ANC verkwis R75,6 miljard in 2017/18, sê DA

finansies-geld-sente-rand-beleggings

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Die ANC-regering het in die 2017/18 ongeveer R75,6 miljard verkwansel in onreëlmatige en verkwistende uitgawes, het die Demokratiese Alliansie Sondag gesê.

John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, en DA-skaduminister van openbare ondernemings Natasha Mazzone, het in Kaapstad aan verslaggewers gesê die DA het die jaarverslae van staatsdepartemente en sekere entiteite vir 2017/18 nagegaan. “Ons analise het ʼn skokkende vlak van finansiële wanbestuur en verkwisting onthul deur die ANC-regering.”

Onreëlmatige uitgawes – dit is uitgawes wat nie behoorlik bestuur is nie en soms ʼn aanduiding van korrupsie is – beloop R72,6 miljard. Die saamgestelde analise wat verlede jaar deur die DA gedoen is, van algehele onreëlmatige uitgawes in alle departemente en entiteite, het R42,8 miljard beloop.

“Die getal vir die huidige jaar is dubbel soveel as die vorige jaar en sluit nie al die departemente en entiteite in nie, omdat sommige verslae nog uitstaande is,” het hulle gesê.

Departemente en entiteite wat die meeste geld onreëlmatig uitgegee het, sluit in Eskom (R19,6 miljard); die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) (R10,5 miljard); Transnet (R8,1 miljard); die departement van water en sanitasie (R6,2 miljard); die SAUK (R5 miljard); waterhandelentiteit (R4,9 miljard); departement van korrektiewe dienste (R3,2 miljard); departement van basiese onderwys (R1,7 miljard); departement van verdediging (R1,7 miljard), departement van internasionale betrekkinge en samewerking (R1,2 miljard); Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) (R1,7 miljard); en die Suid-Afrikaanse Poskantoor (R1 miljard).

Verkwistende uitgawes wat geen voordeel vir die publiek inhou nie en vermors is weens ʼn gebrek aan redelike sorg en die basiese vereistes van bestuur beloop nog R3 miljard – genoeg om 75 nuwe skole mee te bou, het hulle bygevoeg. Die departemente en entiteite wat die meeste geld vermors het, was die waterhandelsentiteit (R1 miljard); vergoedingsfonds (R446 miljoen); en die departement van verdediging (R398 miljoen).

“So slegs soos wat hierdie getalle is, is dit nog net die oortjies van die seekoei. Reeksoortreders Denel, die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), die SAL en SA Express, het nog nie hul jaarverslae vir 2017/18 ingedien nie. Dit beteken dat die totaal vir verkwistende uitgawes waarskynlik baie hoër is as wat ons tans kan bereken uit die verslae wat ter tafel gelê is,” het Steenhuisen en Mazzone gesê.

As hierdie entiteite dieselfde onreëlmatige uitgawes aangegaan het as in 2016/17, sal die totaal tot R94,5 miljard styg en verkwistende uitgawes tot R4 miljard.

“Dit is nie abstrakte getalle nie. Wanbestuur en verkwistende uitgawes lei tot swak dienslewering en hoë kostes vir die publiek. Tog laat die ANC steeds die publiek betaal vir sy wanbestuur en korrupsie in hoër elektrisiteits- en waterheffings, verhogings in die BTW en petrolheffings.

“Die land se finansies is in ʼn vreeslike toestand. Nie net het die ANC ons tot op hierdie punt gebring nie, maar hulle het ook geen idee hoe om reg te maak wat hulle gebreek het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Perd ·

Die mense wat stem weet nie wat MILJARD beteken nie!

Ons moet begin prentjies gebruik dat hulle kan verstaan.

Koos ·

Jy moet dit vir hom uitdruk in terme van sy verdienvermoë.
Bv: jy verdien R6000 per maand. So dis R72000 per jaar. As jy 42 jaar lank werk, het jy net meer as 3 miljoen verdien. So jy moet vir 2181 keer jou hele lewe lank werk om daai geld te maak.
Dan verstaan die ou beter

Gert ·

Stem saam Perd, die verkiesingsplakkate moet dit baie duidelik so wys.

Ferdinand ·

En die kruks van die storie is, die armstes van die armes, dis nou rofweg baie miljoene mense, word nie geraak nie, want R0 uit R100, of R0 uit R1,000, bly R0.

Grassie ·

Die wanbesteding is nie net beperk tot die sentrale regering nie. Hier in ons geweste het die provinsiale regering pas ‘n 6 meter hoë brons standbeeld van Mandela opgerig teen ‘n koste van R8.3 miljoen. Die “kunstenaars” se rekening was volgens die plaaslike koerant net R950,000. Wat van die ander M7+ miljoen geword het weet niemand nie. Miskien sal die beeld ook nog oor gemaak moet word want die “peoples” is ontevrede. Hulle sê die affêre lyk gladnie na Mandela nie. En dit alles terwyl die plaaslike regering op die randjie van ernstige finansiële teëspoed huiwer.

