ANC veroordeel ‘rassistiese gedrag’ tydens Swart Maandag-veldtog

Argieffoto

Die ANC het in ʼn verklaring gesê hy veroordeel die “afstootlike en rassistiese gedrag” van sommige van diegene wat Maandag aan die #SwartMaandag-veldtog deelgeneem het.

Die regerende party het gesê die “rasse-karakterisering van misdade en die stook van rassehaat” was duidelik weens onder meer elemente soos “die arrogante en aanstootlike uitbeelding van die apartheidsvlag”.

Die party sê in die verklaring voorbeelde soos dié dui daarop dat talle ʼn “wit oppergesag en die apartheidsbedeling begeer” en daardeur ʼn bespotting van die nasionale versoeningsprojek maak. Volgens die party is aksies soos dié struikelblokke in die pad na ʼn nie-rassige Suid-Afrika in die toekoms.

Die verklaring maak melding van die Nasionale Ontwikkelingsplan wat onder meer daarop wys dat “alle inwoners van Suid-Afrika veilig moet voel, nie in vrees vir misdaad moet leef nie en behoorlik deur die polisie en die howe gedien moet word”.

“Hierdie nasionale noodsaaklikheid [die ontwikkelingsplan] streef na die veiligheid van alle Suid-Afrikaners en nie bloot ʼn spesifieke ras of groep nie,” lui die verklaring. “Die uitroep vir die beskerming van boere, wat spesifiek verwys na wit boere, wys daar is ʼn ondeurdagte aanspraak op geregtigheid; skep ʼn bevooroordeelde rassige karakter van misdaad, wreedheid en geweld; en ondermyn die sterftes van plaaswerkers en ander wat op plase dood is.”

Die ANC het gesê hy doen ʼn beroep op die plaasgemeenskappe om “alle lewe te waardeer, en nié net wit lewens nie”. Die party sê dit was net in die apartheidsera dat “ʼn bevoorregte wit minderheid” deur die regering beskerm is “ten koste van ʼn swart meerderheid”.

“Daar is talle verslae wat dui op die onmenslike gebruike van boere teen hul werkers en die wreedaardige moorde van swart mense wat belaglike verduidelikings kry soos dat die werkers vir ‘bobbejane aangesien is’. [Daarom vra ons dat] die boere-gemeenskappe die belangrikheid van alle lewens waardeer.”

Die ANC sê hy is doelgerig om die misdaad waaronder Suid-Afrika gebuk gaan, beslissend te hanteer. “Omvattende strategieë is in hierdie verband ontwikkel en in die proses om geïmplementeer te word. Dit sluit in die aftakeling van [Suid-Afrika] se rassistiese nalatenskap en die bevegting van kwessies soos haatspraak en die blokkering van paaie tydens protesoptogte. Die ANC nooi die voorstanders van #SwartMaandag uit om aan te sluit by die meerderheid Suid-Afrikaners in die stryd teen misdaad en nié hierdie groep te vervreem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

122 Kommentare

Danie ·

As hulle regtig so êrenstig is om misdade (en veral moorde) te beveg hoekom is 2016/2017 se moordsyfer die hoogste in jare (dalk nog die hoogste ooit).

Danie ·

Moord syfer per jaar van 2008:
2008 2009 2010 2011 2012 2013 2014 2015 2016 2017
18480 18092 16783 15898 15455 15948 16642 17805 18673 18919.
Hulle is nie regtig ernstig oor misdaad nie. Dit is net lippe diens sodat die naïewe mense se gewetens gesug kan word.

F ·

Dit is met uitsprake soos die dat die ANC wys dat hulle nie ‘n duit omgee vir die land nie. Daar is geen strategie om boere te beskerm nie. Boere gemeenskappe sluit plaaswerkers in. Boere is ook nie net wit nie. Hou op om julle landsburgers te kritiseer en doen vir ‘n slag jul werk. Vang en verhoor die plaasaanvallers.

jennefer ·

Ek sou die verslae wou sien, ek ken geen boer wat sy werkers mishandel nie.

Chris Ws ·

Waarom skeer die anc ALLE optog ondersteuners onder die rassis kam maar net een of twee mense het die ou vlag vertoon?Hulle is rassisme beheb.

Dink net ·

Ai die ANC ruk alles soos altyd uit verband uit, maar kan ons ou nasie ook nie vir hulle self dink nie. Die hele dag was teen plaasmoorde hiloekom moes die apartheidsvlag op n brug hang dit is mos nie waaroor dit gegaan het nie. Julle slimmes het dit erger as beter gemaak. Dink asseblief voor julle sulke stupid goed aanvang.

Nikolaas ·

Dit wil voorkom of die ANC ander beskuldig van dit waaraan hulle self skuldig is.
Ek kan maar net wonder of daar nie dalk n balk in hul oog is terwyl hul die splinter in ander s’n uitwys nie.

Chrisjan ·

Die ou republiekvlag is uit!Hy het die union jack op hom en Britanje is steeds ons land se grootste vyand.Waarom die anc so tekere gaan oor die vreedsame optogte weet net hulle.Kyk maar wat gebeur BY ELKE anc optog.Dis paaie wat met brandende buitebande geblokkeer en beskadig word,voertuie wat aan die brand gesteek word klippe wat na voertuie gegooi word en besighede wat geplunder word.Nou kla hulle omdat ons dit durf waag het om vreedsaam te betoog soos wat HULLE WET dit toelaat?Die anc maak hulself bespotlik!

