ANC veroordeel plundery toe skoliere staak

Ontstoke skoliere van Cosas ruk op na Luthuli-huis (Foto: Bongani Shilubane/African News Agency/ANA)

Die ANC het Dinsdag gesê hy veroordeel die plundery wat plaasgevind het toe skoliere, wat verbonde is aan die studente-organisasie Cosas, na die party se hoofkantoor, Luthuli-huis, opgeruk het.

Duisende skoliere het Maandag deur die stad aan die optog deelgeneem. Hulle het ʼn memorandum oorhandig waarin hulle, onder andere, eis dat ʼn einde gebring moet word aan geweld by skole, verbeterde infrastruktuur bespoedig moet word en dat onderwysers, wat aan seksuele mishandeling skuldig bevind word, verwyder moet word.

Verskeie winkels, insluitend ʼn drankwinkel, selfoonhandelaar en haarsalon, is tydens die betoging geplunder deur die skoliere wat in hul skoolklere geklee was.

“Die ANC veroordeel die plundery tydens die Cosas-optog in Johannesburg se middestad ten sterkste,” het Dakota Legoete, waarnemende nasionale woordvoerder van die ANC, gesê. Hy het gesê die ANC is besorg dat die wetteloosheid die aandag aftrek van die doel van die optog en regmatige eise van die skoliere.

“Ons is baie teleurgesteld dat sommige van die betogers nie voldoen het aan die belofte van Cosas se leierskap dat die optog vreedsaam en gedissiplineerd sal wees nie,” het Legoete bygevoeg. “Ons maan Cosas om wetstoepassers by te staan om die oortreders te identifiseer. Daar is niks edel of revolusionêr daaraan om publieke of privaat eiendom te plunder of te beskadig nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Aartjie na hulle vaartjie. Hulle sien dit mos by hulle ouers, so wat verwag die regering. Dis mos aan die orde van die dag.

Willem van der Merwe ·

En hulle betoog teen juis dit wat hulle self aanvang en doen wat vir my wys enigiets is reg om op n afbrand plunder en massa histerie te gaan

Ria Maritz ·

Voorbeeld is mos lankal gestel.
Terloops, is dit nou skoliere of leerders ?

Anja van der Merwe ·

Dagsê Ria

“Leerders” is die amptelike term wat gebruik word wanneer daar spesifiek na skoliere in uitkomsgebaseerde onderwys verwys word. Albei terme word in Afrikaans aanvaar.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Sandy Botha ·

Whaaaa haaaa haaaa! Daar gaan doen hulle nou presies wat hulle teen betoog. Common sense is a flower that doesn’t grow in everyone’s garden.

Zombie ·

Hulls eis dat geweld gestaak en dat infrastruktuur by skole opgeknap word, maar dan plunder hulle. Wie kan tog die logika verduidelik?

DS ·

Nou wil die politieke party wat hulle dit geleer het hulle se dit is verkeerd. Hoe dink die mense…. Toemaar retoriese vraag.

Ampie ·

En wat plunder hul? Drankwinkel en selfoonwinkel. ???????? Klomp………… .. ja se maar eerder nie

Kierie ·

Dit is nou die land se sogenaamde “leiers” van die toekoms. Dit is ‘n siek, uiters siek, land waarin ons woon. Tragies!

George in Bloem ·

Hahahaha! Dis hoe hulle geleer is en dis die voorbeeld wat hulle volg. Jammer ek lag maar die ironie hier ontgaan my verseker nie.Vraag is eintlik hoeveel is gearresteer? En gaan hulle gemaak word om vir die skade te betaal?

Cherokee ·

Nou wonder ek of die anc se veroordeling van die plundertog die skade herstel het.

PJC ·

Dit is nou wat hulle “liberation before education” veroorsaak het. Hierdie is nou al ń volgende geslag en die ANC weet nie hoe om dit om te keer nie.

BlinkStephaans ·

Ag maar dit is vir my te oulik….en julle wil ernstig opgeneem word? Julle groep sogenaamde betogers sal nooit enige iets vir die land of die samelewing beteken. Julle het geen respek of ruggraat of talent… behalwe om te vernietig… en nou veroordeel jul voorgeslagte anc julle kamstig. Uitsonderlike wonderlike voorbeeld wat julle gehad het né?

Chris ·

Dis nou die leiers van die toekoms! Vir die wat nog enigsins hoop het vir hierdie land, wil ek net sê, die skrif is aan die muur. Ons gaan net een pad en dis oor die afgrond.

SHL ·

Skoliere, eish, kriminele ja. Goed opgeleide ministers vir die toekoms.