Michael ·

Die spreekwoord ( MAAK MY EIE SAK VOL) wys jou hulle voel vere vir hul eie mense .Mense R 76.6 miljard !!!!!!

Ja Nee ·

Wat maak dit saak vir die anc ondersteuners, volgens hulle is dit “righting the wrongs of the past. Wie gee om vir die minderheid…. Betaal jou belasting en hou jou bek.

Manie ·

Die sogenaamde vryheidsvegters het eintlik ingedagte gehad om hulle hande in die geld laaie van die land te kry.

Anita ·

Mensig, miljarde verdwyn in ‘n duisternis diep sakke.
Sonder om ooit weer gesien te word.
Na al die verdwynings van miljarde rande in bodemlose sakke dan word land en al sy voormalige bates verpand aan Chinese meesters.
So asof daardie harde meesters die lenings van miljarde rande sommer so mahala uitdeel.
En dan is almal só verras en só ontevrede as Chinese oorneem.
Interessante tye wat voorlê – Chinese word nou met Mao praatjies en breë glimlaggies op rug geklop deur ANC-ramas. Maar die einste geldskieters duld nie nonsens soos luiheid en wetteloosheid nie.
Hierdie ANC-Chinese ‘vriendskap’ gaan meer as net miljarde rande verg. Dit is ‘n landsoorname. Wonder hoeveel miljarde van hulle is verblyfreg belowe as deel van die geldskietpakkette.

Dries du Toit ·

hierdie regering ensy kaders kan NET mooi niks reg doen nie.Nie die vliegtuie,treine,hospitale,eskom,water voorsiening,noem maar op. daar is NET mooi niks wat goed funksuoneer nie.Behalwe die geldpaadjie na hulke sakke toe. EN die KEISER EN sy kaders speel viool terwyl die land brand.

Chrisjan ·

En hoeveel opleidingsgeleenthede het as gevolg hiervan verlore gegaan … in n land reeds oorspoel met werkloosheid. Shame on you!
En die ironie is … die armstes van armstes gaan steeds ANC stem.

Akademi Buktu ·

Ek sien Korrektiewe Dienste is ook op die lys. In 1994 (en voor dit) het die Kabinet hierdie departement erken as die bes bestuurde staatsdepartement van SA, gebaseer op die Ouditeur-generaal se verslagdoening. Die afgelope twee dekades en straks langer is hulle egter gewoonte-oortreders op die gebied van finansiële bestuur.

Karoodonkie ·

Wat my vraag is, wat word nou met hierdie inligting gedoen. Mens hoor heeltyd van al die korrupsie maar sien nie dat mense boet vir hul wandade nie. Mense moet mos tot verantwoording geroep word as hulle ons belastingbetalers se geld so wanbestee .

Grassie ·

Karoo – Wie gaan hulle tot verantwoording roep? Hoe kan die pot die ketel verwyt? Ek dink amper al die regeringsmense, op al drie regeringsvlakke, woon in spreekwoordelike glashuise, so hulle durf nie klippe gooi nie. Onthou wat met die Skerpioene gebeur het – toe hulle aan korrupsie deur regeringsmense begin krap is hulle eenheid summier ontbind.

PIENKIE ·

Nee kyk! Dit wil gedoen wees. Wel gedaan . En volgende jaar stem almal weer vir julle.

Snowball ·

African National Corruption – proudly looting for the past 24 years. Headquarters : Loot- thuli- house.

Eish ·

Skerp gestel, baie skerp.
Die gordyn is voorwaar besig om te sak oor die vertoning van die afgelope kwarteeu!

Blue Butterfly ·

Dink net hoe baie nie-blankes kon al hulle eie huise en titelaktes gehad het met daardie tipe geld – maar nee nou moet die blankes nog boet met onteiening sonder vergoeding, Hulle sien die spinter in die blanke se oog maar nie die boomstomp in hulle eie nie …

Geweeg en te lig bevind ·

Waarom kan die DA nie (op grond van bg.) daarop aandring dat ALLE staats finansies onder onafhanklike finansiele administrasie geplaas word sodat staats betalings deur ons 3 groot oudit firmas bestuur en uitgevoer word. GEEN kader moet goedkeurings bevoegdheid van ‘n enkele sent hê nie. Dit sal ook oudit fooie verminder aangesien junior klerke nie na die skade aangerig is, vir maande hoef te oudit om te probeer vasstel hoe en waar die geld heen verdwyn het, terwyl die kaders sirkels om hulle hardloop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.