ANC verheug oor grondgryp-uitspraak; AfriForum wil voortveg

Die parlement het die uitspraak verwelkom. Foto: GCIS

Die ANC se parlementêre koukus meen die hooggeregshof in die Kaap het hulle gelyk gegee toe die hof Vrydag beslis het dat AfriForum se aansoek om die parlement te keer om die verslag van die grondwetlike hersieningskomitee oor Artikel 25 van die Grondwet te aanvaar, nie dringend was nie.

“Die ANC het nog altyd gesê dat die aansoek niks anders is nie as ʼn wanhopige poging om die parlement te vertraag in sy reaksie op ons mense se strewe na grondonteiening in openbare belang,” sê die koukus in ʼn verklaring.

Hulle beweer die ware bedoeling van die aansoek was om “die weldadige onteiening van grond” in die verlede “te geregverdig”. “Ons veroordeel AfriForum se gebruik van sy posisie van welvaart en voorreg om die regstelsel te misbruik met die oog daarop om die parlementêre proses te ondergrawe, Suid-Afrikaners se stem waardeloos te maak en om hul doelwitte te bevorder om rasse te verdeel.”

Die hofuitspraak beteken net die saak kan nie op ’n dringende basis aangehoor word nie.

AfriForum sê egter by monde van sy uitvoerende hoof, Kallie Kriel, die hofbeslissing is nie die einde van die organisasie se stryd om eiendomsreg te beskerm nie, maar bloot die begin van ’n lang en uitgerekte stryd.

kallie-kriel

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Reint Dykema

“AfriForum se regspan sal voortgaan om onder meer die gebrekkige proses wat die parlement se komitee gevolg het deur skriftelike besware teen onteiening sonder vergoeding te ignoreer, in die howe te beveg,” sê Kriel. “Al wat hierdie hofuitspraak beteken, is dat die saak nie op ’n dringende basis aangehoor kan word nie.”

Hy sê sy organisasie is vasbeslote om te help toesien dat Suid-Afrika nie eiendomsreg vernietig deur middel van onteiening sonder vergoeding nie “en te help keer dat Suid-Afrika dieselfde vernietigingspad as Zimbabwe en Venezuela loop”.

Kriel meen Zimbabwe se werkloosheidskoers van 90% bewys “dat almal in ’n land, en nie net grondeienaars nie, ernstig benadeel word indien eiendomsreg misken word. AfriForum onderneem daarom om elke moontlike meganisme tot sy beskikking te gebruik om in belang van almal in die land tot die bitter einde teen die ondermyning van eiendomsreg te stry.”

Die uitspraak is ’n bevestiging van die parlement se grondwetlike regte en magte.

AfriForum sal benewens die stryd wat plaaslik in die howe en op ander platforms teen onteiening sonder vergoeding verder gevoer sal word, ook voortgaan om sy pogings te verskerp om internasionale druk ter beskerming van eiendomsreg in Suid-Afrika te help skep. “AfriForum het juis gister die saak geopper tydens die organisasie se deelname aan die Verenigde Nasies se Forum vir minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland,” sê Kriel.

Maar die ANC sê hy was nog nooit so vasbeslote soos juis nou om die proses om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, “tot sy logiese uiteinde gevoer word” wanneer die Grondwet gewysig sal word om dit moontlik te maak.

Die parlement beskryf die hof se uitspraak as “bevestiging van die parlement se grondwetlike regte en magte om sy sake onafhanklik te betaal en bedryf, sonder onbehoorlike inmenging”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Die ANC het natuurlik geen ander kaart om in die 2019 verkiesing te speel nie. “Ons mense” gaan nog hongerly. En dit gaan ook die witmense se skuld wees. No farmer, no pap!

