ANC-vergadering verleng, Zuma se lot onseker

Pres. Zuma. Foto: Chester Makana/ANA

Pres. Zuma. Foto: Chester Makana/ANA

Die vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee is met ʼn dag verleng.

Die vergadering wat by die St. George’s Hotel in Irene, Pretoria, plaasvind, sou aanvanklik Sondagaand tot ʼn einde geloop het. Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, het egter in ʼn verklaring gesê dit is tot Maandag verleng.

Die rede vir die verlenging het volgens berigte te doen met Derek Hanekom, minister van toerisme, wat ʼn mosie van wantroue teen Jacob Zuma, leier van die ANC, ingedien het. Daar word ook bespiegel dat Zuma moontlik ʼn kabinetskommeling wil aankondig ten einde ontslae te raak van ministers wat hom nie steun nie.

Daar sal na verwagting Maandag besluit word of die mosie aangehoor gaan word.

Dit volg nadat Zuma die naweek aangekondig het dat hy die aanbevelings van adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, se verslag oor staatskaping deur ’n hof wil laat hersien.

Madonsela het in die verslag van 355 bladsye bevind dat Zuma by verskeie geleenthede moontlik die wet oortree het deur te versuim om te reageer op aanduidings dat daar onbehoorlike optrede was wat betref die Gupta-familie en staatsbeheerde instansies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Nico vd W ·

Niks gaan met Zupta gebeur nie. Die NEC sal hom ten alle koste beskerm. Wie sal die hand nou wegklap wat jou voed? Die enigste wat sal gebeur is dat Derek Hanekom uitgeskuif sal word deurdat hy aangekla sal word vir een of ander oortreding weens sy dislojaliteit.

Lou ·

Ek hoor wat jy sê, maar ek hou nietemin ‘n bottel sjampanje koud.

Johann Marx ·

Kan nie onthou wie die skrywer is van die boek nie, maar daarin word die volgende stellings gemaak: In enige Afrika land waar daar ‘n regime-verandering was, soos hier, gebeur die volgende: Jaar 1-10: Almal word gepaai en “gewaarborg” dat alles vir almal behoue sal bly. Jaar 11-20: Stadig maar seker word alles verander. So stadig dat min mense dit agterkom. Jaar 21-30: Militante diktatoriale leiers omring hulleself met “ja-broers” en veglustige ondersteuners. Jaar 31-40: Leiers maak NET soos hulle wil. Plunder, roof, steel, moor, verwoes….en eindig op as multi-miljardêrs met ‘n ongekende weelderige leefstyl….terwyl 95% van die inwoners van die land in squaterkamp omstandighede worstel om te oorleef. Kyk noord….en weet dit is aan die kom.

Simon ·

Johann Marx,
Jy het heeltemal reg onthou. Jammer dat die.oorspronklike stukkie in die vergeteldheix geraak het.

Ek self kan duidelik onthou van n skrywer (ek vermoed dit was.in die kommentaar gedeeltelik van News24 destyds) redelik kort na die bewindoorname deur die ANC geskryf het dat RSA in die rigting van sosilisme, daarna na kommunisme en uiteindelik na n diktatorskap gedruk gaan word deur die ANC. Dit sou so subtiele onderduimse gedoen word dat niemand eintlik rede sou in sien om dit te stop nie.
Die aan van like staple sou oenskynlik onskuldig verandering in die sosiaal structure wees dat niemand eintlik beswaar kon aan teen nie.
Gaandeweg sou meer en meer “onskuldige” wetgewing ingedien word, wat nie betwixt sou word nie tot dat die punt berekende word dat genoeg same wet gewin bestaan om enige weerstandard te kan neutraliser en dan staan n diktatorskap op en regeer die land met n ysere hand.

Die stadium is nou reeds berekende waar Mnr Zuma in die openbaar gese het hy sou graag die geleentheid wou kry om vir ses maande n diktatorskap te kan wees.
Net “SES MAANDE”- wie dink hy het hy geflous? Die ses maande sou binne die.kortstondige tyd lewenslank geword het.
Daarom is dit belangrik dat die op stand van binne die ANC en ook sosiaal structure daar buite MOET slaag om Zuma NOU te ontstellend anders is hierdie mooi land van ons vir ewig verlore.

