ANC veroordeel vlaag kindermoorde

Argieffoto

Argieffoto

Die ANC het Maandag die onlangse vlaag van kindermoorde in die land veroordeel.

“Dié groeiende en onverklaarbare verskynsel wat die hulpeloses en onskuldiges teiken, het nie ʼn plek in ons samelewing nie,” het Zizi Kodwa, die party se woordvoerder, in ʼn verklaring gesê.

“Laat ons die skuldiges identifiseer en hulle by wetstoepassingsagentskappe aangee sodat hulle suksesvol vervolg kan word.”

Kodwa het mense ontmoedig om reg in eie hande te neem.

Die gedeeltelik verbrande lyk van ‘n kind is Saterdag op ‘n mynhoop in Reigerpark gevind. Die liggaam is nog nie geïdentifiseer nie. Die polisie ondersoek die moontlikheid dat dit die liggaam van Cuburne van Wyk (3) is. Hy het Woensdagmiddag vermis geraak en is glo ontvoer.

Luke Tibbetts (3) is Vrydag dood nadat hy verlede Saterdagaand in Westbury, in die weste van Johannesburg, in die kop geskiet is.

ʼn Sesjarige meisie en haar tannie is vroeër die maand dood in hul huis in Rosedale, Hankey in die Oos-Kaap, aangetref. Die polisie vermoed dat die meisie verwurg is. Haar tannie is met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.

Taegrin Morris is verlede maand dood toe hy vir nagenoeg 10km in Reigerpark in Boksburg langs sy ouers se gekaapte voertuig gesleep is.

Die ANC het versoek dat daar spesiale aandag geskenk word aan dié tipe sake en dat die skuldiges so gou as moontlik vervolg moet word.

“Ons versoek ook die regering om vuurwapenbeheer te versterk, aangesien onwettige vuurwapens al hoe meer vir ‘n verskeidenheid misdade gebruik word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

"Huh!" ·

“onverklaarbare verskynsel “….

Ekskuus, ek is seker vreeslik onnosel, maar ek verstaan nie so mooi wat Zizi bedoel nie.

Ben ·

Dis hoog tyd dat die publiek besef meeste van die ANC verklarings wat een of ander sosiale euwel beoordeel beteken eintlik maar niks. Die ANC is nou langer as 20 jaar in ‘n uitstekende posisie om kragdadig teen kinder- en vroue mishandeling en moorde op te tree maar in hul boekie is dit ‘n “onverklaarbare verskynsel”. Dis nie net beter polisiering wat van die ANC as meerderheidsregering verwag word nie, ook sterker toepassing van wette, veel swaarder strawwe, en helaas om kindermoorde buite die politiek te laat. Elke keer as so iets gebeur is die plaaslike ANC Premier voorbok om die arme gesin se drumpel deur te trap, fluks gevolg deur talle ander politieke funksionarisse….net om by ‘n volgende kindermoord weer te gebeur – gits, mens kry al half die indruk hul doen dit net vir die waardevolle SABC publisiteit, niks anders nie. Intussen word nog n kind of kinders vermoor….

Belinda ·

Ek stem vat gereg in eie hande en voel niks vir die skuldige soos hulle niks voel vir n onskuldige blerrie kind nie ek raak nou baie kwaad vir die moorde wit, swart, oumense of kinders dit moet nou stop!

Pieter Senior ·

Hierdie keer ‘N GROOT HUH! Watsegoed is wetstoepassingsagentskappe???? Die Romeine het al gekla Ex Afrika semper aliquid novum – Uit Afrika altyd iets nuuts. Buiendien is die aantal baba- en kindersterftes in staatshospitale oor die afgelope maande ‘n veelvoud van die aantal kinders waaroor die ANC se Zinzi kerm, maar die hospitaalsterftes kyk sy mis…. Enkele maande gelede het dr minister Aaron daarmee gespog dat in staatsgesteunde aborsieklinieke daar in twaalf maande TWEE-EN-TAGTIG-DUISEND ONGEBORE BABAS gedood is. Sedert die klinieke in 1997(?!!!) gewettig is, was daar teen die einde van 2013 reeds 1250000 (EEN-EN-‘N-KWARTMILJOEN) aborsies in staatsklinieke, afgesien van privaatinstellings. Hoe bring mens nou die kluitjie by die oor dat die ANC bekommerd raak oor die klein (nogtans gans te veel) klompie kinders wat die afgelope tyd vermoor, gedood, geskend is, maar oor die anderhalfmiljoen wat sedert 1997 gedood is, klink hulle by monde van hulle minister van gesondheid baie tevrede. En oor die hospitaalsterftes in hospitale wat deur die minister beheer word niks ges nie…..

De Wet Momberg ·

Vertel my net , hoe veroordeel hulle eie geloof , tradisie ens ? Is dit nie juis die ANC politici en hulle aanhangers glo in voorvaardergeeste en kort kort sangomas toe hardloop nie ? Waarvoor anders is die kind vermoor en ligaamsdele verwyder as juis hulle ritueele !

Renate Barnard ·

Die verklaring is belaglik. Die oplossing voor die handliggend – beman die GKS eenhede in die SAPD met ervare en passievolle ondersoekbeamptes en bevelvoerders. Kry die hele regstelsel aanboord en gee gepaste strawwe vir die oortreders. Die teendeel is egter aan die orde van die dag en wie moet ons bedank?? Die einste ANC wat nou hul skok en ongeloof uitspreek. Die valsheid maak my siek.

Ronel ·

Ek stem 100% saam misdaad is besig om hand uitteruk onskuldige kinders word wreed vermoor dis vreeslik sad om elke dag sulke dinge te lees…MAAR wat van plaas moorde A.N.C ?????? Is dit nou maar niks nie??? Hoeveel dink julle gaan ons moet betaal vir kos as al die boere uitgemoor moet word?? Kos gaan ingevoer moet word en ons gaan extra moet betaal om die moordenaars..verkragters ens in tronke te moet voer…Maar nee daars mos klappe op oe as daai gesprek opkom

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.