ANC veroordeel plaasaanvalle en takel AfriForum

Argieffoto

In ʼn verrassende wending het die ANC Vrydagoggend ʼn amptelike verklaring uitgereik om spesifiek plaasaanvalle te veroordeel.

Die verklaring deur die ANC se nasionale woordvoerder, Pule Mabe, staan in skrille kontras tot pres. Cyril Ramaphosa se onlangse ontkenning van plaasaanvalle by die Verenigde Nasies in New York.

Dit kom in ʼn tyd dat Ramaphosa ʼn nuwe en gematigde adviespaneel oor landbou, waarin die georganiseerde landbou goed verteenwoordig is, aangestel het en die burgerregtegroep AfriForum sy internasionale veldtog ter bewusmaking van plaasmoorde uitbrei met ʼn besoek aan Australië, wat ʼn belangrike handelsvennoot van Suid-Afrika is.

In die verklaring sê Mabe die ANC doen ʼn beroep dat plaasaanvalle moet ophou.

“As samelewing moet ons bekommerd wees oor die strafregtelike aanvalle op plase. Ons moet besef dat plaasaanvalle nie net boere teiken nie, maar ook gevolge inhou vir almal wat in landbougebiede woon, onder wie uiters kwesbare lede van ons samelewing soos plaaswerkers en hul families,” het Mabe uitgewys.

Hy het bygevoeg dat die ANC ook diep bekommerd bly oor die feit dat plaaswerkers se regte ontken word, onder meer deur uitsettings van plase waar hul families reeds geslagte lank woon. Die ANC beskou dit as ʼn regstreekse skending van basiese menseregte.

Die ANC het terselfdertyd AfriForum by name veroordeel. “Die ANC neem voorts kennis van die kommerwekkende ingesteldheid van groepe soos AfriForum wat blind is vir die swaarkry van plaaswerkers. Sowel plaasaanvalle as uitsettings is ʼn skending van menseregte,” aldus Mabe.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het by navraag die ANC se veroordeling van plaasmoorde verwelkom, maar gesê dit is beslis nie genoeg nie. Die daad moet by die woord gevoeg word met die instel van ʼn gefokusde strategie teen plaasaanvalle en plaasmoorde.

Wat die ANC se stellings oor AfriForum betref, het Roets die ANC-kritiek verwerp en gesê AfriForum het reeds omvattend daarmee gehandel. Die organisasie sal ook ʼn verklaring daaroor uitreik. “Daar is nie betroubare data oor plaasuitsettings nie. Dit gebeur, maar die aard en omvang daarvan is onseker,” het Roets gesê.

Die ANC het ook die Noordwes-hooggeregshof se uitspraak, waarin Pieter Doorewaard en Philip Schutte skuldig bevind is aan die ontvoering van en moord op Matlhomola Moshoeu (16) nadat hy sonneblomme buite Coligny gesteel het, verwelkom.

“Die hofuitspraak stuur ʼn sterk boodskap dat niemand bo die wet verhewe is nie. Plaaswerkers het, soos boere, regte kragtens art. 25 van die Grondwet. As hulle verskuif word, moet hulle regverdige vergoeding ontvang.

“Die ANC doen ʼn beroep om die versterking van plaaswerkers en boere se verblyfreg te verseker. Een voorstel is om die gebiede op plase waar werkers bly, te hersoneer van landbougrond na huishoudelike eiendom,” het Mabe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Theresa ·

O, ok. Net toe ek dink hul gee regtig om vir die boere en dat hul ook teen plaasaanvalle is, toe skemer dit nou weer deur dis eintlik meer oor plaaswerkers en die ander mense op landelike gebiede. Hoe vreeslik teleurstellend.
Please leave Afriforum alone. They are not doing anything wrong.

