ANC-verkiesingsmanifes bekend gestel

Foto: ANC/Twitter

Foto: ANC/Twitter

Derduisende mense word Saterdag by die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth in die Oos-Kaap verwag, waar die ANC se verkiesingsmanifes bekend gestel word.

Teen vroegoggend het talle mense al by die stadion bymekaargekom. Veiligheidswagte het motors wat by die stadion opgedaag het, deursoek. Pres. Jacob Zuma sal later vandag die skare toespreek.

Senior ANC-lede het reeds vroeër vandeesweek op die Baai toegesak om steun vir die party te werf. Die ANC hoop om weer die meerderheid steun te kry in Nelson Mandelabaai in die munisipale verkiesing op 3 Augustus. Die ANC het aansienlik steun verloor in die Baai tydens die vorige munisipale- en tussenverkiesings.

Verteenwoordigers van die SAKP, Cosatu en Sanco sal ook die skare toespreek voordat Zuma na verwagting om 11:00 sy toespraak sal lewer. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Vrydag gesê nagenoeg 100 000 mense word by die stadion, wat net plek vir 46 000 mense het, verwag.

“Tydens gesprekke met mense vroeër in die week, was dit duidelik hulle het volle vertroue in die ANC. Meer as 1 000 busse en 600 minibustaxis sal mense van ander provinsies na die stadion aanry.” Volgens Mantashe sal streng toegangsbeheer rondom die stadion toegepas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

KP ·

Ek sien nie die diusende mense op hierdie foto nie. Is baie strategies geneem.

KP ·

Ek wonder hoeveel kospakkies en T- hemde gaan aan die duisende uitgedeel word met belasting geld.

Maddox ·

KP,
Presies soos jy daar noem. Dit is wat ons noem “rent a crowd”… Seker ‘n T-hemp en KFC streetwise 2 vir almal, en dan die media wat aanhou uitbasuin hoe die mense opdaag in hulle “honderde duisende”…. alles georkestreer natuurlk deur die anc en sy meelopers in die nasionale media!

FM ·

Ek wonder hoeveel dit die belastingbetaler weer gaan kos mbt busse en taxis wat gehuur word om die mense aan te ry. Zuma sal seker teen sy politieke vyande uitvaar en weer vir arme van Riebeeck en die sogenaamde gronddiewe die skuld gee vir afgradering, solank hy net nie die skuld kry nie. Arme man. Benoude kat maak benoude spronge!!!!!!

Frederik ·

In PE en Potch sal die adreslose kiesers handig te pas kom vir die ANC. Hoe meer kiesers van die ander partye adresloos is, en dus nie kan stem nie, hoe ‘n beter kans het Nammawan en sy skelm gespuis.

Yvonne ·

100 000 ANC lede is mos nie te veel gevra van die Nelson Mandela area nie? Skandalig eintlik, dat kospakkies aan lede van ander provinsies uitgedeel word en nie aan die plaaslike ANC “massa” nie! Mmmm…..

Eliza-beth ·

In hul derduisende sal hul soontoe stroom en in hul derduisende steeds in dieselfde swak posisie as voorheen wees en in hul derduisende steeds vir anc stem. Wat noem mens so iets? Suckers for punishment?

Jan maak n Plan ·

Dit was mos gisteraand gewys op die TV nuus hoe hulle T Hemde vanaf n bakkie vir die mense gee net sodat hulle moet kom luister na n klomp verloorders.

Johannes Meintjes ·

Ek wonder of die skares onderskei tussen vandag se politieke toesprake en die geskiedenis wat daarop dui dat politieke partye selde lewer wat hulle met verkiesingstyd belowe het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.