ANC veroordeel satirerekening op Twitter

'n Skermskoot van die satire-rekening op Twitter

‘n Skermskoot van die satire-rekening op Twitter

Die regerende party het die persone, wat verantwoordelik is vir ʼn satiriese ANC-Twitter-rekening, skerp gekritiseer.

“Dit het onder ons aandag gekom dat persone ʼn nuwe Twitter-rekening oopgemaak het met ons vorige Twitter-naam (@MyANC_),” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die party, in ʼn verklaring gesê. “Ons nuwe Twitter-naam, sedert Vrydag, is @MYANC (sonder die onderstreep). Ons verwerp, met die minagting wat hulle verdien, die ontstellende siening wat op dié rekening gepubliseer word, asof dit namens die ANC is.”

Volgens Kodwa het die ANC vinnig reageer op die satire-rekening. “Ons is vol vertroue dat stappe gedoen sal word teen dié rekening.”

Van die uitlatings op die satire-rekening, wat reeds minstens 24 plasings gedoen het, sluit in:

“As jy nie ons leier, pres. Jacob Zuma ondersteun nie, wil ons nie jou stem hê nie. Ons is verenig onder president Zuma!”

“Die UDM sal sukkel om 0,3% in #Elections2016 te kry. Jy mors jou stem.”

“Ons kan nie ʼn gratis huis aan elkeen verskaf nie. Dit is nie moontlik nie.”

“Ons leier, president Zuma gaan nêrens heen nie! Hy sal die ANC lei tot Jesus terugkeer.”


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jaco ·

Ek wil graag weet: wat dink die Jode en die Moslems en die atheiste in die ANC van die stelling dat “die ANC sal regeer todat Jesus terugkeer”? Waarom bly hulle stil daaroor? Waarom verwerp hulle dit nie?

Dr Pieter van der Dussen ·

Goed dat die uitdrukking “tot Jesus terugkeer” weer opduik. Eers die hand in eie boesem: “Dit sal die dag wees” hoort nie in ‘n gelowige se woordeskat nie. Dit hou verband met “die groot en deurlugtige dag” wanneer die Here weer aan die ganse mensdom sal verskyn (Jo-el 2:31, Handelinge 2:20). Maar intussen moet niemand uit die oog verloor dat die Here enige oomblik enige dag aan hom en haar persoonlik sal verskyn nie. Daarom is die gebruiker van die uitdrukking in die sin reg: Hy of sy sal lewe en doen tot die oomblik van sy dood. Dan breek vir elkeen van ons die groot en deurlugtige dag aan waarop Christus Jesus die Here oordeel. Ook oor ons woordgebruik (Jakobus 3).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.