ANC veroordeel uitlatings oor Indiërs

anc-vlagDie ANC het hom gedistansieer van uitlatings wat deur Visvan Reddy, die party se takvoorsitter in Chatsworth, Durban gemaak is.

Volgens die Daily News het Reddy op Facebook gesê dat Indiërs wat kla oor die ANC-regering moet terugkeer Indië toe. “Ons beskou Reddy se uitlatings as totaal ongevraagd en dit weerspieël nie die beginsels van demokrasie nie,” het Sihle Zikalala, die ANC se sekretaris in KwaZulu-Natal, gesê.

“Gaan na Indië en dan sal jy sien watter goeie lewe ons hier het. Gaan voort met jou gemors en marginaliseer jouself verder. Moenie die ANC blameer nie, blameer jouself. Jy het nog nie demokrasie omhels nie. Slegs ‘n dwase Indiër in SA sal nie konstruktief betrokke raak by die meerderheid nie,” het Reddy glo op sy Facebook-blad geskryf.

Reddy sê die ANC het Indiërs se steun nodig. “Die ANC het ʼn onkeerbare momentum in die Indiër-gemeenskap en dit is al bewys deur die hordes mense wat ons interkulturele feeste bywoon.” Reddy het aan die Daily News gesê hy staan by sy uitlatings en dat dit nie die ANC se siening is nie. Hy sê sy uitlatings het ten doel om kwaadwillige kritiek teenoor die regering te ontmoedig ten einde te keer dat daar ʼn gespanne verhouding is tussen swart en Indiër Suid-Afrikaners.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter ·

Ek hoop nie dat dit hier ook so komn gaan raak nie.Sterkte voorspoed.
Pieter van der walt.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.