ANC-vergadering by Voortrekkermonument ‘onsensitief’

voortrekkermonumentDie vakbond Solidariteit sê Cyril Ramaphosa, ANC-adjunkpresident, se beplande vergadering met Afrikaner meningsvormers by die Voortrekkermonument is onsensitief.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê die ANC wil Woensdag ʼn verkiesingsvergadering by die monument se Voortrekkersaal hou met die oudpolitikus Roelf Meyer wat onder andere een van die sprekers sal wees. “Ons het nie ʼn probleem daarmee as die ANC die monument besoek sodat ons mekaar se erfenisse kan leer ken nie maar wat ons wel omkrap is wanneer hulle die monument vir partypolitiek wil gebruik so kort voor die verkiesing.”

Flip Buys

Flip Buys

Buys sê Solidariteit sal die beplande vergadering met die monument se direksie bespreek. “Dit is onsensitief van die ANC om die vergadering daar te wil hou en sodoende hulle politieke ideologieë te probeer bevorder. Die monument se breë kultuurerfenis moet nie verpolitiseer word nie. Dit kom ook teen die agtergrond van verskeie opruiende uitsprake deur ANC-lede die afgelope tyd.”

Buys sê Solidariteit sal nie die vergadering by die monument bywoon nie. “Solidariteit tree graag met alle politieke partye in gesprek. Dit is belangrik om met die ANC in gesprek te tree oor regstellende aksie en ander kwessies maar nie om ʼn verkiesingsvergadering te hou nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Christien Kruger ·

Die vergadering is beslis nodig, en onderwerpe wat ernstig aangeraak moet word is wit Afrikaners wat vermoor word en onwilligheid van rassistiese polisie om wittes te beskerm. Ook die feit dat grondgrype dreig, en ANC opstokery tesame met EFF om die land van wit te bevry en wittes dood te maak. Daar moet opgetree word teen openlike haatspraak. Verder bid ek namens my Afrikaner landgenote dat dit n goeie vergadering sal wees met positiewe uitkyke.

Paul ·

Ag asseblief, Flip Buys is net skynheilig om nie by die Monument te gaan praat nie maar hardloop baie vinnig om tog ook met die terroriste regering te gaan gesels. Het hy niks geleer uit fw en roelfie se verraad by codesa nie? Jy kan nie glo wat die anc belowe nie en ek kan nie glo dat daar nog Afrikaners is wat val vir die slap riem van die anc nie. Flip en roelfie behoort hulle te skaam om die blankes weer te gaan uitverkoop hopelik vir ‘n paar sikkels silwer, onthou verraad word nooit vergewe nie.

De Wet Momberg ·

Ek dink dis ‘n goeie idee ! Verskaf sommer ‘n toerleier en vertel die goed van onderdrukking en oorlog , en alles van ons geskiedenis . Weinig van die ANC was al daar of weet iets daarvan .

Demokraat ·

Hierdie vergadering wat die ANC met Afrikaners by die Voortrekkermonument belê het, val in totale swak smaak en wemel van bybedoelinge.

Hoekom nooi die ANC die Afrikaners nie Nkandla toe nie – dis immers “neutrale” grond want die Boere se belastinggelde is mos aangewend om Nkandla te bou.

Carol Bezuidenhout ·

Ek dink hulle het n cheek om ons erfenis vir politieke gewin te gebruik. Ek wonder wat sal hulle doen as ons hulle “helde” vir politieke gewin gebruik. Hulle sal opruk en toytoy want dis al waarmee hulle goed is. Ek kan nie verstaan hoekon Zuma met moord wegkom en nie vervolg word nie. Blykbaar is hy en sy vriende verhewe bo die wet. Hulle sal Clive Darby Lewis in die tronk sterf en hom dan in n gat gooi en vergeet van hom. Ek is regtig kwaad.

Grassie ·

Om `n ANC vergadering in die Voortrekkermonument te hou is beslis onsensitief en dit grief my. Dit is deel van die Afrikaner se se kultuurerfenis. Om `n regerende party wat die witman se kultuur en volksgeskiedenis misken, ons taal onderdruk, ons op laakbare wyse van ons grond wil beroof en en stilswyend toekyk hoe ons mense, veral op plase, gruwelik vermoor word, toe laat om die Monument te onteer vir politieke doeleindes kom neer op verraad.
Ek wonder of Roelfie hulle voete gaan was.

grassie ·

Jammer oor die tikfoute. Was baie hoog die m@&r in toe ek getik het. Is nog steeds.

BoelieBrand ·

Haai siestog.

En nou dink die ANC regtig dat Roelf Meyer enige geloofwaardigheid het onder Afrikaners? En waaroor wil hulle nogals so graag met ons gesels?

Ek sê jou wat, Roelf… Gee vir ons ‘n eie grondgebied, dan kan ons gesels oor grondhervorming. Anders kan jy maar gerus jou gat terugsleep en gaan neerplak op een van luthuli-huis se smerige stoele.

Marie ·

Wat sal hulle omgee!! Hulle gebruik dan die kerke om hulle politieke agendas te verkondig. Skandelik!

Mike ·

Dit is duidelik die ANC raak al hoe meer uitdagend teenoor wittes.

Jaap ·

Nie gedink Meyer kan enige toespraak lewer sonder om sy groot kommunis maatjies De Klerk en Botha saam te nooi nie. Vertel hulle die plek is agv apartheid gebou Roelfie jou maaifoedie

Gert Kruger ·

Die Voortrekkermonument was die afgelope aantal jare by verskillende geleenthede in die spervuur. Onder andere was daar die kwetsende en neerhalende opmerkings oor die Monument op Radio 702 deur sekere Barry Wronge gedurende April 1999 wat uitgeloop het op die Voortrekkermonument-aksie op 1 Mei 1999; die stryd van die Volkskomitee vir die Herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog om die gebruik van die Amfiteater gedurende Oktober 1999; die omstrede Begrafnismuur wat genl Gert Opperman by die Monument opgerig het; ‘n modeparade wat daar gehou is, ens., en nou weer ‘n ANC-vergadering wat daar gehou gaan word.Hoe is dit moontlik dat die direksie/bestuur nie vooraf self standpunt teenoor hierdie misbruik van die VTM kan inneem nie voordat die aangeleentheid in die media beland nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.