Marietjie ·

Ek dink ons het jaar 21-30 gemis of dit het vinniger gebeur as wat ons kan dink. Dink ons is klaar by jaar 31+, want hoeveel mense om ons kry swaar. Ek praat hier van almal in die land. Ons middelklas dink ek het al lankal iewers verdwyn, want ons almal sukkel. Jy kry nou net arm en ryk, en ryk wonder ek soms waar kry hulle die geld om te oorleef.

Swanna ·

en dalk nog vir rassime ook omdat hy wit is en teen Zumpie gaan. Maar dan moet hy maar vir hom kry, hy is deel van hulle sirkus.

Johan ·

Ek stem ook daar gaan niks met hom gebeur nie……die klomp skelms vergader net om te besluit hoe hulle ,hulle klomp dom navolgers en die res van die land kan bevark…..soos laasjaar die tyd het hulle die ekonomie op gevoeter……..

PJ ·

Wat het Zuma op die nasie dat hy weg kom met alles……Een man wat alles regeer, klink soos Zimbabwe….

snoefie ·

fire sy gat. kry Mbeki om Zuma se termyn te kom klaarmaak. Johan Marx, die skrywer van daardie boeke het presies beskryf wat in SA gebeur het. het Zim ook presies beskryf. ons kan nou net bid vir die volgende regime verandering. ai PJ, hy was hulle baasspioen. so wat dink jy het hy ook hulle?

Simon ·

Snoefie,
Laat weet tog op hierdie forum wie daardie skrywer was en die boek se naam.
As jy dit nie direk op hierdie forum wil plaas nie gee dan rigting waar die info wel verkry kan word. Hoe meer mense daardie skrywer se siening onder oe kry hoe makliker gaan die teenstrydige teen Mnr Zuma word.

snoefie ·

helaas simon dit weet ek ook nie. sou graag self die boeke wou lees.

Gideon ·

Ek dink dit mag dalk Peter Stiff wees! Hy het ‘n paar boeke geskryf, maar daardie een Cry Zimbabwe dink ek is die een wat ook so tydraamwerk in het!

petrie ·

Ai JZ…ou planmaker. Laat nie gras onder jou voete groei nie ?sien met die verlengde vergadering wil jy nou sommer gou kabinet skommeling ook doen? So wie gaan dan nou enigsins teen jou stem…as jy direk daarna as opponent uit die kabinet gegooi gaan word? Strateeg van die bose self.

callie ·

Luister gerus wat Joann Marx skryf. Ek het dit vroer genoem, JZ moet of amnestie kry of aan bewind bly. Wie hom amnestie gee gaan humeure laat oorkook. Pasop, n staatsgreep is dalk nie vergesog nie. JZ het weermag, SAP en almal wat hy benodig aan sy kant.

Pietser ·

As die mosie slaag is dit moontlik dat Zuma beveel kan word om onmiddellik as president van die ANC af te staan. Enige mosie om hom te verwyder as president van die land voor sy termyn verstryk, moet deur stemming in die parlement aanvaar word.

wilma ·

Kani glo mense het in 1994 geglo SA gan land van melk en heuning wees nie. Ons wie nie geglo het was as ongelowige Thomasse uitgekryt. En kyk nou

snoefie ·

jy sal jou hande saamslaan om te hoor die massas was 1994 vertel hoe die “errieplyns” gaan oorvlieg en wasmasjiene, yskaste, TV’s, stowe ens uitgooi na die massas onder. onthou die kinders was toe nog nuutjies in ons skole. een het gewonder hoe gaan hulle dit by die huis gebruik sonder elektrieseteit. niemand het gewonder of die toebehore die grond onbeskadig gaan haal nie. of dit wensdenkery of verkiesings belofte was, het ek nooit uitgevind nie.

Abri ·

Onthou die NUK het nie die bevoegdheid in die ANC om hom uit te skop nie, net die tak struktuur op ‘n ANC konferensie kan dit doen. As die tak struktuur egter nie gaan instem tot ‘n vroeer vergardering as Desember 2017 gaan hoegenaamd niks gebeur nie. Hannekom het net gedoen wat Zua wou he hy moes gedoen het om Zuma nou rede te gee om sy kabinet te skommel en dan van Pravin ontslae te raak. Hou die dop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.