Rupert Ashford ·

Wat was die moord en verkragtigsyfers per 100000 in die jare voor 94? Gooi sommer die werkloosheidskoers ook in terwyl ons nou besig is dan kan ons ‘n lekker gesprek he.

leon ·

My advies aan die korrupte, onbevoegde anc is om maar om julle smoele te hou. Die dae is verby wat die spul voorskriftelik kan wees. Die suksesvolle massaoptrede deur grootliks ‘n minderheidsgroep is ‘n bedreiging vir die party aan die stuur van ‘n staat wat snel op pad is om te faal. Die is net die begin. Die anc moet maar hom bepaal by die mislukte regering, die slagting by Marikana, die moord op psigiatriese pasiente en die wegdra van die land se geld.

Massaoptrede is die eerste stap. Wat moet volg is ekonomiese aksie wat moontlik onthouding van belasting geld moet insluit!

Elizabeth ·

Ek stem saam dat witmense nie die enigste is wat vermoor word nie en daarom het ek ook nie gister swart gedra of my enigsins met die Swart Maandag-aksie vereenselwig nie. MAAR die ANC is die laaste wat van versoening moet praat. Alle versoeningsinisiatiewe wat op papier mag staan, word op blatante wyse deur hulle ondermyn en bespotlik gemaak. Die ANC se president Zuma se rassistiese optrede skrei ten hemele. So, haal dalk eers die balk uit julle eie oog uit …

Feite asb! ·

Elizabeth. Kry asb jou feite reg. Die protes aksie is nêrens as ‘n aksie ter ondersteuning van wit boere geadverteer nie – dit is JY wat dit so in jou kop verwoord het. Dit is as ‘n aksie ter ondersteuning van BOERE/FARMERS geadverteer en sluit ALLE rasse in. Gaan kyk gerus op die foto’s en jy sal verstom wees dat daar MENSE van ALLE kleure deelgeneem het. Ek het swart gedra ter ondersteuning, so ook die kleurling, wit en swart mense wat saam met my werk. So, ASSEBLIEF moet nie daarna as ‘n protesaksie vir wit boere verwys, want dit is nie wat dit was nie!

Wessel ·

Die moordsyfer koers per 100000 mense vir SA is 32. Die moordsyfer koers per 100000 mense vir blanke boere is 156. Dit beteken dat blanke boere, 5 keer groter kans het om vermoor te word, as die gemiddelde SA’er. Die blanke boere is ‘n geteikende groep.

Ryan ·

Toemaar anc. Ek veroordeel julle ook as julle mshini wam sing. Nogal deur julle nr 1. Die rede hoekom julle nou bek rek is omdat die wereld sien hoe n vreedsame optog gehou kan word sonder beskadiging van eiendom en beserings. Julle het liefling status verloor in die res van die wereld. En ek het so idee dat die term demokrasie nie langer meer so populer gaan wees onder julle nie. Omdat julle dit nog nooit verstaan het nie.

Boervrou ·

Ek het gister swart gedra in die 1ste plek vir almal v ons wat boere is en kos op almal se tafels sit Tweedens het ek swart gedra vir ons kindertjies wat so verniel word en vir alle misdade wat in ons mooi land gepleeg word Stel God 1ste in jou lewe en lees Sy woord wat riglyne gee hoe om opreg en nederig te lewe Dit help nie om mekaar oor en weer aan te vat nie Kry die sondes in jou lewe uit en dan sal God na jou luister

Hannah ·

Nou toe kom Mnr die President…laat ons sien hoe julle die misdaad beslissend hanteer!

M'Lady ·

Ek weet nie of ek moet lag of huil na aanleiding van bogenoemde stellings nie. Ek dink laasgenoemde is meer van pas.

Anoniem ·

Daar is hoeveel keer so mooi gevra dat die mense die optog nie moet verpolitiseer nie en asb nie iets verkeerd moet doen nie. Wraggies, dan kry jy een groepie simpel mense wat nie wil luister nie en dit was net waarvoor die ANC gewag het. Hoe dom kan mens wees? As ons eie president sing, bring my masjiengeweer word hy dawerend toegejuig, maar sing die Stem en dit is polities. Dink mense, ek verwag meer van julle geletterdheid.

Afrikaner ·

ANC wys al meer hulle ware kleure. Niks word gese as taxis paaie blok nie. Speel weer heel eerste ras kaart. Die probleem van misdaad le juis voor deur van korrupte, onbevoegde regering. Dis duidelik n vals hoop dat regering die wil het of bevoegdheid het om misdaad te bekamp. Die wat ANC stem is juis die wat stem vir die gemors in die land so ANC ek probeer iets doen teen misdaad deur teen julle te stem. Boere sal maar vir hulle eie veiligheid moet sorg en dis duidelik in kommentaar van ANC en BLF dat ons op ons eie is.

Lou ·

Ek het geweet die regering gaan weer die rassekaart uitpluk. Shame, dis al kaart wat hulle het……..

Amanda ·

Dit was uiters dom om gister met die ou vlag daar rond te loop en die “stem” te sing.

Zumie ·

Al gehoor van vryheid van spraak en die grondwet?
Of mag ons net doen wat regering ons toelaat?

Amanda ·

Want dit beklemtoon Apartheid!!! Ons sal nooit as n nasie kan aanbeweeg as Swart en Wit die verlede die heletyd opbring nie.

