ANC verloor steun in tussenverkiesings

Argieffoto

Die ANC het vandeesweek steun verloor aan opposisiepartye in tussenverkiesings in Noordwes en die Noord-Kaap.

In albei gevalle was die verlies aan steun, vergeleke met 2016, ses persentasiepunte. Die interessante aspek daarvan – wat die voortsetting van ʼn landwye neiging is – is dat die ANC-steun versplinter en gaan na wie ook al die sterkste ander party in die omgewing is.

Die tussenverkiesing in Noordwes was in wyk 21 van die Moses Kotane-munisipaliteit. Die wyk omvat gehuggies in ʼn deel van die voormalige tuisland Bophuthatswana tussen Zeerust en Sun City.

Daar het Tshepo Khumalo (ANC) die wyk met ʼn verkleinde meerderheid behou deur 1 458 stemme te trek teen 769 vir die EFF, 48 vir die Forum for Service Delivery en 19 stemme vir die UCDP, die voormalige tuislandparty van Bophuthatswana.

Die ander tussenverkiesing was in wyk 4 van die Siyancuma-munisipaliteit. Die wyk sluit die dorp Douglas en plase in die onmiddellike omgewing in.

Die wyk is gewen deur ʼn ou bekende in die Noord-Kaapse politiek, die voormalige NP-strydros Lemfvia van Niekerk. Sy het die wyk met ʼn vergrote meerderheid gewen deur 848 stemme te trek teen 589 vir die ANC, 140 vir ʼn onafhanklike kandidaat en 98 stemme vir die EFF.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

leon ·

EFF lank nie meer 10% party nie. Gaan groot steun volgende jaar.

Tammy ·

Mnr Ramaphosa het nie gedink hoeveel hy sy party benadeel met sy onteiening van grond sonder vergoeding nie. Ja daar is stemme wat opgaan vir die uitspraak maar daar is baie ander skade aangerig . Ons maak almal seker dat sy gewraakte uitspraak al ons familie en vriende oosee bereik en hulle stuur dit dan weer verder……..vir wat dit werd is. Wie wil in n land van rampokkery bele???? Totaal belaglik om so optimisties te dink. Ha ha, dink weer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.