ANC veroordeel aanvalle in Zim, Ethiopië

Argieffoto

Die ANC het dié naweek die twee ontploffings in onderskeidelik Addis Ababa in Ethiopië en Bulawayo in Zimbabwe ten sterkste veroordeel.

Pule Mabe, ʼn woordvoerder vir die ANC, sê die regerende party beskou dié aanvalle as “barbaars”. “Dis lafhartige moordpogings wat doelbewus probeer om die lande te destabiliseer en verwarring en ʼn ongunstige klimaat in ons susterlande te skep,” sê Mabe.

“Hierdie barbaarse dade het geen plek in ʼn vreedsame, voorspoedige en geïntegreerde Afrika wat transformeer en poog om inisiatiewe vir groei en volhoubare ontwikkeling te versnel nie. Dit moet ten sterkste veroordeel word en nie toegelaat word om weer te gebeur nie.”

Die ANC het ʼn beroep op owerhede in beide lande gedoen om die ondersoeke na die voorvalle af te handel en die skuldiges te laat boet.

“Ons doen verder ʼn beroep op alle gemeenskappe op die Afrika-vasteland en hier tuis in Suid-Afrika om waaksaam te wees en om enige verdagte dade aan die polisie en veiligheidsagentskappe te rapporteer. Ons moenie toelaat dat ons lande gebuk gaan onder die gebruik van geweld en sluipmoorde as ʼn manier om politieke teenstanders en diegene wat verskillende posisies as ons beklee, van stryk te probeer bring nie.”

Die jongste getal beseerdes in die aanval in Bulawayo in Zimbabwe het Sondag op 41 mense gestaan. Talle Zanu-PF-hoës, onder wie adjunkpres. Kembo Mohadi; die Zanu PF-voorsitter, Oppah Muhcinguri-Kashiri; die nasionale politieke kommissaris, Engelbert Rugeje; en talle BBP-veiligheidsbeamptes, is in die voorval beseer.

Volgens die Zimbabwiese entrepreneur Trevor Ncube is Marry Chiwenga, vrou van adjunkpres. Constantino Chiwenga, glo ook in die voorval beseer. David Parirenyatwa, die land se minister van gesondheid, het egter gesê geen sterftes is aangemeld nie.

Die ontploffing by die byeenkoms in Addis Ababa wat bedoel was om steun aan die land se nuutaangestelde eerste minister te toon het minstens een lewe geëis en talle ander beseer. Die ontploffing het glo plaasgevind kort nadat Ahmed sy toespraak by Meskel Square in die land se hoofstad gelewer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Joshua ·

Maar onse ANC regime se niks oor die plaasmoorde en aavalle op Suid Afrikaanse boere nie.

Snowball ·

Hulle stilswye is hulle antwoord. Dit kwalifiseer nie op die prioriteitslys van die regering om PLAASMOORDE te verdoem nie.

Verlig ·

Gelukkig het hulle die goed veroordeel. Ek voel nou beter dat dit veroordeel is. Dit beteken die probleem is opgelos. Ppphhhhheeewwwww! Dankie anc dat julle dit VEROORDEEL het. Waar sou ons wees as dit nie veroordeel was nie.

Freud ·

Die barbaarse aanvalle in buurlande word veroordeel maar daar word nie n woord gerep oor drie plaasboere wat in 24 uur vermoor is in SA nie. Is dit nou minder barbaars as wat in ander lands gebeur?

hendrik ·

Het ek nounet gelees “die ANC veroordeel aanvalle ten sterkste,….en woorde soos…barbaars …destabilisering….verwarring…barbaarse dade in voorspoedige en vreedsame Afrika…volhoubare ontwikkeling. Nou laat hulle my lag. Ek kan maar net se ..”ANC ,begin hier by die huis en kyk na jou eie misdaad rekord.

Snowball ·

Aitsa! Kyk net die parate ANC, veroordeel sowaar geweld in Afrika! Ander lande moet waak teen “destabilesering en verwarring” veroorsaak deur opposisie partye! Vergeet van GRONDGRYPE deur EFF aangepor? Vergeet van grootskaalse destabilesering agv misdaad? Vergeet van Ekonomie lamgelê deur stakings en geweldage protesaksies? Practice what you preach! Veroordeel ‘n slag die mishoop waarop julle koning draai.

Johanna Botha ·

Vee eers voor jou eie deur anc …..52 moorde n dag in SA ! ! ! Wat makeer die anc en polisie in die algehele wettelose land ….ons het eintlik verhuis sonder om een damn tas te pak !