Botterblommetjie ·

Hulle moes ‘n eier lê ander was dit rassisties van hulle om stil te bly….. Probleem is, as jy agter die deur staan hou jy daarvan om die onskuldige party deur die modder te probeer sleep… Jy mag appartheid liedjies sing en trokke/busse ens., wat jou niks gedoen het nie, afbrand… Ek het met als besef dat net God ons kan red… Elke vermoorde persoon (ongeag kleur) se bloed roep uit… Mag God ons goeie bedoelings hoor en ons vergewe vir ons sondes, ons vryspreek en vrymaak… Ek gister na Steve se liedjie luister, kon ek net opkyk en om genade van My Hemelse Pappa Vader smeek… Waar kom ons hulp vandaan… Defn. nie van die regering, buurman of selfs familie nie… Help nie ons skree SA draai terug na God nie, begin by jouself… Ek by myself… Staan ons letterlik soggens en saans op ons knieë? Doen ons als in God se wil? Ons wil hê God moet ons red, waarmee is jy besig as jy dink God sien nie… Laat ons ‘n massa poging aanwend en letterlik elkeen op ons knieë in ons binne huis gaan, waar niemand ons sien nie.. Dra jouself, kinders, gesin en land (regering) op aan God.. Pleit voor Hom genade en vergifnis.

Jakoba ·

Ek stem 1000% saam met jou, jy praat my taal en baie waar woorde

Rina Kotze ·

Botterblommetjie, ek kan net sê AMEN EN AMEN!

Ek stem 1000% met jou saam! Baie praat, hoeveel bid regtig elke dag vir ons land?

Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen bose magte in die lug.

En sekelstert moet deur ‘n liggaam werk, ongelukkig is daar te veel liggame wat toelaat dat die bose deur hulle werk!

Maar Goddank, hulle wat teen ons is, is minder as wat vir ons is!!!

Mariette Hammann ·

Die regstelsel, regering en polisie in Suid-Afrika ondersteun glad nie die regte van Blankes in die land nie. Blanke boere word gemartel en gemoor, en dit word nie eers op TV uitgesaai of in die koerante gemeld nie. Die enigste mense waarop die Blankes kan staatmaak in hierdie land, is hulle medeBlankes wat omgee. BAIE DANKIE AAN ALMAL WAT GEWYS HET JULLE GEE OM!!

Frankie ·

Internasionale sport byeenkomste – soos die Wêreldbekers – maak der miljoene rande uit die verkoop van goedere wat die byeenkoms se logo dra.

Hoekom nie ‘n vlag en logo ontwerp wat slagoffers van alle rasse van plaasmoorde verteenwoordig – en gebruik die vlag, en nie die nuwe SA vlag, by alle anti plaasmoord optogte, musiek – en sport byeenkomste ens solank daar plaasmoorde is…

Die logo kan gebruik word op goedere soos T hemde, kêpsies ens en die geld wat deur die verkope ingesamel word kan gebruik word om plase en kleinhoewes te help beveilig met ‘n ‘panic room’ vir elke gesin, geëlektrifiseerde heining, swaar gewig diefwering en hekke voor alle deure en vensters, profesionele wapen hantering kursesse, voertuie, toerusting en salarisse vir landelike beveiligings groepe asook finansiële -, en trauma ondersteuning en gratis, top regs verteenwoordiging vir alle boere waneer hul wel ‘n aanvaller doodskiet.

Fed Up ·

The display of the old flag I PRESUME was for no other reason than to display the level of anger. If taxis strike, they do NOT also strike for service delivery, busses, etc. Certain media outlets are hell bent on creating racial tension, that is what they are doing in America and all over. They are hell bent on destabilising countries. Wake Up!! CNN, BBC, Huffington Post = Fake News. Trouble mongers.
Yesterday’s events was to highlight farm murders!!
The government, police & courts have failed all citizens in this country. Thinking of making yesterday’s events into racial agenda will make them look more in command but it instead makes them what they are, incompetent!! ANC – the people are suffering. Your failure is prevalent for ALL to see.
Murder, mayhem, service delivery, roads, medical care, name it, failures!! Get off your high horse, but alias, deaf ears!!

Trots Afrikaans ·

Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou —
Dat die erwe van ons vad’re vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.

Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer —
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.

Theresa B ·

Ag what ever!!! As julle niks het om te sê nie ruk julle altyd die “rassistiese” kaart uit!!

Marlene van der wakt ·

Daar word ‘n video op facebook versprei waar ANC lede met ‘n kruis loop met blanke babas aan ‘n kruis en aanhitsing vind plaas om witmense aan te rand, verkrag, te martel asook hul kinders. Waarom word dit nie in teenreaksie gebruik en vertoon nie ?

Uvonka ·

Ons kan nie eers ‘n vreedsame optog hou nie en dan word rassisme weer ten hemele geskree! Al rede hiervoor is dat ons die ANC in ‘n baie slegte lig stel en hulle enigste verweer is om te se ons is rassities! Nerens het ek gesien daar word gese Stop Killing our White Farmers, nee die boodsakp is vir alle boere oftewel ALMAL wat vermoor word!

pieter ·

DAAR WAS N GENERASIE WAT ONDER DIE OU VLAG DIE LAND TEEN MISDAAD EN KOMUNISTE MET WAARDIGHEID EN TROTS VERDEDIG HET SELFS GESTERF HET. MAG EK OOK MAAR NIKS SE NIE.

Andréas ·

Agv die erns hiervan behels dit wel dat iets gesê word! Die feite:
1. Dié dag was ter nagedagtenis aan gestorwe boere en lede van hul gesinne wat onskuldig en koelbloedig vermoor is.
2. Die optogte was wettig.
3. Geskiedenis kan nie weggewens word. Die ou vlag simboliseer hier; deur “ontmoedige en hartseer” mense vertoon; net as skrille werklikheid dat dit in daardie era nooit so erg en geweldadig gegaan het nie.
4. Die skuld vir Matrieks wat nie kon eksamen skryf rus vierkantig op die ANC se hangskouers. Indien hul as regerende party hul werk doen en verantwoordelikheid neem en nie net onverdiende salarisse en bonusse bank nie sou so ‘n optog nooit nodig gewees het nie.
5. Dit pas die ANC ook perfek deurdat hul die EFF en BFLF toelaat om aan te hou met opstoking van die massas. Hierin lê werklik baie meer blatante rassisme en apartheid as wat in elk geval nooit deur die ou vlag simboliseer word nie.
Sal almal wat hierdie nie verstaan asb wakker skrik en dié help wat reeds tot die proses toetree om deur onderhandeling en intellektuele aksie enduit poog om ons geboorteland vir almal weer in ‘n harmoniuese lushof te omskep. SOLI DEO GLORIA

Pieter ·

Die organiseerders het absoluut niks met die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag te doen gehad nie. Dit was enkelinge wat weer nie verder gedink het as wat hul neuse lank is nie en die weldadige en vreedsame optog ‘n rassistiese kleur gegee het.

