ANC veroordeel moord op aarbeiboer

Jeffrey en Beverly Zetler. Foto: Facebook

Die ANC in die Wes-Kaap het sy skok uitgespreek oor die moord op die bekende aarbeiboer Jeffrey Zetler.

Zetler, eienaar van die bekende Mooiberg-padstal net buite Stellenbosch, is Saterdag laatmiddag dood nadat hy verskeie kere met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek is in sy kantoor op die Brakelsdal-plaas.

“Ons stuur ons medelye aan die hele Zetler-familie, kollegas by Agri Wes-Kaap en die hele boerderygemeenskap van Stellenbosch,” het Faiez Jacobs, die ANC se provinsiale sekretaris, gesê.

Jacobs het gesê die ANC beskou plaasmoorde in ’n baie ernstige lig en stem saam met Agri Wes-Kaap dat een moord een te veel is.

“Die ANC is baie bekommerd oor statistiek wat vroeër die jaar vrygestel is waarvolgens huishoudings in die Wes-Kaap meer geneig is om die slagoffers van misdaad te wees as in enige ander provinsie.”

Jacobs het gesê huishoudings op plase het dit nog moeiliker weens hul isolasie en afstand wat hulle ʼn maklike teiken vir misdadigers maak. “Ons doen ʼn beroep op ons polisiedepartement om meer hulpbronne en polisiebeamptes te verskaf, spesifiek om huishoudings te beskerm, insluitend ʼn groter polisiesigbaarheid en patrollies by afgeleë plase reg oor die provinsie.”

Zetler het lone aan sy werkers betaal en was besig om die groep werkers te vervoer toe hy oorval is.

“Die verdagtes het aangedring op die sleutels van die kluis en Zetler beveel om dit vir hulle oop te sluit. Hulle het hom van kontant én ander goedere beroof en hom daarna met ʼn mes doodgesteek. Zetler is minute later op die toneel dood,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê.

Zetler se vrou, Beverly, het Saterdag verjaar. “Daar is geen woorde wat ooit ons verlies en verplettering kan beskryf nie. Jeff, Pa, jy het soveel aan so baie mense gegee en so ʼn verskil gemaak in die lewe van jou gesin, jou Joodse gemeenskap, jou vriende, jou personeel en die hele wêreld,” het Nicole Shapiro, een van Zetler se twee dogters, gesê.

Zetler is al vier keer vantevore beroof. Hy is tydens een van die voorvalle in die instapkluis vasgebind. Die polisie het gesê sake van moord en roof word ondersoek. Daar word na vier verdagtes gesoek.

Zetler is Dinsdag in die Joodse begraafplaas van Stellenbosch begrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Waarom die spesifieke geval ·

Waarom die spesifieke plaasmoord en nie die ander nie?

Lienkie ·

Want hierdie boer het aan 1000 of meer mense werk gegee, en nou gaan hulle, hulle werk verloor indien sy vrou nie met die besigheid aangaan nie.

liz ·

Ag assseblief, wat raak julle bekommerd, baie duidelik trek hierdie afskuwelike, skokkende daad baie verder as die Suid Afrikaanse grense, te laat om hulle nou te wil uitspreek, moes dit lankal gedoen het.

Rudi ·

Nou is hulle skielik bekommerd oor plaasmoorde! Maar hulle president self sê witmense het die “oorspronklike sonde” in SA gepleeg deur grond te “beset!” Wat verwag hulle dan nou?

Chrisjan ·

My somme laat my in die steek: hoe lank na die tyd is dit nou? Who are you trying to fool?

Jeni ·

Almal se monde groot oor plaas moored, maar nie die regering of Afriform of DA doen
iets omtrend dit nie, want hoe gaan jy dit keer met die hele Afrika wat in SA is om die
BOERE uit te moor, hul is te lafhartig om dit op eenslag te doen sluip van agteraf wanneer
die boer sy harde werk doen. Maar die Here slaap nie ek wil sien hoelank gaan hierdie land oorleef sonder kos!

