·

Ja Maria, ek is ook een van die “ou tannies” wat graag “DAYS”kyk. Dit is die enigste “oorsese” sepie wat ek kyk. Ek is heeltemaal b.v…..d oor my sepie wat moet waai. Dit is tye soos hierdie met al die GEMORS wat in SA gebeur dat ek nie trots daarop is om ‘n Suid Afrikaner te wees nie. Elke land het sy eie drama, maar SA het BAIE meer.

alida ·

Wie het die aanstelling gemaak? Indien hy nie gekwalifiseer is vir die pos nie moet hy gaan. So maklik soos dit. Dit help nie die ANC is weereens in ontkenning nie – hulle het presies geweet wat die man se kwalifikasies is en hom steeds aangestel. Nou het die bom gebars en soos gewoonlik distansieer die ANC hom van die gemors. Chaos !!!!

Johann ·

Ag asseblief. NOU skielik n issue vir die ANC? Weet Zuma sy party gaan sy lakei by die SAUK aanvat? Het ons rerig n munister vir Kommunikasie? Grap!

Lance ·

Ja die grap is die anc se eie minister in beheer van die sauk …die geleerde wat hy kamptig is . ..weet nie eers wat in die anc se eie reels vervat is itv hulle beleid ….ASB anc skrik nou vir eenkeer wakker en besef voor dit weer te laat is dat die man n grap is ….stel ons hele land in die skande …plaaslik en oorsee …kry asb kundige mense wat die uitsaaiwese ken en gekwakifiseer is vir die werk ….nie n pal wat uit die struggel kom en wat n bril dra en dink hy is slim …..DIT WERK NIE !

Hermann ·

Kan nie glo iemand kan so dom wees as hy nie n matriek het nie. Ongelooflik dat so n tom , dick en harry persoon aan die hoof staan van die SABC.
Verwyder hom dringend en gooi hom op straat

humor ·

Herman nou het jy hom gese soos hy moet gese word.!!!!!!!!!!

Quin ·

Ja die SAUK het miskien nie die ANC nodig nie, maar dit lyk my eerder die ANC het die SAUK nodig. Nou ewe skierlik het hulle amper niks met Motsoeneng uit te waai nie, maar toe hy gelieg het oor sy CV het hulle baklei vir sy aanstelling. Jy kan mos nie n persoon in so pos aanstel, as hy van die begin af n ongeskoolde leunaar is nie! Slaap nou maar in die bed wat julle opgemaak het.

Marita ·

Psigopatiese gedrag. Hulle weet nie dat hulle dit nie weet nie.

Janneman ·

Alles “smoke and mirrors”. Muthambi is op rekord dat sy gese het “but baba(stortkop) loves him”. Ons sal sien op stemdag of die gepeupel nog steeds al die spin glo.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.