Boela ·

Ag snert man, die swaai van die vorige vlag is vryheid van spraak, net soos die sing van vryheidsliedere is. Ek hou nie van laasgenoemde nie, maar ek ontneem niemand die reg om dit te doen nie. So, die ANC mag nie op my reg inbreuk maak om my afkeer in die gemors wat hulle veroorsaak het uit te beeld deur die Republiekvlag te vertoon nie. Die eintlike rede waarom die ANC dié vlag haat, is omdat dit hulle herinner hoe die Boere hul telkemale in die ou SWA en Angola verslaan het.

Pietman ·

Indien die ANC ‘n goeie omgewing geskep het, het niemand terug verlang nie.

MERAAI ·

Maar daar was SWART BOERE ook by die byeenkoms>>>>>> se maar net

BOLANDER ·

Ek het ook nie woorde nie. Wat ek wel weet is dat dit ‘n voldwonge fyt dat die regering maar min tussen die ore het en nie die skerpste potlode in die sakkie nie. En dit is ook ‘n feit dat dit die rede is hoekom ons land en sy mense in die gemors is!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Hulle dink hulle kan reg maak met moord en steel vir dit wat in die verlede gebeur het. Maar ek het nuus vir hulle. Niemand, maar niemand kom by HOM, ons PAPPA VADER verby nie. NOOIT, NOOIT, NOOIT!!!!!!

Renier ·

ANC vra bietjie die vraag vir julle self, watter ras is verandwoordelik vir die moord statistiek in die land, as julle die antwoord ken dis hoekom die boere in opstand gaan kom vorentoe, watch out

Johan ·

Die ANC het gesien ons kan saam staan. Nou wil hulle,hulle groot monde kom oop maak. Shame arme anc. Hulle het gesien ons kan dit ook doen maar sonder geweld. Miskien moet die so called president kom leer hoe dinge gedoen word

Boetman ·

Ek verstaan glad waaroor die bohaai oor die oranje, wit en blou landsvlag nie.
Die “vryheidsvegters” van uMkhonto we Sizwe, wat nie een veldslag of skermutseling gewen het in hulle gevegte nie, verskyn daagliks en met groot trots en groot toejuiging in die openbaar met hul vlae en uniforms van die verlede.
Wat is die verskil – behalwe rassisme en viktimisering?

Politiek is gemors soos dit in SA is. ·

Newton se een wet, Vir elke aksie is daar ‘n teenoorgestelde en gelyke reaksie. Dit is die enigste reaksie wat die ANC kan toon om hulle te probeer goed lyk. VIVA ons boere. God is met julle.

Boervrou Amen ·

Ek het gister swart gedra in die 1ste plek vir almal v ons wat boere is en kos op almal se tafels sit Tweedens het ek swart gedra vir ons kindertjies wat so verniel word en vir alle misdade wat in ons mooi land gepleeg word Stel God 1ste in jou lewe en lees Sy woord wat riglyne gee hoe om opreg en nederig te lewe Dit help nie om mekaar oor en weer aan te vat nie Kry die sondes in jou lewe uit en dan sal God na jou luister

Annetjie ·

Ek stem 100% saam met jou, dis met ons geld wat hulle so wild en wakker mee rond vlieg,paty’s hou en ook so baie mag het, stop om belasting te betaal dan sien ons wat gebeur

AP ·

Geen woorde kan hul blatante leeuns beskryf nie hulle sal natuurlik oor en oor dieselfde deuntjie sing .. tot hul voordeel

Lukie Carelsen ·

Die ANC se kommentaar is tipies van hulle rasgedrewe beleid. Maar ek het nuus vir hulle. Die wereld is besig om kennis te neem van die slagting van wit boere. Die bod vd regering om die rugbywereld beker aan te bied gaan sneuwel agv die onvermoee en onbevoegdheid vd SAPS (met ‘n nar as minister) om geweld te bekamp. Moenie verbaas wees as daar sanksies en boikotte volg nie. Hierdie keer kom die ANC teen die ganse wereld te staan. Genoeg is genoeg. Finish en klaar!

JA NEE ·

Ja nee ANC probeer nou weer die aandag op ander goed fokus. Stem saam dit was onvanpas om die ou RSA vlag te laat waai, maar dit was nie elke liewe optog ganger nie so nou word daar weer iets gesoek om die aandag op iets te vestig weg van die eintlike doel van die optog. My opinie die ANC het geskrik, nie gedink so baie mense kan saam staan nie. Dit wys jou ons moet aanhou opstaan teen hierdie verskriklike misdrywe want as ons dit nie doen nie wie gaan dit doen? Wonder wat gaan die ANC vir hulle mensies se as daar NIKS maar NIKS meer kos is om te eet en die buiteland kan of wil nie aan al ons behoeftes voorsien nie. Ek was baie trots dat soveel mense bymekaar gekom het, dit het goed gevoel. Die ANC en elke ander party wat iets negatief te se het gaan nog elke woord sluk. Ons dien n God wat nie slaap nie!

christa ·

dis hoekom ons land is soos hy is. Hulle is meer gepla om tog ‘n rassis uit te vang as wat hulle moord sal bekamp. Wat pla die vlag hulle so? Omdat daardie vlag vir die eienaar baie beteken? Dis die mense se eiendom dit kos nie die klaers se geld nie. Plaas hulle meer aandag gee aan mense se lewens as om oor ‘n klomp onbenulligheid te kla.