Jordaan ·

Afriforum probeer ten minste met buurtwagte en voorligting oor hoe om jouself weerbaar te maak, jy is duidelik nie op hoogte van al hulle aksies nie. Buitendien is hulle nie die regering wat veronderstel is om sy burgers te beskerm nie.

Chris ·

Al ons Afrikaners se monde is so groot na dinge gebeur het maar wat dra ons werklik by wil net weg hardloop en kommentaar lewer,Kom raak betrokke by die probleme vra net hoe waar en wat kan ons doen om te help,wat gaan ons doen as dit met ons gebeur ?

TDW ·

Daar’s ‘n eerste vir alles. Dankie ANC wes-kaap. Die waarheid heet jou welkom.

Anoniem ·

Mag die ANC ook so op die volgende plaasmoorde so reageer. Mag hierdie die draaipunt wees.

Hoe hartseer om nie te skryf “volgende plaasmoorde” nie….

GM ·

Jis julle, ek is nou so geskok, ek gaan stem sommer vir die ANC! Hulle veroordeel plaasmoorde? Wat gaan aan?

As ek so na die foto’s van die aarbeiplaas kyk, mis ek nogal my studentedae in Stellenbosch.
My innige simpatie aan sy naasbestaandes. Ek hoop daar kan voortgegaan word met die plaas en dat sy moordenaar vinnig gevang word.

tamboti ·

Eers 3 dae later? Nog steeds nie erkenning aan spesifiek plaasmoorde nie! En dit is net die Wes-Kaap ANC, nie die meerderheid nie.

Vals ·

Neewat – hou verby – ek voel ‘n veer vir wat die anc te se het.
Waaroor nie ook medelye met die ander plaasmoorde gee nie? Die antwoord presies daar.
So hou maar verby

Heila Fourie ·

Ag siestog nou skielik is ek jammer so jammer. gaan slaap asb. nie eens nodig om die lig af te sit nie eishkom doen dit sommer namens jou.
Heila Fourie

Coenraad D v Niekerk ·

ANC is besig om stemme te werfvir 2019. Kan hulle glad nie vetrou nie.

Dankie ·

Danie dat julle aandag gee aan n boer van een geloofsgroep, ek wens julle wil ook aandag gee aan boere van ander geloofsgroep.

Andre ·

Niks wat die ANC se beteken iets nie. Die feit dat die DA nog niks gese het beteken baie. Hulle gaan baie wit stemme verloor 2019.

Ouma ·

Ek verstaan nie – aan die begin van die berig word daar gesê hy is in sy kantoor verskeie kere gesteek. Laer af in die berig word daar gesê hy het lone uitbetaal en was besig om sy werknemers te vervoer. In ‘n vorige berig word daar gese hy het by’n hek stil gehou om die hek oop te maak terwyl sy werkers agter op sy bakkie gesit het. Wat is nou einlik die ware storie??????

marous ·

Want nou gaan hulle vir nog 1000 moet sorg , en hulle kan nie ……en hulle aarbeie en room elke oggend op die belasting betaler se rekening is ook nou klaar.

Aag asb ·

Skeingeiligheid van die ANC…hulle voel vere vir die blanke Afrikaners. Hulle vat als,gee opdragte uit,koop om,en is kop in een mis saam die EFF,die BLF DA en en en. Hul omgee kan nie vertrou word nie.

Theo ·

Stem saam dis net skeinheiligheid,hoekom kom die “skok” van n plaas moord net van die provinsiale sekretaris en nie van n ANC provinsiale leier of nog beter Ramaphosa self.
To little to late ANC!

Ore ·

Stem saam met Colleen.
Wonder net waar is die DA se verkalring?
Hulle leier was vinnig om saam met die agbare minister van sport Naas en Nick as rassiste te brandmerk maar reageer hulle nie op plaasmoorde nie.Kan ‘n DA lid dalk vir hulle leier inlig dat mense vrae vra of is sy fokus op die oorlewingstryd van sy party en die sirkus in Kaapstad?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.