ANC veroordeel FW de Klerk-stigting se uitlatings oor apartheid

Pule Mabe (Foto: Pule Mabe/Facebook)

Die ANC het ʼn verklaring deur die FW de Klerk-stigting veroordeel wat “ontken dat apartheid ʼn misdaad teen die mensdom was”.

Die ANC beskryf die verklaring as ʼn doelbewuste poging om die feite te verbloem.

Die FW de Klerk-stigting het in ‘n verklaring EFF-leier Julius Malema se aanval op die voormalige president tydens vanjaar se staatsrede veroordeel as “boelietaktiek om die demokratiese prosesse te ontwrig”. “Oudpresident en Nobelpryswenner FW de Klerk en sy vrou Elita moes [Donderdagaand] tydens die staatsrede herhaaldelike venynige aanvalle deur Julius Malema en EFF-LP’s aanhoor,” het die stigting gesê.

Die EFF het tydens die staatsrede versoek dat De Klerk uit die staatsrede geskop moet word, omdat hy die vorige week tydens ‘n onderhoud glo gesê het apartheid was nie ‘n misdaad teen die mensdom nie.

Die stigting het in die verklaring gesê “die idee dat apartheid ʼn ‘misdaad teen die mensdom’ was, bly politieke propaganda deur die Sowjetunie en hul ANC/SAKP-vennote om wit Suid-Afrikaners te stigmatiseer deur hulle te vergelyk met werklike misdade teen die mensdom – wat gewoonlik algehele totalitêre onderdrukking en die slagting van miljoene mense insluit.” Lees meer.

Pule Mabe, woordvoerder van die ANC, het Sondag in ʼn verklaring gesê De Klerk se bewering, in die onderhoud, 25 jaar later in ons demokrasie, wat ontken dat apartheid ʼn misdaad teen die mensdom was, is “ʼn klap in die gesig van ons verbintenis tot versoening en nasiebou”.

“Die ANC doen ʼn beroep op De Klerk en sy stigting om nie die verdrag te ondermyn wat die basis van ons demokrasie vorm nie. Die besluit en die motivering eerstens deur die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE) en daarna die hele wêreld deur die Verenigde Nasies om apartheid ʼn misdaad teen die mensdom te verklaar, is goed gedokumenteer. Die stigting is egter besig om hulself onkundig te hou en dit sal goed wees as hulle die geskiedenis navors.”

Mabe het bygevoeg apartheid as ʼn stelsel is op ʼn groot skaal gedoen en was sistemies, gegrond op geloof in die meerderwaardigheid van die wit minderheid en minderwaardigheid van die swart meerderheid. “Hierdie geloof het in die Unie van Suid-Afrika van 1910 uitdrukking gevind en gebou op die fondasie van kolonialisme en slawerny en oor 80 jaar van sistemiese verdrukking van die stemlose meerderheid.

“Dit het uitdrukking gevind in grondonteiening deur die Wet op Grond van 1912 en 1936, die gedwonge verwydering van mense, die meer as 17 miljoen Suid-Afrikaners wat tussen 1921 en 1986 in hegtenis geneem is oor paswette, die doelbewuste beleide om nie die swart kind op te lei nie, die uitsluiting van swart werkers en swart professionele persone van seker bedrywe, die verwoesting van voedselsekerheid van die meerderheid deur pasbelasting en grondonteiening en die lys gaan aan.

“Apartheid was ʼn gewelddadige stelsel van verdrukking en onderontwikkeling en die Verenigde Nasies het in 1973 dit korrek verklaar as ʼn misdaad teen die mensdom, gedefinieer as ‘onmenslike dade wat gepleeg is vir die doeleindes om dominasie deur een rassegroep of persone te vestig en uit te bou bo enige ander rassegroep of persone en hulle sistematies te onderdruk’.

“Die land is dus geskok en ons wil almal weet: Mnr de Klerk, was apartheid enigiets anders as dié definisie wat deur die hele wêreld onderskryf word?”

Mabe het gesê die ANC sal nie die projek van nasiebou laat vaar nie. “Ondanks uiters onverstandige verklarings deur die stigting, sal die ANC nie ontspoor word van sy projek om die nasie te herbou uit die as van apartheid en die nalatenskap van armoede, werkloosheid en ongelykheid nie.

“Ons sal steeds saamwerk om menswaardigheid vir almal te verseker en die opdrag voortsit wat in die Grondwet gestel is ‘om die ongeregtighede van die verlede te erken, die verdeling van die verlede te herstel, en ʼn samelewing te vestig gegrond op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en fundamentele menseregte’.