O aarde ·

Dis nogal interessant dat ‘n organisasie, dis nou die ANC, met ‘n moordwapen op sy logo die vermeltelheid het om ‘n ou vlag te kritiseer. Weereens dink ek aan die balk in jou eie oog.

Verstom ·

In stille eerbied vertrou ons op die Almag van ons Hemelse Vader. Iets wat ANC, EFF en diesulkes nooit in hul lewe ooit sal verstaan nie. Die LIG het hulle nie te beurt geval nie, die BRON van LEWE is nie hulle s’n nie. (Esr 9:7) Van die dae van ons vaders af tot vandag toe is ons in ‘n groot skuld, en oor ons ongeregtighede is ons self, ons konings, ons priesters oorgegee in die hand van die konings van die lande, aan die swaard, aan gevangenskap en aan plundering en beskaming van die aangesig soos dit vandag is.

JC ·

Dis net mooi 103 jaar sedert die aanvang van die 1914 Rebellie…

Sê maar net. ·

Ek het gister die hele dag omgehuil. Ek het ‘ n keuse gemaak. Ek verwerp die nuwe vlag want ek wil nie vereenselwig word met die “nuwe Suid-Afrika” nie.

Bruno Stef ·

Die ANC moet gerus hulle smoele toehou sou dit meer aanvaarbaar gewees het as die mense die kommunistiese Hamer en Sekel vertoon het. Wees net gewaarsku dat ons nie deur n spul kommuniste sal laat intimedeer nie want die Afrikaner was tot dusver gematig met sy uitsprake en optredes maar moet ons nie probeer dwing om in SA n Sosialistiese/ kommunistiese Diktatorskap nie dit gaan net ly tot n situasie wat lelike nagevolge gaan he.

Pop ·

Hahaha!!!Rassehaat word aangeblaas deur iemand wat sing van masjiengewere. Die ANC is die grootste rasse spanning aanblasers wat daar is. En hulle doen dit om stemme te werf. Julius se openlik hoe die witmense gaan buig onder sy bewind. Maar dis nie rassehaat nie.Hoe verfoeilik is dit. Die buitewereld sien hoe wreed word ou wit mense aangerand en doodgemaak. Die brutaliteit is ongehoord enige plek op aarde. Julle tyd raak min ANC.

CS ·

Nog ‘n witman vermoor in Stellenbosch, nog kinders wat moet grootword sonder hulle pa, nog ‘n vrou wat moet voortgaan sonder haar man maar hulle is onsteld oor ‘n vlag!

Andre Jacobs ·

Een vraag – wat is die nasionale versoeningsprojek waarvan gepraat word en vir wie geld dit?? Ek sou graag ‘n antwoord van die ANC wou kry.

Leon Meyer ·

Dit is vir my so hartseer dat ons met mense werk (regering) wat alles sien as rassisme maar self rasse haat aanhits en selfs deelneem aan liedere sing wat haat teen witmense aanhits en selfs moord aanhits soos Kill the Boere Famers.Dit is tyd om optestaan en elke rassistiese aanhitsing en uitsprake van hul kant die wereld in te stuu,r fotos te wys hoe wreed en barbaars hulle op tree want lyk my ordentlikheid verstaan hulle nie .Baie dankie vir almal wat Maandag deel was van die verset aksie swart en wit en vir die wereld gewys het hoe n vreedsame optog lyk.Die ANC en sy trawante ken net klipgooi , afbrand en plunder en hulle het geen oplossings behalwe om alle skuld op wittes te pak en dan hulself te verryk tenkoste van hul volgelinge wat se oe toe gehou word met belasting geld in die vorm van toelae en grants.Nogmaals dankie aan almal swart en wit wat gewys het ons is gatvol!!!!

gatiep ·

Toemaar Leon die mense van Europe begin nou self voel waarmee ons hier sit.
Hoofstroom media stel nie in so storie belang nie.
Hulle is besig om waker te word en kan self sien waarheen hulle op pad is.
Die ANC se horlosie loop uit. Groot veranderinge gaan kom in wereld met Trump.

Magda ·

Dit was dalk die verkeerde ding om die ou landsvlag na die optog te neem , maar dit net gesê omdat ons weet dat hulle enige iets sal sê om ander rassegroepe te diskrediteer en omdat hul self nie deel voel nie. Ons maak nie bohaai as hulle die ANC vlag en dan 1000 de van hulle saamneem as hulle optogte het nie, dis hul reg, maar gee my ook die reg om trots te wees op dit wat eie is aan MY KULTUUR. Jaloesie is n snaakse ding

amelia ·

Ja wie sou kion raai dat die boere so kan saam staan Dink was te groot skok vir baie

Francois Le Cochon ·

Hierdie optog het gegaan oor “Genoeg is Genoeg”, punt. Dit was ‘n optog wat gefokus was op alle SA’ners se gatvolgeit. Mense met die ou landsvlag, en so meer, het die “Genoeg is Genoeg” optog gekaap, ondanks ‘n versoek van die organiseerders om weg te bly van die vorige bedeling se memorabilia. Die ANC is rede gegee om te kritiseer.

