
Ontstoke skoliere van Cosas ruk op na Luthuli-huis (Foto: Bongani Shilubane/African News Agency/ANA)
Die ANC het Dinsdag gesê hy veroordeel die plundery wat plaasgevind het toe skoliere, wat verbonde is aan die studente-organisasie Cosas, na die party se hoofkantoor, Luthuli-huis, opgeruk het.
Duisende skoliere het Maandag deur die stad aan die optog deelgeneem. Hulle het ʼn memorandum oorhandig waarin hulle, onder andere, eis dat ʼn einde gebring moet word aan geweld by skole, verbeterde infrastruktuur bespoedig moet word en dat onderwysers, wat aan seksuele mishandeling skuldig bevind word, verwyder moet word.
Verskeie winkels, insluitend ʼn drankwinkel, selfoonhandelaar en haarsalon, is tydens die betoging geplunder deur die skoliere wat in hul skoolklere geklee was.
“Die ANC veroordeel die plundery tydens die Cosas-optog in Johannesburg se middestad ten sterkste,” het Dakota Legoete, waarnemende nasionale woordvoerder van die ANC, gesê. Hy het gesê die ANC is besorg dat die wetteloosheid die aandag aftrek van die doel van die optog en regmatige eise van die skoliere.
“Ons is baie teleurgesteld dat sommige van die betogers nie voldoen het aan die belofte van Cosas se leierskap dat die optog vreedsaam en gedissiplineerd sal wees nie,” het Legoete bygevoeg. “Ons maan Cosas om wetstoepassers by te staan om die oortreders te identifiseer. Daar is niks edel of revolusionêr daaraan om publieke of privaat eiendom te plunder of te beskadig nie.”
- Ontstoke skoliere van Cosas ruk op na Luthuli-huis (Foto: Nhlanhla Phillips/African News Agency/ANA)
- Ontstoke skoliere van Cosas ruk op na Luthuli-huis (Foto: Nhlanhla Phillips/African News Agency/ANA)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
44 Kommentare
Aartjie na hulle vaartjie. Hulle sien dit mos by hulle ouers, so wat verwag die regering. Dis mos aan die orde van die dag.
En hulle betoog teen juis dit wat hulle self aanvang en doen wat vir my wys enigiets is reg om op n afbrand plunder en massa histerie te gaan
Whaaaa haaaa haaaa! Daar gaan doen hulle nou presies wat hulle teen betoog. Common sense is a flower that doesn’t grow in everyone’s garden.
Hulls eis dat geweld gestaak en dat infrastruktuur by skole opgeknap word, maar dan plunder hulle. Wie kan tog die logika verduidelik?
Nou wil die politieke party wat hulle dit geleer het hulle se dit is verkeerd. Hoe dink die mense…. Toemaar retoriese vraag.