Hannetjie ·

Theresa…daar is ‘n groot verskil om iets net te se …en te bedoel wat Anc gese het.En met dieselfde asem…word dan ook genoem…dat plaaswerkers steeds nie reg behandel word nie! Hul praat uit 3 kele uit

Yster ·

Val ek van my stoel af. Lees ek reg. Het die ANC regtig erken hulle pres. het gejok oor plaasaanvalle. En wat nog ook duidelik gesê moet word is dat as n plaaswerker sy werk doen mos nie sommer uitgesit word nie. Dis wanneer hy droogmaak en hy sy werk verloor wat hy moet skoert. Om natuurlik plek te maak vir mense wat wil werk.

Boertjie ·

Hoe kan hulle dan nou sê die Pres jok . Hy jok mos nooit.

Celtis Africana ·

Uiters bemoedigende regeringsuitsprake wat uitsluitlik die gevolg is van Afriforum en ander se volgehoue aktivisme.
Afriforum moet maar n krokkedilvel hê vir wat gaan volg…
Met feite, logika, deursettingsvermoë en die waarheid aan hul kant, sal daar verseker trompop botsings wees met diegene wat die teenoorgestelde agenda dryf…
Moet geensinds die aktivisme vir geregtigheid afskaal nie, want dit gaan ons redding wees…

waarheid ·

Ramapaddapot is aandadig aan elke plaasmoord na die leuen wat hy vertel het daaroor.

LouE ·

Uit die gebeure is dit duidelik dat AfriForum se buitelandse strategie vrugte afwerp.

Nie Stupid Nie ·

Hidden agendas kom duidelik na vore.
Ons is nie dom nie ramapaddapot. Dalk weet jy dit nie omdat jy die heeltyd saam met dom mense regeer. Kyk die vrou by SAID! Lekker voorbeeld!

Snowball ·

Sluwe, sluwe ANC. Noem plaasuitsettings in dieselfde asem as plaasmoorde, dan skep dit weer die indruk dat plaasuitsettings elke dag gebeur en dieselfde wreedheid het as moord. En so tussen die lyne, veel erger, die implikasie dat plaasmoorde dalk ‘regverdiging’ is van uitsettings. Geslepe en slu, so tipies ANC.

Roger ·

Gebruiklike ANC liegstories en propaganda….niemand word gedwing om op ‘n plaas te werk nie. Te gaan te lekker eerder…gratis huis en dienste. ANC se rassehaat gebruik egter plase as vuur vir hul kwaadstokery.

ES ·

En eeeweee skielik is Art. 25 van die grondwet weer geldig… dubbelstandaarde se Moses.

Ray ·

Goed opgetel ES, Artikel 25 pas hulle nou om te gebruik. Net soos dit hulle pas sal hulle hom voor jou gooi. Daagliks word die grondwet oortree en daagliks is daar een of ander verskoning oor hoekom die grondwet oortree mag word

Adri van Niekerk ·

Plaas aanvalle word beplan deur die ANC/EFF deur koverte inteligensie dienste en uitgevoer deur spesiale opgeleide moord bendes

Blits ·

Ja net soos ek gedink het, die plaasaanval sal weer gedraai word na hulle toe om hulle die slagoffers te maak van meseregte skending en uitsettings, die anc gebruik nou die plaasaanval kwessie om n ander agenda te dryf onder andere om die uitsetting van mense wat nie meer in diens van die boer is nie te keer, die anc het ALTYD verskeilde agendas

Essie ·

Stel net weer die doodstraf terug dan sal hierdie sinnelose moorde op n end kom,want jy sal nie iemand vermoor as jy weet vang hul jou loop jy dieselfde pad.