tamboti ·

Ondersteun enige poging om orde en geregtigheid, MOENIE altyd REDES SOEK om dit nie te ondersteun nie! Dan kritiseer so baie dit boonop nog! Niks sal julle ooit tevrede stel nie!
Ou landsvlag is die simbool van die Unie van SA – nie apartheid nie, dit kom reeds van Koloniale bestel, word asseblief tog wakker.
In elk geval simboliseer die ANC wapen/vlag vir my ‘n terroristiese aanslag op gewone publiek en boere op hul plase, (nog net soos vandag) maar dit word oral gesien en met trots gedra.
NOU WAT IS DIE VERSKIL!!

paula van vuuren ·

Die Berig het ‘n prentjie van ‘n Flag ! Dis mos ook nie die lands Flag nie, is dit nie ook rassisties nie? Dit is die klaers se vlag ANC se Flag ! Wat verhoed dan ander mense om ook ‘n spesifieke Flag te dra . Ons het buitendien net EEN Lands Flag volgens my.

Frans ·

Soos gewoonlik wanneer daar niks te sê is nie word die rassekaart gespeel.
Ek sê “TAX MUST FALL” en klaar,waarvoor vir iets betaal wat jy nie kry nie.
Gebruik die geld om selfbeveiliging te doen

AP ·

Versoenings projekte??? mis ek iets en asb ANC spring tog van julle “rasistiese” trein af en fokus liewer oor al die klagtes en probleme van die land wat almal so ongelukkig oor is nie net wit nie maar ALLE rasse, julle is te eenogig, en hou op om net te wil beledig dit veroorsaak nie versoening nie, die ou vlag draers was onnodig, en oor Bok radio het hulle juis gevra dat die mense dit tuis moet los, maar die ou vlag was ons landsvlag en ons was geleer om dit te eerbiedig nes in enige ander land wat respek af dwing jeens hulle landsvlae nes ons nou die nuwe vlag ook respekteer, of sien julle dat blanke Suid Afrikaners rond loop en die vlag verbrand of beledig: ek het dit nog nie ondervind nie, julle kyk verby die doel en noodkreet van gister se optog, dit was ‘n uitroep van hulp van ‘n regering wie se leier ene Zuma al reeds gese die ANC (menende hy) kom eerste in die land en dan sy mense…………..en dit kan mens waarneem van sekere regerings beamptes se bankrekenings.

Ray ·

Wel wel wel, hier is nou verseker ‘n stelling gemaak waarmee ek saamstem. Ons grote ANC, dis juis oor julle julle verpligtinge nie nakom nie dat sulke optogte uiteindelik gebeur. Sover my kennis strek was niks gebrand of gebreek gister nie. Die ou vlag, wel ja dit is problematies. Ek sien geen melding van hoeveel vlae is gesien nie? (minderheid) Jy wat die vlag omhoog gehou het, miskien moet jy maar liewer hom in jou Cortina/ Anglia sit. Ons leef in die realiteit hier en het nodig om vooruitgang te maak. As familielede van my vriende of my iets oorkom is ons almal hartseer daaroor (alle rasse groepe). Maar, ANC dink julle nie dat plakkate soos (One settler one bullet) (Kill the Boer kill the farmer), aanstootlik is vir die wit gemeenskap, en selfs ook vir ander rasse groepe nie? As landsburgers kom meeste op grondvlak baie goed oor die weg. Hou op sensasie jaag, en doen ‘n slag wat julle voor betaal word (Deur die belastingbetaler nogals). Ja daai mense wat julle so dreig met julle SARS advertensies op die radio dat ons gaan boetes betaal en toegesluit word. Nee ek stem nie dis nie ‘n (sense of entitlement) nie. Dis actually waarvoor julle betaal word en julle doen nie dit wat julle betaal word voor nie. Get your house in order and I suspect that even the so called “racist” will support you. They only expect what they are paying for. Dwell a moment on that.

kat ·

Die anc het nie gedink ‘n optog kan so vreedsaam verloop nie en is nou teleurgesteld daaroor.
Hulle sou graag geweld wou sien en dan daaraan deelneem – maar moes toe eenkant op ‘n klip sit. Al waaroor hulle nou kan kla is ‘n vlag op ‘n brug. Vir hulle is ‘n ou landsvlag meer werd as ‘n lewe lyk dit my. neewat – ons kon nou duidelik sien hoe die linge lyk en waar ons staan. Ons neem kennis.

Dirk01 ·

ANC is desperate korrupte party , ekonomie aan flarde , misdaad onbeheerbaar en geen sinvolle planne vir die toekoms .Pleks hulle die motief vir maandag besef . Dit was belangrik om die menigtes by mekaar te kry en dit wys ons is nie rugraatloos ons kan ook ons stem dik maak. Die regering is in alle aspekte n mislukking

joey ·

As die mense mooi gekyk het sou hulle sien daar was ook swart werkers en swart boere by die saamtrek, omdat die blankes nog opgetree het is hulle rassistise maar wat van die ander groepe wat kill the whites sing en skreeu wat is dit, dit het tyd geword dat die Aliens wat die deur for hulle oop gemaak het om n.a. AS te kom vote for anc en julle kry huise stuur hulle terug

Wille Willem ·

Die uurglas is amper op sy laaste sandkorrel vir nie net die boere nie, maar vir alle blanke Suid-Afrikaners. Die regering is dan rasgedrewe – hoe nou anders?

Jaco Prins ·

Wat ‘n grappige media verklaring, ek wonder of hul “nationale versoenings projek” direk vertaal kan word as die moord op wit boere want daar is niks in hul naratief oor versoening nie. Hulle haal ook net die nationale ontwikkelings plan uit as dit hul pas maar niks daarvan is nog toegepas nie. Die ANC is ‘n klugspul en ‘n grap!

