ANC veroordeel aanval op Iranse bevelvoerder

Ace Magashule (Foto: ANA)

Die ANC het Saterdag die Amerikaanse lugaanval veroordeel waarin genl. Qasem Soleimani en ander Iranse militante Vrydag in Irak omgekom het.

Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, sê in ’n verklaring die regerende party verwerp die aanval op die mense en regering van Iran wat die potensiaal het om die Midde-Ooste en die wêreld in ’n volskaalse oorlog te dompel.

“Ons beskou hierdie jongste onmenslike voorval as ’n aanval op die soewereiniteit en selfbeskikking van die mense van Iran,” sê Magashule.

Volgens Magashule kan Suid-Afrika en ander lande nie stilbly terwyl die VSA se optrede die vrede en veiligheid van ander ondermyn nie.

“Ons doen ’n beroep op die nasies van die wêreld om deur die Verenigde Nasies ferm en vinnig op te tree teen hierdie daad van internasionale terrorisme. Ons doen ’n beroep op alle partye in hierdie konflik om vrede ’n kans te gee.”

Genl. Qassem Soleimani (Foto: ANA)

Maroela Media het vroeër berig duisende roubeklaers het Saterdag aan ʼn begrafnisoptog deur die strate van Bagdad in Irak deelgeneem ter nagedagtenis van genl. Qasem Soleimani en die ander Iranse militante wat in die aanval gesterf het.

Abu Mahdi al-Muhandis, die adjunkbevelvoerder van die Iranse militante groep bekend as die Popular Mobilization Forces (PMF) en ’n adviseur van Soleimani, is ook in die aanval dood. Soleimani was die hoof van Iran se elite Koeds-mag.

Woedende roubeklaers het teen-Amerikaanse slagspreuke soos “Dood aan Amerika!” geskree, terwyl hulle plakkate omhoog gehou het wat lees: “Ons is almal Soleimani en al-Muhandis.”

Pres. Donald Trump van die VSA hou egter vol sy land het opgetree om ’n oorlog te beëindig, nie om ʼn oorlog te begin nie.

Trump beweer dat Soleimani dreigende en onheilspellende aanvalle op Amerikaanse diplomate en militêre personeel beplan het.

Volgens Magashule verwerp die ANC “regse en populisties-geleide eensydigheid wat kollektiewe wêreldwye besluitneming ondermyn.

“Ons dra saam ’n verantwoordelikheid om vrede in die wêreld op te bou, te bewaar en te handhaaf. Die ANC is gereed om met alle vredeliewende lande in die wêreld saam te werk om blywende vrede in Afrika en die res van die wêreld te vind,” sê die sekretaris-generaal.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Msp ·

Die anc is maar net ń party wat sy brood aan alle kante gebotter will hê, hulle praat nie names Suid Afrikaners nie. America se optree was 100% reg. Vernietig terrorisme sovêr julle kan. Mag God se seen en bystand Israel en Amerika se veiligheidmagte oorskadu en elkeen van hulle deur sy liefde en genade beskerm word.

Ekke ·

ANC kannie eers die probleme in hul eie land oplos nie en nou meng hulle in waar hulle sleg 2de gaan kom. Trump staan vir niemand terug nie. ANC dink hulle is so groot en magtig….hulle het nog nie groot en magtig gesien nie!

Yolande ·

Kan ons dalk vir Trump die ANC se fisiese adres stuur,en vra vir n paar van daai droms om n draai by die ANC te kan kom maak.ANC kan nie eers vrede in sy eie land handhaaf nou wil hulle kom met die wereld ,rerig .Fix jou eie probleme voordat jy worry oor ander sin.

Hanie ·

Hoekom is hy (lees ANC) nie so uitgesproke oor die klomp palestyne wat vir israel so teister nie. Of oor dieselfde Iran wat Israel met totale vernietiging dreig. Dis maar die begin vir Iran en al sy bondgenote se einde. Wanneer God toetree bly daar van Rusland, Turkye, Iran, Irak, Sirië en hulle ander bondgenote niks oor nie. Kinders van God, hef op julle oë na die hemele want ons verlossing is naby. Hier kom ‘n ding!

Albert ·

Die ANC voorheen n terroriste organisasie wil nou vir Trump vertel wat om te doen en nie te doen nie. Pasop wat julle se dis nie te moeilik vir Amerika om julle ook uit te haal nie en raai wie is eerste. Hou aan om vir Trump te tart en gee julle steun aan Iran en kyk wat gebeur. Julle word ook dopgehou.

Stellie ·

Ou Ace wil heTrump moet stilbly oor moorde en niks daaraan doen nie, soos hy en sy kaders stilbly oor plaasmoorde en niks daaraan doen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.