Blits ·

Essie sorry maar ek stem glad nie saam met jou nie, met die ANC EFF kombinasie in parly sal dit beslis nie n goeie idee wees nie en ook nie met die land se 3 dubbele standaarde nie, hulle sal die doodstraf vir al die wittes gee soos bv die coline mans wat ons almal weet onskulding is, die anc eff klomp sal dit gebruik om ons witmense nog verder uit te wis, hulle sal dit gee selfs as daar n poging tot moord, rasistiese klag is en nog al moet hulle dit opmaak.
Die dodstraf is nou in die tyd waar ons land hom bevind met sy gevalle wet en orde erg verkeerd

VanAfrika ·

Pule Mabe, nou hoe moet die plaaswerkers wat hul werk verloor het waar boere wreed vermoor is, vergoeding kry as hulle geskuif word, of sit ek nou die pot mis, daai plaas gaan dan seker nou vir behuising sonder vergoeding aan die familie wat agter bly in hartseer en rou.

Nel ·

Afriforum, hou net aan met julle veldtog. Soos die Engelse gesegde sê ‘something’s got to give’… Die ANC sal nie vir altyd met hulle sluheid wegkom nie.

Nick ·

Lieg deur hul tande!! Hulle voel niks vir enige uemand nie!!!

Andre ·

Go for it AfriForum hulle “Back Off” hulle sien wat die besoek aan Australie aan hulle beeld doen, nou moet julle die skroewe stywer aandraai,die is n duidelike bewys dat hulle julle nou begin ernstig opneem.
Hou so aan manne en hulle sal ingee aangaande hulle uitlatings.
Die volgende wat aangepak moet word is die korrupsie onder die aandag van die buiteland te bring en hulle heeltemal diskrediteer en almal ontmoedig om in ons land te bele as korrupsie nie sou stop nie en daar ook nie opgetree word teen die sulkes nie. volg die EFF se voorbeeld en “DEMAND” dan sal ons iewers kom.
DOEN SO VOORT JULLE YSTERS

Grassie ·

Ek glo dit is Afriforum se suksesvolle optredes in die buiteland wat die skynheilige ANC nou noop om hul storie oor plaasmoorde te verander en daardeur hul leier tot leuenaar te maak. Hulle probeer die aandag daarvan aftrek deur stellings oor plaasuitsettings te maak.Die feit is net – Afriforum het klinkklare bewyse vir elke plaasmoord waarvan hulle praat, maar die ANC het net wilde bewerings oor afsettings. Die buitelanders is nie onnosel nie. Ek glo ook die buitelanders (die beskaafdes) sal dit as logies beskou dat ‘n arbeider ‘n plaas sak en pak moet verlaat as sy dienste beëindig word. Dit is privaat grond, hy kan nie sommer gratis daar plak vir die res van sy lewe nie.

Emma ·

Die anc moet besef ons kry almal al hoe swaarder met hul korripsie. Ons verskaf werk maar kan nie meer kop bo water hou nie, en alles hulle toe doen met verhoging in petrol voedsel en dan nog n verhoging in Btw. Die anc sal nie vir ons opstaan soos Afriforum nie, wil ons in elk geval nie in die land he nie die dat regstellende aksie ook nie afgeskaf word nie. Trek die net al hoe nouer om ons wittes.

Ryan ·

Te hel met hulle teetjies en koek. En te hel met hul verwelkoming om onskuldiges te sien tronk toe gaan!

Waarheid ·

Die sluwe skelms wil dit laat klink dat uitsettings plaasmoorde veroorsaak.Afri sal die saak regstel en meer info moet aan die Buiteland gegee word.Ook die besteling van VBS bank sodat die buitewereld kan sien met wat ons hier te doen het.

Sp ·

So die ANC is agter die klaarblyklike onregverdige verhoor van Coligny? Het hul druk op die regter geplaas?
Die ANC is geneig om boere allerhande goed toe te slinger, maar dis agv plundery van staatsinstellings dat hul eie mense swaarkry en res van die land.
‘Man up’ ANC en kom jou verpligtinge na

alida ·

Ek het nog nie die artikel mooi gelees nie, maar ek kom agter die ANC is meer bekommerd oor die plaaswerkers as die wreedheid wat saam met die moorde gepaard gegaan het. As die boer dood is het die plaaswerkers nie meer werk nie en moet skoert en plek maak vir die volgende boer wat werkers sal aanstel wat wil werk. CR besef nie dat oor die uitgesproke woord het jy geen beheer nie na aanleiding van sy gelieg oorsee. Hoe gaan hy dit regstel wonder mens.