Hennie ·

Uit hierdie bewoording lees ons baie duidelik wat is die ANC se benadering tot geweld teen die boere. As daar nie ‘n vlag gewaai was nie, sou hulle ‘n ander verskoning gekry het om dit rassisties te kategoriseer. Die punt is dat dit nutteloos is om te praat met mense wie geen integriteit het nie.

rollie ·

Groot verskil tussen die swaai van ‘n ou landsvlag en die swaai van ‘n vlag wat ‘n sekere organisasie behoort. Ongelukkiig het hierdie dom groepie weer die ANC skietgoed gegee om die brandpunt te verskuif. So dom soos ‘n klip.

John ·

En die ANC dog toe die Afrikaners is kaput, klaar… bang, gereeld om die witvlag te hys. En toe was die spul verkeerd. Dis wat die teenreaksie eintlik se. Kyk nou maar kom 16 Desember en dan hoor ons watter versoening nou eintlik in die bloudrukke vir die ‘Nuwe SA’ (onthou die stokou uitdrukking?) beplan was en word en daarop neerkom dat die Afrikaners hulle moet versoen met die gedagte van totale vernietiging…. 16 Desember is ‘n dag vol van grootse verrassings… Ons moet bid en ons by die gelofte hou… Wie beplan feeste?

Peet J ·

Die ANC is heeltemal korrek met die verklaring wat uitgereik is want dit is presies hoe baie van ons witmense se sienswyse is asgevolg van die onmenslike geweldadige moorde wat op ons families plaasgevind het.Ek wonder wat verwag die regerende party van die families van die slagoffers moet alles maar net met ‘n glimlag aanvaar en as deel van demokrasie uitgemaak word indien wel, maak hulle ‘n gruwelike fout. Die ANC kon insamewerking met instansies soos bv. AfriForum, menseregtekommissie e.a. die afgelope 23 jaar met al hulle voorstelle en insette nie misdaad hokslaan nie want die ANC kyk met een oog op die stoof en die ander een op die koorsteen.

Pierre ·

Sodra daar deur die blanke opgetree word is dit rassehaat, sodra die blanke sy standpunt stel is dit rassehaat, die regering doen niks om enige iets aan die huidige moord en roof in hierdie land te doen nie. Hul teiken is die sagte issues waarvn 99% daarvan op blankes gemik is, ‘n kis insident, ‘n uitspraak en dan belaglike aanrandings kwessies. Kan daar enige vinger gewys word na gister se protes, nee, niemand is skade aangedoen nie, niks is geplunder nie, maar daar pop een of twee ou vlae op en nou is daar rassehaat. Ek het gedink dat MK ontbind het maar steeds wapper hulle vlag en steeds sien jy hoe hulle in MK uniform optree tydens ANC dae, kan iemand my verduidelik wat is die verskil. Geen woord was gerep toe ‘n groep jong onskuldige Voortrekkers uit ‘n Raadsvergadering gestuur is nie omdat die ANC en EFF hulle rassistiese stunt uitgevoer het, wat het daarvan geword, net mooi niks want dis deel van dubbel standaarde. Mag God in Sy alwysheid op hierdie land toeslaan sodat mense tot hul sinne kan kom, sodat die kriminele wat die regering vol sit die aftog blaas en ons opnuut hierdie land kan opbou tot ‘n Godvresende Staat.

Op-Klaar-Gedaan ·

Ag whatever!!!!! Julle ou stories is so afgesaag ANC…word groot!!!

Dirk ·

“Apartheidsvlag” bestaan nie en het nog nooit bestaan nie. Die vlag wat nou deur onkundiges so genoem word, is die Republiek vlag. Dit het die Britse Union Jack vervang met die onafhanklikheid wording van Suid Afrika. Ons land word nog steeds Die Republiek van Suid Afrika genoem. Waarom nie die Republiek vlag vertoon nie? Sou Suid Afrikaners nog steeds in Die Unie Van Suid Afrika wou woon en die Union Jack vertoon? Soos gesien kan word is daar self omstredenheid oor die simboliek wat in die vlag gebruik word maar dit bly Die Republiek vlag soos dit sedert 1961 genoem is.

Theresa ·

It is disgraceful to ALWAYS use the so called apartheids-era as a reason for something the government do not like! Rather feeble. No, you see – actually a mere flag should never bring on such a feverish rush of words! The country has a new flag (NEW!!) already the past 23 years and yet the people (all people) of South African are searching for safety, a feel of restfulness and a nurtured feeling in a grand country. Kindly restore trust in all before lashing out to the presence of a flag. Quite ridiculous if you take into account that many flags represent ill feelings – and then nothing meets the media for commenting on it? So rather concentrate on bringing this country up to standard and out of rubble status. With each and everyone’s safety in mind. All went quite well on Monday. Why not be positive and help with the safety aspect????!!!!

Hein ·

Ek dink onwillekeurig aan die ou volk Israel. Sodra hulle die Here verlaat, het Hy hulle laat ly onder goddelose bewinde, maar sodra hulle hul bekeer het, het Hy weer uitkoms gegee.
Wat verwag ons, as ons op Sondae na kerk eerder “gister se rugby” as “vanoggend se preek” bespreek – om maar net één voorbeeld te noem?
Ná die Tweede Vryheidsoorlog het Boeregesinne afdrukke van Klaagliedere 5 teen die sitkamermuur gehad. Dalk moet ons hulle vooorbeeld volg…

Leahim ·

Die anc en van sy gevolg en ministers is die enigste rasiste in suid afrika

Eben ·

Eerstens het ek geen rassisties simbole gesien nie. Ek weet ons minister het op twitter gereageer op fopnuus wat fotos wys van die ou vlag wat voor 1994 geneem is. Sekere mense het baniere wat met ‘n betoging in Duitsland gebruik was toe vroue verkrag was deur buitlanders.