“In die belang daarvan om nasiebou en versoening te bevorder, doen die ANC ʼn beroep op die FW de Klerk-stigting om onvoorwaardelik sy onverantwoordelike verklaring terug te trek en sy toewyding te wys om ʼn Suid-Afrika te bou wat ons almal wil hê,” het Mabe bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Snowball ·

Liewe ANC, niemand wil die nasie òf die SA hê waaraan julle tans bou nie. Dis ‘n misdaad teen alles wat goed en reg is, want julle floreer in korrupsie en met 54 moorde ‘n dag is julle direk en indirek verantwoordelik vir die hool waarin SA verander het. Julle het ‘n ‘cheek’ om te dink iemand moet aan julle ‘vereistes’ voldoen vir enige iets. Julle is die grootste mislukking en golf van verwoesting wat hierdie land nog ooit beleef het.

Nie Verbaas ·

ANC laat my skater van die lag!! Watter versoening en nasie bou praat hulle van? Die land is dan nog boonop verwoes en bankrot!

Johan Venter ·

Hier is goeie raad vir die ANC, hou op om verskoning te soek en jul ore aan praatjies uit te leen, jul reaksie maak nie ‘n vaal kol aan die realiteit nie: Beweeg aan, julle kan niks aan die verlede verander nie, dit lyk my die gewilligheid ontbreek om iets aan die toekoms te doen, maar miskien moet julle tog hierop ag slaan:

Julle en die ANC regering moet vir julle 3D drukkers, soos Sjina kry, dan kan julle al die strukturele probleme en gebreekte toerusting tjoeftjaf, sommer binne ‘n japtrap by al die Staatsbeheerde instellings regmaak, ook onderhoud doen, daarna kan julle dit aanwend om superstede en slimstede met ‘n slaagsyfer van bo 30% te bou.

Neem tog die land vir ‘n slag positief die toekoms in … met iets wat werk!

Manie ·

Sjoe ja wys jou nou net weer Nou is ons weer op dieselfde ou lyne

Antoinette ·

Xenophobia is ook ‘n misdaad teenoor die mensdom. So ook verkragtings, kindermolestering/moord, mense vermoor vir R50 of weerlose mense op plase aanval en vermoor. En wie mag ek vra is die grootste oortreders? Ek praat nie apartheid goed nie, allermins, maar “practice what you preach,” EFF. Dissiplineer ‘n slag julle eie mense.

Nell ·

Nee Mabe, ek wil beslis nie die RSA hê wat ‘julle” wil hê nie, want met sulke stene (bedrog, plundery, moord, korrupsie ens., ens., ens.) kan g’n mens ‘n nasie bou nie.

George ·

mabe gaan kyk n bietjie na die feite die apartheids regering het in die 60 tigs meer aan swart onderwys as wit onderwys spandeer

Blikkantien ·

Slagoffermentaliteit. Daar was baie erger “ crimes against humanity “ oor eeue heen.

Vrystater ·

Malema moet dalk eers “Inside Quatro: Uncovering the Exile History of the ANC and Swapo ” deur Paul Trewhela (Jacana Media) lees voordat hy besluit waarheen om sy vingers te wys.

Vrystater ·

Malema, en ons almal ook, moet liewer kennis neem van wat regtig besig is om in China te gebeur.

Google en lees gerus:

Viral Alarm: When Fury Overcomes Fear
An Essay by Xu Zhangrun, Translated and Annotated by Geremie R. Barmé

Michael ·

Ek stem saam fw de klerk praat baie maar doen min hy het minderhede sê regte gewaarborg tydens sy leuens om die mandaad te kry om die anc te ontban.Ek het hom of sy mickey muis stigting nog nooit gesien die regering hof toe vat oor die verbreking van die kodesa ooreenkoms nie,al wat hy doen is mompel iets op die 2 de Februarie elke jaar,pleks kry hy vlugtelinge status in Griekeland

antieke antie ·

het die mense net nie werkende verstande nie of wil hulle nie verstaan nie…

jinny jualinda ·

Loop kyk liewer hoe julle eie leiers misdaad pleeg teen julle eie mense.