Basjan ·

Hanna Hoekom, die ras kaart is die enigste kaart wat hulle al hoe meer gaan speel , hoe nader dit aan die 2019 verkiesing kom.

v v d merwe ·

Laat die buiteland sanksies teen die chaotiese s a instel . Een en almal.
Duitsland het reeds laat weet hy stel nie belang om beleggings in s a te maak nie alvorens B E E geskrap word nie.

Netso ·

Wonder hoekom V der Merwe? Nou dat die misdaad en europa tronke vol noord-afrikaners word gaan die wereld se ogies oop né!

Jan Alleman ·

Ek dink Duitsland het meer bedoel die buiteland moet kwytgeskeld word…. Maar ons kan wens.

Alida ·

Ons afrikaners gee nie sommer moed op nie. Dankie AfriForum vir julle volgehoue pogings. Ondersteun hulle asb en word n lid.

Sieg ·

Ons staan nou vinnig na die einde van Suid Afrika se bestaan die volgende sal net ellende wees. Mense maak julle self gereed voedsel gaan skaars raak en ons praat nie eens van duursaam nie, dit gaan peper duur word, sterkte aan almal.

Hoe nou..... ·

Baie interessante opmerking van sanksies wat jy daar noem. Maar ek glo die spul is te magsdronk om te besef wat dit vir hulle inhou. Hulle hoop waarskynlik sou dit gebeur dat hulle goedere via Zim kan invoer?! Maar as die geld stop het jy n totale ander probleem en nog meer as maatskappye uit die land onttrek……hou so aan ANC hou so aan!

Johannes ·

AfriForum, hierdie boksie is nou afgetik. Tyd om oor te skakel na ‘n hoër rat. Kry ons Volk bymekaar sodat ons saam kan besluit hoe gemaak vorentoe. Tyd om ons self te bewapen, reaksieplanne op die tafel te kry, te mobiliseer en ‘n ultimatum aan die anc regering te stel.

Staak saam ·

Johannes dink jy regtig AfriForum sal hulle troon en skatkus prys gee sodat iemand met waagmoed die lyding kan neem en hulle apsoluut maak. Nee, organusasies sal die een ry vir elke sent wat in jou beursie is.

Staak saam ·

En daar tuimel die Rand op die nuus tot amper R14,00.

Ek se nou vir julle, die bloed gaan loop en ons stuur af op n tweede bloedrivier.

Sê maar net ·

‘Staak saam’…. Ja maar die keer moet ons boere asb nie ophou skiet nie. Dink die ammunisie het opgeraak

Johannes ·

Natuurlik sal die anc verheug wees oor die uitspraak – die vernietiging van die Boer en die stel van ‘n kommunistiese staat was nog altyd hulle doel.

lewies ·

Die situasie in Suid-Afrika word nou baie ingewikkeld. Wat beteken die ANC koukus se verklaring “om die weldadige onteiening van grond” in die verlede “te regverdedig” Moet dit nie geweldadige onteiening, wees nie?. Hoe dit ook al sy, dit is nie lekker om so vroeg is die geveg ‘n neerlaag te ly nie. Die buiteland het soveel probleme van hul eie. Ek dink ons hulpkrete gaan op dowe ore val.

John ·

Lees bv net die jongste Landbouweekblad. Inligting bv oor hoe die EU met ons graanboere meeding en oor Sjina se jongste ontdekking, ons suurlemoene. Wat se dit?
Die EU wag dat ons koringlande leeg staan en die Oosterlinge gaan in ons landbou bele en sommer oorvat as dit kan… en. Die buiteland wil of hier ‘n afsetgebied ooptrap en lekker geld maak of self op die plaasstoep kom sit en groentee drink. Die groot vreugde gaan vreemder uitdraai as wat die vreemde komitee op hoop. Daar is ook nog nie met die werkers en voormanne op die plase gepraat nie. Gaan hulle vir die onervare nuwe base werk?