Al wat ons nou leer is dat die ANC enige storie sal fabriseer net om blankes te verneder. Ons bly in ‘n land waar ons vir ewid vertrap sal raak deur die ANC. Baie van my familie bly in die buiteland en ek raai almal aan om die land te verlaat as hulle oorsee geholpe kan raak.

Die ander groot ongeluk wat SA getref het is dat die oposisie dieselfde as die ANC doen en niks doen om rassespanning te verminder nie.

FM ·

Grappige Nasionale Versoeningsprojek!!! Kan n anc dalk vir ons die inhoud en doelstellings van die sogenaamde “projek” gee en hoe daar te werk gegaan word om dit te bereik. Lagwekkend en ek is nie eens n rassis nie, brother!

Oukei ·

Kyk, eerlikwaar, toe ek fotls van die ou vlag sien het ek my sommer vererg… Hoofsaaklik omdat terug-op-die-brug mense soos dit die hele dag se intensie en vredevolle boodskap loop ruïneer het, deur dit ‘n “wit” stelling te maak. Hoe slim jy ookal dink jy lyk, jy verwoes jou kredietwaardigheid… Dink bietjie volgende keer!! Dit kon ‘n wonderlike voorbeeld gewees het van hoe protes aksie vir vrede, nie polities hoef te wees nue, maar nou-ja ….. Aan die ander kant as dit al is waaroor die cANCer het om te “huil” dan wys dit jou ook maar hulle skraap die “bottom of the barrel”… Nie dat een van hulle die idioom sal verstaan nie….

H ·

Boere brand nie geboue of strate nie. Besighede was ook nie geplunder nie. Busse en taxi was ook nie gebrand nie.
Vlot verloop sonder enige geweld. Knap gedaan Boere.

FM ·

NASIONALE VERSOENINGSPROJEK?? He He. Lag ek nou soos jz. Kan iemand asb tog vir die mense uitstippel wat die doel, inhoud en werkswyse van die ” projek”is. Rn watter vordering al gemaak is. Groot asb tog. Nou vir die eerste keer van die woord gehoor. Seker maar weer een van die onuitvoerbare beloftes. Ons wag in spanning op die gevreesde versoeningsprojek.

Johanna Botha ·

Verdoem maar doen niks aan die probleem wat hulle veroorsaak ….steel belasting en beveilig niemand

Delarey ·

Trots op my mede Afrikaners! Ons staan op maar vertrou in die eerste plek op God.

Dankie aan die ANC en Malema wat aan almal wys presies wat hulle is. Die liberales raak al minder en stiller. Ons wil in vrede leef en aan almal hul plek in die son gun, maar helaas.

Onderdrukking en onregverdigheid bring egter die geleentheid vir morele hernuwing, verdieping en eenheid. Saamstaan Afrikaners die geskiedenis is nog nie verby nie.

Die ANC wys hul ware kleure maar die wiel is besig om te draai. Sterk staan Afrikaners die geskiedenis is nie verby nie.

Wdp ·

Die heilige ANC is kinderagtig. Dankie fw en al die mense wat ja gestem het

Cornelia ·

Die Republiekvlag. Dit laat mens onthou dat goeie dinge nagestreef was. Wat sal die huidige vlag se simboliek wees in ‘n jaar of tien. Sal dit onthou word vir bestendigheid, demokrasie, beskaafdheid…vra die onskuldige bloed wat grusaam vergiet is en steeds vergiet word. Ja, vra my volksgenote wat ontydig gesterf het. Die Here het ‘n boodskap. As julle julle verootmoedig en na My terugkeer, sal julle My Wonderdade aanskou. HOU NETAAN MY VAS!

Jan ·

Die swaai van die ou vlag word gekritiseer, maar die ANC mag hulle vlag swaai. As daar dan nou die sogenaamde groot versoening is, waarom word die SaVlag nie geswaai deur ANC ondersteuners nie. Vra maar met

André ·

So is plaasmoorde dan nie ‘n struikelblok in die pad na ‘n nie-rassige Suid-Afrika?

DC ·

Die meerderheid moet ophou om hul swak selfbeeld te verdoesel en vertroetel met arrogansie of n raskaart te probeer speel. Swak leiers en swak planne is sinoniem met misdaad, korrupsie en onderprestasie. Dat n vlag n bewerasie veroorsaak is amusant. Wonder wat gaan word as die jeug teen wie daar so onnadenkend diskrimineer word begin rug styfmaak. Interessante tye vorentoe.

Michelle ·

Wys my hoeveel swart boere word wreed aangeval en vermoor (GEEN). Wanner hulle saam met die president sing haatspraak liedere se niemand niks.

waarheid ·

Kan ons die Rugby Worlcup Bid vir 2023 stop ? Dit sal die wereld se aandag op ons kry? Vertel vir hulle daar in London dat hier ‘n genocide aan die gang is en dat die spelers en toeskouers se lewe in gevaar gaan wees in S A? Vertel hulle die waarheid oor die plaasmoorde in S A en wys hulle die foto’s.

adriana ·

Waarom word die Guptas nie gedagvaar omdat hulle hulle sekuriteitswerkers bobbejane genoem het?

Stop die Wereldbeker Rugby bid vir 2023 en lig die mense in London in oor wat hier aangaan.

Wouter ·

Hulle is net teleur gesteld omdat daar geen barbaarsheid by hulle volgelinge se optogte voorgeskrewe het nie.Hulle verstaan nie respek en orde nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.