Just saying ·

I was wondering when this was going to happen?
Kry maar vir julle. Wat jy saai sal jy maai.

SHL ·

Skoliere, eish, kriminele ja. Goed opgeleide ministers vir die toekoms.

Koos wk ·

Kan jy nou glo …..kinders wat in die skool is behoort aan n unie!!! Ai ai ai ….hulle moet by die skool of by die huis wees en LEER….

Elsie ·

ANC YOUR culture and processes spell clearly out to toi toi and burn down……
SO DONT SAY YOU NOT IN AGREEMENT WITH IT. YOU to scared to intervine!

Andreas ·

Plaas dat hulle op die strand gaan speel en hulself daar besig hou.

Pietie ·

Ek vind dit moeilik om te glo dat die betogers slegs skoliere was. Daar is sekerlik nie net skoliere by hierdie betoging betrokke gewees nie.

En nou? ·

Dit is glad nie meer vreemd om 25 jariges op skool te he nie!

potkop ·

Maklik, verwyder al die studente uit die skool en dan sal meeste van die versoeke gesort wees :-)

Veroordeel ·

Die leiers wat ook jeug misdadigers is, is veroordeel ldeur die polisie wat ook nie weet watter kant sy mag staan nie.. die jeugdiges het hulle tyd gemors om die opstand te reel. Hulle het net beaam waarvoor hulle staan. Een dit glo ek staan al ons jeugdiges voor….ons land gaan bloei. Maak gereed.

Geurt ·

Daar is verskeie maniere om blootstelling en aandag te kry. Die optog en optrede is polities gedrewe en georganiseer. Ondersoek sal maklik bewys dat dit ANC gedrewe is en het bloodstelling in koerante, TV ens verseker.

Mooi foto ·

Mooi foto van ons land se jeug. Pragtige beeld wat dit uitdra. Ek wonder hoeveel van die heugdiges is al ouers, waar is die kinders nou, wie pas hulle op, persone wat soos hierdie optree kan net probleemouers wees, wat probleemkinders veroosaak, wat deur sielkundigeberaders, wat om verkeerde redes aangestelis, hanteer word. Dit het n sneeubal effek wat problematies is.

JohanL ·

Stomgeslaan deur die optrede – woorde ontbreek. Ek…..ek…..ek…… weet nie wat om te skryf nie. Is dit mense met ‘n gesonde verstand en bietjie logika wat so optree? Ek het nie antwoorde nie en ek dink niemand het nie.

jakes ·

Hulle word al van kleuter stadium af geleer om te brand en te plunder.

Hans ·

Ja Neh, jy sal die diere rykdom vermaak met jou manewalis, jy sal die mens vereter en jy sal trek van plek tot plek tot jy vrek

J ·

van hierdie “skoliere” is so paar jaar oor 18 al…van hul lyk ouer as ek, en ek lyk nie n dag bo 30 nie ;D

Pierre ·

Kan verstaan dat die drank en selfoon winkels bygekom word. Maar die haarsalon? Mevrou – ek wil ‘n kuif hê. Duh!

A Mac ·

Skoliere? Daar word al jonger geplunder en gebrand. Maar nou ja, die President het die voorval veroordeel, vir wat dit ook al werd is. Mens kan net jou kop in ongeloof skud dat dinge so agteruit gegaan het. Die manier waarop mense hulself handhaaf in vergaderings en optogte gee ook nie die beste van voorbeeld vir die jeug van die land nie. Dit gaan baie, baie, baie, geduld en opvoeding kos om weer die afbrekers en plunderaars uit hulle afbrekende gedrag te kry na mense wat trots is op hulself en die land.

Heinrich ·

Ja ja die ANC veroordeel hierdie gedrag en ander feëverhale, en nie net nou tydens verkiesingstyd nie. Dis hulle wat hulle mense geleer het hoe om die land onregeerbaar te maak, agter die skerms is “mooi so goeie en getroue volgelinge”.

Gert van Wierdapark ·

A en see veroordeel nogal die gedrag en is verder teleurgesteld in die vandale se optrede. Ons is meer as teleurgestel in die Democrazy wat die laaste 2 dekades hier plaasgevind het. Staatskaping, kader-ontplooiing, regstel(l) ende aksie ens is maar dieselfde as plunder!

Erika ·

Hulle breek af en verwoes, want hulle betaal mos nie belasting nie..
Dan wil hulle nog huise ook hê op 18jaar…alles wil hulle verniet hê of hul verwoes dit!
Sluit hulle toe en gooi die sleutel weg..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.