Louis ·

Ek stem saam met jou Johan. Toe die blankes in suid afrika kom het hulle die potensiaal van die land gesien en dit ontwikkel. Dit is hoekom mense geskuif wat nie belang gestel het oor ontwikkel. China en die oosterse Lande Sien dit ook en sodra die tyd reg is en die skuld the Groot is Gaan hulle inkom Dan Gaan dit nag wees vir almal. Al wat ons kan down is
on the bid en glo dat die HERE die regering se oë sal oopmaak om dit raak te sien.

Jan ·

Die regter wag ook seker maar vir n plasie met trekkers beeste en implimente

Netso ·

Wonder hoekom V der Merwe? Nou dat die misdaad en europa tronke vol Noord-afrikaners word gaan die wêreld se ogies oop né!

Melanie ·

Dit is nie nou die tyd om te gaan le nie. Ons word nie verniet boere genoem nie. Ons voorouers was al in sulke situasies en het hand en tand geveg. Die wolke pak saam teen ons maar God is groter as enige donker wolk. Ek is gereed. Kom ons vat hande mense!

Stelling ·

Ai Melanie… Ons kan maar net hoop daarvoor.
Probleem is ons “boere” kon nog nooit saamstaan nie…die een wil beter wees as die ander een en sal eerder op jou trap voordat hy jou sal ophelp. Besef die feite en sorg vir jouself tussen jou vier mure. Jammer dat ek so negatief voorkom, maar ek is net n realis. Groete

Johanna Botha ·

En die zim probleme agv vergrype skreeu teen hemele maar die dom anc wil nie hoor of sien nie en dis die rede dat alles waaraan hulle vat n lieflike groot gemors is ….anc is en bly onbekwaam en n groot flop !

Johanna Botha ·

En die zim probleme agv vergrype skreeu teen hemele maar die dom anc wil nie hoor of sien nie en dis die rede dat alles waaraan hulle vat n lieflike groot gemors is ….anc is en bly onbekwaam en n groot flop !

Chris Ws ·

AfriForum het wel die “veldslag” verloor maar die “oorlog” is nog lank nie deur die anc gewen nie.Kyk maar mooi.Hou moed AfriForum!

Koos de Meyer. ·

Dom is niks, maar onosel is erg. Waar dink hulle gaan die kos vandaan kom. Almal hardloop na die land van melk en heuning. Maar as die koei opdroog gaan hulle dood van honger want hy plant twee mielies om sy pondok en dink hy het kos. Maar slim gaan sy baas vang. Gee hulle maar tou, hulle gaan hulle self ophang. Nuwe Suid Afrika.

Landi ·

Hoe kan die ANC Koukus so lieg en onnosel wees? Absurte leuen wat hy kwyt raak. Hoe sit sulke dom mense in die posissies? Hy staan self agter die deur van die twak wat hy kwyt raak!

Moeg ·

Dit is nou tyd om n nuwe wyveld te soek as n christen volk en te trek uit die vervalle staat wat ons Suid Afrika noem….. die stryd is verlore of jy dit wil erken of nie. Maar ek hoop nie ons sal weer die selfde foute maak in die toekoms nie.. ….

vissie ·

Sodra jy iets vat waarvoor nie betaal is nie noem mens dit diefstal….nie onteiening nie

Spike ·

sa het te doen met ñ dwase anc. Jy kannie met sulkes redeneer nie. Hulle het nie die vermoëe om rasioneel te dink nie. Hulle reageer soos ñ hond wat skrik. Byt sonder om te dink.

wdp ·

Die ANC sal nog in sy eie strik trap, laaste lag die lekkerste.

Dienkie ·

@ Moeg, se jy vir my waarheen die Afrikanervolk moet “trek”. Sal baie graag wil weet. Om te emigreer is vir baie nie ‘n opsie en nie moontlik nie.

Opsies ·

As hulle nie wil luister na rede nie dan bly daar net een opsie oor…

Republiek? ·

Daardie laaste sin sê uitdruklik dat ons nie meer in ‘n Demokratiese Republiek woon nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.