ANC veroordeel Molefe se heraanstelling

Brian Molefe. Foto:leadershipplatform. com

Die ANC het Vrydag gesê dat hy met Lynne Browne, minister van openbare ondernemings, sal vergader om oor Brian Molefe se heraanstelling as hoof van Eskom te praat.

“Die ANC veroordeel hierdie roekelose besluit deur die raad van Eskom om Molefe weer as hoof aan te stel,” het die ANC gesê.

Dié nuus is deur Khulani Qoma, Eskom se woordvoerder, bevestig. “Hy kom definitief Maandag terug; ons kan hom nie weghou oor die staatskapingsverslag nie. Daar is self erken dit was nie volledig nie,” het Qoma gesê.

Dit is ook bevestig dat Molefe as lid van die parlement bedank het. Hy is in November 2016 weg by Eskom ná hy met die omstrede Gupta-familie verbind is in die staatskapingverslag. Daar word spesifiek melding gemaak van die Guptas se maatskappy, Tegeta Exploration and Resources, wat een van Eskom se steenkoolverskaffers is.

Brown het verlede maand kapsie gemaak teen Eskom se plan om Molefe ʼn pensioenuitbetaling van R30 miljoen te gee en dit is uiteindelik afgekeur.

Molefe het as parlementslid sowat R100 000 per maand verdien in teenstelling met die sowat R792 000 per maand wat hy by Eskom verdien het.

Die ANC meen die bewerings teen Molefe is nog nie ter syde gestel nie en sy eie poging om sy naam in ere te herstel is ook nog hangende.

“Om hom dus weer aan te stel sonder dat hierdie sake opgeklaar is, verontagsaam die Suid-Afrikaanse publiek se moedeloosheid en woede teenoor die regering se houding heeltemal as dit kom by die hantering van korrupsie,” het die ANC gesê.

Qoma het gesê daar sal weer gesprekke wees as die staatskapingsverslag as volledig verklaar word.

Die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge is vandeesweek deur die nasionale tesourie ingelig oor ʼn verslag van PricewaterhouseCoopers (PwC) oor Eskom se kontrakte met Tegeta. Daar is bevind Eskom se kontrak met Tegeta bevat talle teenstrydighede.

Die IVP het ook gesê Molefe se heraanstelling by Eskom is ʼn skande. Min. Brown se kantoor sal glo later vandag ʼn verklaring uitreik.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Kiepie ·

Wag Meneer, nou verstaan ek nie mooi nie!? Dis onverskullig van Eskom om hom weer aan te stel maar julle het hom goed genoeg geag om hom ‘n plek in die soustrein (lees parlement) te gee? Eish!!

jaco ·

Eskom is n semi-staatsinstansie, ‘n sogenaamde openbare onderneming. die staat, wat deur die ANC beheer word, het ‘n aandeel in Eskom. So eintlik kla die ANC omdat die ANC vir Molefe by Eskom heraangestel het. Iets absurds is hier aan die gang.

Willem ·

Ek is seker die regering kan n paar gaatjies help toestop eerder met dai tipe geld as om dit te betaal aan 1 individue permaand…..hoeveel huisgesinne kan nie in n maand met dai bedrag bygestaan word nie. Belaglik om die minste te se!!!!

Amanda ·

Jip, dis hoekom ons so baie vir krag betaal sodat hy daai tipe salaris kan kry. Jy sal jou hande saamslaan as jy sien wat die skoonmakers van die Munisipaliteite verdien. Het al die betaaladviesstrokies gesien…..gedink ek sal maar eerder n ou teetjie gaan maak en bietjie afstof en so hier en daar bossies uittrek dan hoef ek nie bekommerd te wees oor targets elke maand nie.

Stefan ·

Hoe kan hy 790k per maand werd wees? Al die boeties sorg mekaar terwyl hulle mense net elke dag swaarder kry! Dis belaglik om die minste te se!

Trots Afrikaans ·

Ek het self ‘n baie “doenige” woord sag deur my twee verbaasde lippe laat glip….

WitBlits ·

Wees bly Jan van Riebeeck het hier aangeland anders was daar nog ‘n NUL by daardie maandelikse herverdelingsbedrag!

Boer ·

As Jan v Riebeeck nie hier geland het nie, het die Chinese hierdie land nou besit. En mnr Molefe sou nie R790000 per maand verdien het nie

al ·

Waarom raak die ANC nie eerder van zums ontslae nie, stel ñ leier met integriteit aan, dan sal die res van die probleme/aanstellings vanself opgelos word…

CAROL ·

EK SOU OOK GRAAG DAAI SALARIS WOU VERDIEN MAAR GLO NIE MY VEL KLEUR SAL DIT TOE LAAT NIE

Justice ·

Met `n parlementere salaris van 692% minder as wat hy by Eskom verdien het vrek die Molefe familie teen die tyd van die honger – have a heart.

Kosie ·

ag ons weet niks van wat aangaan nie. Lees die ouens wat so geld en mag behep is nie bybel nie?

Trots Afrikaans ·

Wag, nou pluk ek verward. Wie is nou weer die finansieel bevoorregtes????

foxi ·

Goeie genugtig………..hoe op deesaarde kan jy soveel n maand verdien? Hoeveel mense ly nie net honger nie. Hoe leef n mens met so n gewete………….

Robert ·

Hoe kan Lynne Brown toelaat dat hy her aangestel word. Die man was dan onbevoeg om sy werk op ń vorige aanstelling te doen.
Die hele spul is korrup en ons moet bly betaal vir hul gemors. Daar is geen lig aan die einde van die tonnel nie.

Willem ·

Met daardie salaris kan hy vir ‘n hele paar agtergeblewenes erwe koop! Hy het mos besluit om parlement toe te gaan. Nou het hy self bedank…..hy moet mos nou maar vir hom werk loop soek! As ek bedank by my werk, gaan hulle my nie terugvat nie!!

Francois ·

Hier is ‘n slang in die gras..nee ‘n Anankonda..nee ‘n Ysbreg se punt in die see…..

Johan Fourie ·

EN HIER GAAN ONS AL WEER KRAG AAN KRAG AF KRAG AAN KRAG AF.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.