Herinneringe ·

Dit laat my terugdink aan die Pretoria Kerkstr.-bom, Magoo’s bar-bom, die aanval op SASOL 2&3 in 1985, SWAPO se aanvalle op plase in SWA (nou Namibië). So kan ek aangaan waar die verminking en dood van talle onskuldiges plaasgevind het. Vandag is straatname hernoem na hierdie ‘strugglers’. Nee-wat, begin eerder tuis en begin die plaaslike bevolking, maak nie saak watter etnisiteit, te beskerm soos vereis deur die nikswerd grondwet. Ons is nou moeg vir plaasmoorde, paaie wat afgesper word oor protesaksies (pragtige woord), moord in informele woongebiede, wanfunksies van munisipaliteite ens. ‘Huigelaar, haal eers die balk uit jou oog en dan die splinter . . . ‘

Mag ·

Presies wat die geagte ANC hier in ons eie land teen ons eie Burgers gepleeg het vanaf die mid sewentigs. Talle onskukdige burgers is vermoor en geskend,met hul bomme nou veroordeel hul presies wat hul gedoen het – WAT ‘N GRAP!!! Almal wat daardeur is, is nog nie dood nie!

Rupert Ashford ·

Mos nou presies waaraan ek ook gedink het. En die bloedspoor loop van daar af tot vandag toe. Wat jy saai sal jy maai. Die ANC en sy “susterbewegings” het hierdie werkswyse mooi gedemonstreer. Hoekom sal ander dit nie ook nou probeer nie ( en in beide gevalle is dit heel moontlik oorblyfsels van “bevrydingsbewegings” wat verantwoordelik is).

thinus ·

ANC julle kan maar piep en kwaak oor die’ geweld, weet maar net dis julle voorland!
Sodra julle al die wit mense geknak het en nie meer so rojaal belasting kry nie, werk baie skaarsers is en misdaad die bbp verbysteek, sal julle herrinner word aan die Afrika manier. En julle beleef al reeds so ‘n voorsmakie ne’. Geniet dit solank.

Wilma ·

Geen woord oor boere en al die ander moorde in SA. Groei in Afrika. Hu leka lag ek nou. Al wat groei is die bevolking

Elvira Bothma ·

Maar julle veroordeel NIE DIE AANVALLE op SUID AFRIKAANSE BOERE EN BURGERS NIE. Hoe pateties !!!!!! FOETER AAN.

Hoc est bellum ·

Met ISIS wat reeds aanvalle in Mosambiek uitgevoer het, gaan sulke bomontploffings ook in SA plaasvind. 2019 se verkiesing gaan ander probleme veroorsaak waarvoor die SAPD tans nie opgewasse is nie. Sulke bomontploffings is een manier om dalk ander politieke partye af te skrik om vergaderings te hou en so bly die huidige regerings langer aan bewind. Die onlangse arrestasies en konfiskering van plofstof by Beitbrug laat mens wonder. Was dit vir transitorooftogte of vir iets anders bedoel?

Andre Reinecke ·

Die anc is een groot grap. Hier is talle oorloe binne Suid AfriKa aan die gang maar hulle wil n klein bom ontploffing in Zimbabwe veroordeel.

Michael ·

Seker bang dit gebeur met hulle. Die manier hoe hulle regeer is enige iets moontlik.

liz ·

Plaas die ANC veroordeel en deel eerder met die sinnelose moorde op plaasmoorde dag in en dag uit maar nee!!!! hulle bemoei hulle met ander lande se geweld, wat ‘n verskoninge vir ‘n party!!!!!

Casper Labuschagne ·

Hoe ironies dat die regerende party wat hul befaamde vryheidstryd gevoer het deur onskuldiges in kroeë en restaurante met kleefmyne op te blaas nou dieselfde taktiek as barbarisme veroordeel. Aan die ander kant het hulle wel nou die voorreg om die geskiedenis te herskryf soos dit vir hulle pas.

Neels Marais ·

Die ANC asook die President is baie vinnig om te reageer op moorde en bom ontploffings in ander lande, in Zimbabwe was daar niemand dood nie. Maar in hulle eie land word 3 boere in 1 naweek vermoor en geen woord word daaroor gerep nie, nadat daar vinnig opgetree en veroordelings was met die moorde in Moskees. Dit bewys net weereens dat hulle niksomgee vir die moorde op plaasboere of enige wittesn8e.

Koos ·

Die ANC het mos dieselfde metodes gevolg. Dalk kan hulle die ouens lesse gee?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.