ANC veroordeel lewensverlies by ANC-vergadering

ANC-se-vlag-deur-ANA

(Argieffoto: ANA)

Die ANC veroordeel ten sterkste berigte van lewensverlies en geweld by takvergaderings wat die afgelope naweek landswyd gehou is.

Twee mense is Saterdag dood en 14 ernstig beseer tydens ʼn skietery by ʼn ANC-takvergadering in Limpopo. ʼn Wyksraadslid moes tydens die vergadering vir Lephalale (Ellisras) aangewys word.

Pule Mabe, woordvoerder van die ANC, het gesê die ontwrigting van organisatoriese prosesse en vergaderings van die ANC “is ʼn nuwe kanker wat uitgeroei moet word”. “Hierdie negatiewe gedrag van boewery het geen plek in ons organisasie nie.”

Mabe sê die ANC sal geen steen onaangeroer raak om ondersoek in te stel en die identiteit van diegene wat betrokke was, te onthul nie. “Indien hulle lede is, sal hulle dadelik geskors word en by wetstoepassers aangemeld word.”

Volgens Mabe beskerm en verdedig die grondwet van die ANC die reg van lede om vrylik aan alle demokratiese prosesse deel te neem en hul eie menings te lug sonder vrees of voordeel.

“Die ANC stuur ʼn sterk waarskuwing aan diegene wat ten doel het om die organisasie se eenheid te ondermyn.”

Hy het bygevoeg dat meer as 2 500 uitvoerende takkomitees al sedert Maart 2021 in 4 500 takvergaderings landswyd grootliks vreedsaam aangewys is.

Dit is nog nie duidelik wat tot die geweld aanleiding gegee het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Riaan ·

Wat anders het julle verwag? Julle weergawe van ‘n demokrasie is: Sê wat ons wil hoor of …

Persheks Adri ·

Julle is die groot kanker huidiglik tsek man! Veroordeel ook net als doen niks patete

Chris dupreez ·

Pule Mabe, jy sê boewery het geen plek in julle organisasie nie, word wakker man. In watter anc is jy

Sarel ·

Nou word kamtig met skok kennis geneem. Hoekom
Kinders bsklei op skool

koos10 ·

Seker wettige vuurwapens?
ANC, erken dit net een maal asb, julle het beheer verloor. As julle eie lede mekaar vermoor, is julle oor die muur.

Henri ·

Iemand het seker sonder ‘n masker opgedaag en genies, toe breek alle hel los…

Interessante prioriteite van die ANC. Sal eers uitvind of hulle lede is. Dan hulle skors uit die ANC. Dan hulle aangee by die wetstoepassers.

MakersMark ·

Dis maar die styl daai. Mooi pakke en kopdoeke, blink motors en lyfwagte maar onder al daai verf is min beskawing.

Janc ·

Hoe dan anders. Die ANC is bekend vir sy geweld en kriminele aktiwiteite en daar is geen vooruitsigte dat een persoon dit sal kan verander nie.

Kobus ·

“geskors word” Maw,geen vervolging. Die rampokkers sal dus met ope arms by die ander partye ontvang word. Wys jou maar,as jy nie jou sin kry nie is geweld die oplossing

Anoniem ·

“Twee mense is Saterdag dood en 14 ernstig beseer tydens ʼn skietery by ʼn ANC-takvergadering in Limpopo” Hul eie mense wat dit doen, was dit met wettige gelisensieerde wapens of onwettige wapens? Nie eens hul eie mense kan verdraagsaam met mekaar wees nie.

Kokerboom ·

Die ANC leer nou op harde manier dis moeilik om weg te stap as jy eenmaal ‘n negatiewe etiket om jou nek het!!

Misky ·

Sy is so koel en kalm asof dit ‘n alledaagse ding is. Niemand is inhegtenis geneem nie en hulle sal eers ondersoek instel. Darem lekker neh en bo die wet verhewe

Jr ·

Ja nee wat meer kan n’ verstandige mens meer sê.
Ver verby – SA verlore piesang republiek

Nie Verbaas ·

“Die ANC stuur ʼn sterk waarskuwing aan diegene wat ten doel het om die organisasie se eenheid te ondermyn.” Julle mense is duidelik moeg vir julle leuens.

Jakes ·

Dit is Afrika demokrasie. As iemand nie met jou saamstem nie dan word n vuurwapen uitgehaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.