Johan Venter ·

Maar gaan kyk wat se kommentare word onderaan die berig by die skakel hier onder gelewer, daar klap julle almal vir Julius hande en verguis vir FW net omdat julle so kwaad vir hom is oor sy optrede na die 1992 referendum om eiereg te neem, maar dit het mos nou sweet blou niks met sy uitlating soos hier bo oor Apartheid te make nie! En net daar raak julle toe die kluts kwyt.

https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/de-klerk-stigting-reageer-op-eff-aanval/

Amatambo ·

Hierdie spul paloekas sal enigiets doen om alles in sy kanon in tes tuur…

Jaco ·

Geagte ANC. Hiers my voorstel vir n oplossing van SA se probleme: bring apartheid terug en dan pas julle dit op die wit minderheid toe. Onteien on sonder vergoeding oral behalwe in die Wes Kaap en dwing ons om almal soontoe te trek. Gee ons daar ‘n mate van selfregering, soos wat julle groot vriend China met Hong Kong doen. Laat ook buitelandse beleggings daar toe en belas ons maar hoog. Ten minste het ons darem almal werk en julle kry geld om die res van SA reg te kry. Vat ook ons stemreg vir die nasionale parlement weg. Dis minder van ‘n verlies as om werk te verloor. En as julle wil, laat ‘n paar van ons kundiges toe om eskom, SAL ens weer reg te kry. Onthou dat ons dan net werk. Ons is dan geen politieke bedreiging nie.
Dit kan alles werk. Moet net nie soos ons voorouers wees nie, wat met “dit kan nie werk nie” as verskoning kans op kans op kans vir ‘n beter toekoms laat verbygaan het.

Willem ·

Gaan kyk watter state by die VN het daardie mosie gesteun. De Klerk is reg – dit was die mees onderdrukkende en radikale spul state wat dit gesteun het. Die beskaafde lande het nie daaraan deelgeneem nie.

Anel ·

Nou kom ons kyk: hoeveel mense is tydens apartheid dood, en hoeveel is nou tydens die afgelope sogenaamde demokrasie die afgelope 25 jaar dood, vermoor! Wat het alles toe gewerk en wat werk nou. Hoeveel mense was werkloos en hoeveel nou. En so kan ek aan gaan.

Anoniem ·

Nee antieke antie, hulle het nie verstand nie, want hule verkies om vasgeketting te bly in die apartheidsera wat verby is. Hulle wil nie ‘n toekoms bou nie.

Santjie ·

Ja, en nou byt die een wat hy (FW) gevoer het hom ne? die EFF dink nie mooi nie, want was dit nie FW was hulle “vry” gemaak het nie?

Leon ·

Apartheid was rassisme. Die VSA en Kanada, Australië, Nieu Seeland en nog baie lande bedryf openlik rassisme. Dan is hulle ook mos ‘n ‘n misdaad teen die mensdom. Hoekom veroordeel die ANC nie vir die VSA, Kanada, Australië en Nieu Seealnd nie? Wys jou hoe min kennis hulle het.

Jakes ·

Die agbare Mabe, ANC en EFF kan klae tot die perde horings kry, hulle is self skuldig aan moorde op onskuldige mense tydens die struggle. Trouens, daar word gemiddeld 1740 mense per maand in SA vermoor. Is dit nie ook n misdaad teen die samelewing nie? Na 26 jaar van ‘demokrasie” het SA in n derdewereld land verander wat waarskynlik n 100 jaar sal neem om ons te plaas waar ons was voor 1994.

Strandloper ·

Nou toe nou….try tog asb iets anders wat sin maak…die perd is nou al hol rug gery!

Morne ·

Apartheid is nou misdaad teen mensdom. Ons jong seun het op die grens vir alamal baklei, ons het die land veilig gehou. Wat van die bomme wat die ANC geplant het waar mense DOOD is, is dit dan nie ook misdaad teen mensdom nie. Nee in hulle oë is mos fighting for freedom. Hulle moet baie mooi dink wat hulle sê wat misdaad teen mensdom is. Die ANC haal net sekere goed uit die geskiedenis en dan hamer hulle daar op. Ons het nou al genoeg jammer gesê oor apartheid en hulle gooi dit elke keur in n mens se gesig.

Mieke ·

As jy fout wil soek gaan jy dit kry… of jy reg is, is ‘n ander saak! ANC en EFF kan maar eers voor hulle eie stoep vee! Wat van al die plaasmoorde… ens., ens., ag, mens raak sommer siek wanneer jy aan alles dink!

Roelf ·

NOG GEEN ANC OF ANDER ROOI PARTY NAR HOOR KLA OOR MASSA MOORDE OP ONS KOS VOORSIENENDE BOERE NIE. WAT PLA DE KLERK SE WOORDE JULLE NOU TOG SO – HY HET NOU NET OMVERSKONING GEVRA – GEVAL ONDER DIE DRUK – GAAN DIE GEGRIEFDES NOU RUS. RED NOU N VOLK MET SO N NASIE !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.