ANC-verjaardag: Derduisende in Rustenburg verwag

Pres. Jacob Zuma, adjunkpres. Cyril Ramaphosa en adjunk sekretaris-generaal van die ANC, Jessie Duarte by die ANC se 103de herdenking in Kaapstad-stadion op 10 Januarie 2015 Foto: Elmond Jiyane, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma, adjunkpres. Cyril Ramaphosa en adjunk sekretaris-generaal van die ANC, Jessie Duarte by die ANC se 103de herdenking in Kaapstad-stadion op 10 Januarie 2015 Foto: Elmond Jiyane, departement van kommunikasie

Meer as 120 000 mense word dié naweek by die ANC se 104de verjaardagviering, wat by Phokeng naby Rustenburg gehou word, verwag.

Volgens Jessie Duarte, adjunksekretaris-generaal van die ANC, word daar tot 123 000 mense by die Royal Bafokeng-stadion verwag. “Die stadion het sitplek vir 45 000 mense, maar ons sal ook 10 000 mense op die veld toelaat. Daar sal twee terreine langs die stadion wees, waar besoekers deur middel van televisieskerms die verrigtinge sal kan volg,” het Duarte gesê.

Volgens Duarte het die versengende hitte wat groot dele van die land lamlê, die regerende party genoop om die daaglikse program vroeër te laat begin. “Ons wil daagliks teen 14:00 klaar wees met die program. Pres. Jacob Zuma sal om dié rede Saterdag reeds om 11:00 sy toespraak lewer.”

Intussen het dit bekend geword dat die polisie Maandag tussenbeide moes tree toe twee faksies van die ANC byna handgemeen geraak het. Die een groep het die kop van Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, geëis, terwyl die ander groep gesê het “hulle beskerm die ANC”.

Albei groepe, gewapen met knopkieries en klippe, het beledigings na mekaar geslinger.

Duarte het gesê die ANC het ʼn memorandum van die groep ongelukkiges ontvang en onderneem om aandag daaraan te gee. “Hulle klagte oor bruin drinkwater is reeds opgelos, terwyl hulle ook klagtes oor ʼn plaaslike kliniek en klaarblyklike bedrog in die plaaslike munisipaliteit aan die lig gebring het,” het Duarte gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

4 Kommentare

RSA ·

Sal daar verslagewers wees om te hoor of hy weer sy “gunsteling” liedjie
sing?

Aster ·

Ag tog, ek wonder hoeveel beeste, skape en bokke gaan nou weer geslag word vir die affére! Shame!

Rynhardt ·

Die hele doel by Rustenburg is dat die Anc vir almal lekker eet en drinkgoed gaan he! So wys hy vir sy getroue ondersteuners dat hy na hulle kyk! Dit word verxer opgevolg met:”We have a great story to tell”.Beter breinspoeling as dit kry jy nie!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.