Annelize ·

Haai nooit! Welkom aan tafel ANC. Maar julle is nou regtig bietjie mostert na die maal, of begin julle nou al mooi broodjies te bak vir die volgende verkiesing?

bgj van der westhuizen ·

ek weet nie hoekom dink die regering as eiman op n plaas bly vir jare hy het die reg op die plaas te bly nie wand as ek dan vir jare werk vir n maatskapy het ek nie reg op dit nie as jy dan nie meer plaas werkers benodig nie dan moet hy trek dit is hoe die lewe is hoe gouer alle plaas werkers in dorpe bly oe beter sal dit wees and dan is hulle by alles

Jerry ·

Hierdie verklaring om plaasuitsettings op dieselfde vlak as plaasmoorde te plaas bevestig dat “black lives matter more”. Die ANC erken met die verklaring dat die plaasuitsettings, plaasmoorde regverdig. AfriForum kan met hierdie een enkele uitspraak die ANC se goedkeuring vir plaasmoorde bevestig en aan die groot klok hang vir die hele wereld om van kennis te neem en hopelik die ANC begin wantrou en straf.

Grassie ·

Jerry – ek moet hierdie keer heelhartig met jou saamstem.

TRANSLATE MM ·

@ Maroela Media: Hoekom kan julle nie engelse nuusberigte ook skryf nie. Ek is seker daar is baie engelse nuuslesers wat smag na geloofwaardige nuusberigte veral soos diè.

Tania Heyns ·

Dagsê Translate MM

Baie dankie vir jou navraag.

Maroela Media se nuusaanbod is in hierdie stadium ongelukkig slegs in Afrikaans beskikbaar. Ons visie is om ʼn Afrikaanse kuierplek op die internet te skep deur die lewer van hoë gehalte Afrikaanse nuus en inhoud, ten einde ʼn digitale Afrikaanse gemeenskap daar te stel waarbinne die Afrikaanse taal en kultuur plaaslik en internasionaal kan groei en gedy. Ons bied dus nie in hierdie stadium enige vertalings van ons berigte aan nie.

Ons hoop jy kuier nog sommer baie lekker verder saam op Maroela.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

TLC ·

Dankie MM vir die terugvoer
Daar is mos baie engelse nuusblaaie

Geweeg en te lig bevind ·

Iemand het die ANC kot geskud.
Hierdie artikel kan in 3 woorde opgesom word “ons is woedend”. Wonder wie? Down Under of Trump?
“Kill the Boer – Ernst Roets” contains all the statistics of farm attacks, TORTURE and murders ANC, bring your statistics and proof of farm workers rights being violated, which Afriforum asked you to provide.
In case you still haven’t read the book Ramaphosa:
“Well-known businessman Piet Els, (66) and his friend, Riekie Alsemgeest (68) were attacked on a farm near Kimberley in the Northern Cape on 23 January 2018. They were overpowered by four men, who burned them with hot clothing irons. Els’s toenails were also pulled out. He never regained consciousness and died after 111 days in hospital.”
Dankie Afriforum!

Judge Dredd ·

Hulle moan oor plaaswerkers wat geslagte lank al woon op ‘n plaas(en nooit die eiendom besit het) afgesit word – maar tog wil hulle boere wat al geslagte boer afsit van hulle plase (wat hulle besit) sonder vergoeding.

Die skynheiligheid van die ANC darem.

Riaan von Gericke ·

Doen so voort Afriforum!! Hierdie beheptheid met plaasuitsettings gaan die verstand te bowe!! Sodra ‘n werker nie meer in die Boer se diens is nie , of sterf, dan word ‘n ander werker aangestel. Die Boer het dan daardie woning nodig vir die nuwe werker!!! Hoe kan afgedankte werkers ‘n huis bly okkupeer?? As die Boere elkeen wat ontslaan of afsterf word moet bly huisves, gebeur dit ook met die Onderwyser wat sy lewe lank in die koshuis woon as Koshuisvader, of die Korrektiewe beampte wat op die terrein woon, of die soldaat, Polisieman, Waterwese beamptes by opgaardamme, ens ens????

jakes ·

Mabe se kamtige verklaring oor plaasmoorde is niks anders as skynheiligheid nie. Hoekom het hy Afriforum in sy verklaring betrek asook sy opinie gelig in die uitspraak van die Coligny saak? Mense wat nou nog enige verklaring van die ANC as geloofwaardig ag , moet liewer sielkundige hulp ondergaan. Die ANC het altyd verborge agendas en enige iets wat hulle kwytraak moet met n sak sout geneem word.

ne ·

ANC wil maar net nie erken hulle is verantwoordelik vir die plaasmoorde nie. Ek dink die belasting betaler dok ook nog op vir elke moord wat gepleeg word.

humor ·

Ek is seker daar is baie Engelse wat al onder hierdie landsomstandighede gely het en wat baie graag n Engels talige nuusmedium medium wat die waarheid huldig tot stant wil bring. Ons wag vir hulle.

humor ·

Jerrie jy is besig om die saak in die regte perspektief te stel.

Chrisjan ·

Ai, die liewe ANC dink regtig ons almal eet hul “aankondiging” vir soetkoek op. Foeitog. Onderskat ons intelligensie.

Wynand Swart ·

Chrisjan jy 100% iets nie reg nie.Kan dit ook nie glo nie.

Cherokee ·

Theresa wys dit ook uit in die heel eerste kommentaar; wat Mabe gesê het (indien reg vertaal) beteken eintlik plaasaanvallers moet ophou om boere te skiet want hulle kan plaaswerkers tref.

Alida ·

Die ANC en EFF het die moorde aangehits met die verskoning dat die werkers dan permanente verblyfreg sal he. Belaglik. As jy in n staatshuis woon en die broodwinner sterf dan gee hulle 30 dae kennis om te trek. Dit behoort op plase ook van toepassing te wees. Die werker moet dan maar ander plan maak met sy vrou , 7 kinders en soms oupa en ouma ook. Die nuwe eienaar het GEEN verpligting nie.

D ·

Indien ek so tussen die lyne lees is die ANC meer bekommerd oor die welstand van die plaaswerkers as oor die VEILIGHEID van die boere. Lekker skynheilig.!!

Tiaan ·

Nou paai hulle weer ‘n bietjie, die paddas moet voorberei word vir wapen onteiening…

GAB ·

Bring doodstraf trek. Dinge sal wel n wentelling maak as dit gebeur.

Anoniem ·

Nou veroordeel julle plaasaanvalle. Nee wat, steek daai bollie opinie waar ek hoop n pynappel reeds sit. Nee dankie, ons blankes kom goed reg sonder julle

Kathy ·

Moenie glo nie hulle is nie ernstig nie net n front wat voor gehou word

Barend Kruger ·

Die ANC verteenwoordiger dra nie die gewig wat die President van die land dra nie. Ramaphosa moet die saak reg stel en n video verklaring uitreik en onverskoning vra vir sy uitspraak by die VN. Hy moet selfs voor die hof gedaag word omdat hy as n leier so n valse verklaring in dje eerste plek gemaak het. Dit het my gevoelens skade aangedoen en my kommer dat hier wel n geuralla tipe koue oorlog teen ons mense gevoer word versterk. Hiermee moet ons dan ook klem le daarop dat ons regte om onsself te mag bewapen met n doel so moeilik as moontlik gemaak word en dat die President se uitspraak ons ongemaklik gelos het. Die wapen wet moet geskrap word sodat ons Boere onsself maklikker en vinniger kan bewapen om onsself te kan beskerm teen hierdie Volksmoord ontkennings verkalring wat Ramaphosa gemaak het. Daar word so baie keer deur die ANC top strukture gese en gepraat van die regering asof die ANC en die regering twee aparte liggame is. So as U al hiervan gehoor het waarom sal hierdie verteenwoordiger van die ANC dan die posisie van die regering kan weergee. Ramaphosa moet sy hoed opeet en gedwing word om die erkenning en uitspraak offisieel oor al die SA nuus kanale self uit te spreek as n standpunt van die regering.

Lua ·

Wees waaksaam. Die ANC is meesters wanneer dit by strategie kom. Hul is geskool om teenstrategië te beplan. Enige persoon wat hul glo is uiters naief.

Christa ·

Jy is 100% reg, Lua. Dis presies waar die probleem lê. Pure oëverblindery!

Anoniem 7 ·

Dit is nie sommer vir grond afsny en verblyfreg gee nie. Om landbougrond te verdeel en te hersoneer en dit nogal as residensiële grond is haas onmoontlik. Daar is baie opmetingswette wat nagekom moet word. Vergeet dit maar byvoorbaat

Gatvolvirleuns ·

Eerstens, Pres. Rammaposa het blatant gelieg oor plaasmoorde (terrorisasie om boere te verjaag) nou kom hulle met díe storie dat hulle iets gaan doen daar omtrent. Ha Ha, moenie dat ek lag nie, ANC en hulle makkers sing openlik hoe Boere dood gemaak moet word, hulle wil grond en plase vat sonder vergoeding, hulle sal en wil NIKS aan plaasmoorde doen nie, dis net nog ‘n leun soos al die ander leuns. Jy kan dit ook sommer sien aan die klomp snert wat hulle nou praat van hoe arme plaaswerkers sleg behandel word en nie van plase af gesit moet word nie. Dit gaan net nog meer werkloosheid veroorsaak, want wie wil vir jou self ‘n probleem skep as jy nie ‘n werker mag afdank en ‘n ander een aan stel nie, want dan is jy skuldiger as moordenaars en terroriste.

Wat van iemand wat al 20 jaar by ‘n maatskappy werk, wat kan hy eis of hoeveel regte het hy op die maatskappy gebou waar hy al so lank werk? Hoekom het hierdie klas van twak nie ook gegeld toe mense agv regstellende aksie hulle werke na 1994 verloor het nie?!

Tyd dat die wêreld sien watse spul leuenagtige nikswerte ons land regeer.

Susan VL ·

As ek die redenasie lees ht ek ook ń reg in enige besigheid en ń porsie daarvan omrede ek daar werk. Wat van huiswerkers?
Of is dit nou net moedswilligheid van anc.?
Jy kan mos nie iemand se besitting op eie omrede jy daar werk en hy jou ook verblyf aangebied ht. Dan kan ons almal wat werk ons porsie eis. WE DEMAND!

Sarel ·

Afriforum moet reeds ook tesame met hul bewusmaking veldtog die inkonsekwentheid tov regsbeginsels en die toepassing daarvan aan spreek, is die beskuldigde swart is moet die staat se saak bo redelike twyfel bewys word, is die beskuldigde wit moet hy/sy self sy onskuld bo redelike twyfel bewys. Verder , ek mag verkeerd wees, word wit beskuldigde se sake met groter spoed af gehandel. Hoop hulle volg op . Ek sal ook so n persoonlike versoek tot hulle rig .

Sarel ·

Die ANC is self verantwoordelik vir afsettings vanaf plase aangesien hulle reeds van die begin af met hul drakoniese wette grond onteining sonder vergoeding probeer bewerkstellig het en die ESTA wet die ANC toe aan die gat byt . Hulle is verantwoordelik vir hul mense se baie slegter af situasie. Net stemme verkry is hulle doelwit ongeag die skade wat veroorsaak word .ANC , hou op lieg en erken julle aandadigheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.