ANC versoek ‘oorlog teen rassisme’

Die "Zuma must fall"-plakkaat wat op 15 Januarie 2016 in Kaapstad opgerig is Foto: Twitter

Die “Zuma must fall”-plakkaat wat op 15 Januarie 2016 in Kaapstad opgerig is Foto: Twitter

Die ANC het Sondag ʼn beroep gedoen op alle Suid-Afrikaners om ʼn “oorlog teen rassisme te verklaar” en dat politieke partye hulself daarvan sal weerhou om demokrasie te ondermyn.

Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, het gesê die “oningeligte versoek” dat Zuma uit sy amp verwyder moet word deur die “Zuma must fall”-veldtog is “ʼn poging om die aandag af te lei van die ware gesprek oor rassisme wat uitdrukking vind in kommentaar deur ʼn minderheid wat aan ʼn sekere party behoort en daarop gefokus is om die onmoontlike terugkeer na ʼn rassistiese verlede te bereik”.

“Dit is elke Suid-Afrikaner, en veral politieke groeperinge, se verantwoordelikheid om die vlaag van rassisme, wat ons land in die oë van ander lande ʼn uitgeworpene en ʼn simbool van agterstevoorom rassebetrekkinge gemaak het, te ondermyn,” het hy gesê. “Dit is duidelik dat hierdie veldtog, wat privaat deur spesifieke groeperinge geborg is, slegs die samelewing kan verdeel en dit sal tot gespanne verhoudings onder ons mense lei. Laat ons in ons verskeidenheid ons demokratiese beginsels en praktyke omhels. Ons versuim om nou suksesvol te wees sal daartoe lei dat mense, wat eendag hierop sal terugkyk, sommige van ons sal veroordeel.”

Kodwa het gesê dit is duidelik dat Suid-Afrikaners nie vreemde gedrag sal duld van diegene wat probeer om die struggle, waarvoor daar lank gewerk is, ongedaan te maak nie. “Ons moedig persone aan om aktief standpunt in te neem teen rassisme en diegene wat ons demokratiese waardes wil afwater.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Vicus ·

Ja presies Kodwa. Weet jy egter wie hulle almal aan rassisme skuldig maak? Hoeveel gevalle van haatspraak het die afgelope tyd aan die lig gekom waaroor julle niks rep nie. Sodra n blanke iets se word dit die hele wereld heen verkondig. Die koerante doen ook lustig hieraan mee. Hierdie hele kwessie van rassisme wat nou ewe skielik kop uitsteek, is n slim manier van die ANC regering om sy eie swakhede te verberg. Na afloop van die verkiesing gaan rassisme skielik verdwyn!

Rina ·

Vergeet van rasisme….. fokus op die probleem in ons land…. swak regering en swak dienste en lee beloftes. Alles gaan agteruit en gelde verdwein……

GES ·

Ed ek stem saam. Begin bo en werk na onder. Dit is van toepassing op haatspraak, rassisme en korrupsie.

Berhalet Beukes ·

Ag asseblief… Wie is die grootste rassiste en wat het die Zuma Must Fall plakkate met rassisme te uit te waai? Ons almal weet dit gaan oor die regering se onbevoegdheid en toe besluit een of ander simpel sot dis rassisties georiënteerd! Wat ‘n belaglike spul!

Chris W ·

Nou maar goed anc,skaf dadelik regstellende aksie af .Julle( die anc) praat net maar is die grootste rassiste in die land!Kom ons kyk wat doen HULLE om rassisme te stuit.

MJL ·

Die “Zuma must fall” veldtog het niks met rassisme te doen nie. Dit is ‘n noodkreet vir die daarstelling van ‘n bevoegde regering vir ALLE Suid-Afrikaners in hierdie land. Gaan lees weer wat u gesê het, Mnr Kodwa, dan sal u sien dat sekere van u opmerkings op sigself ‘n rassistiese ondertoon het.

Boggom ·

Dis waar. Dit bewys dat dit teen Witmense gemik is, maar ons sal ons nie laat rondstamp en stoot nie. Zuma MUST fall, en gou ook!!!!

Barry ·

Rasisme…Yada yada yada..daai woord is so holrug gery!Ek wonder wie is die rasiste?Rasisme is absoluut heeltemal omgedraai in die land!Laat een wit ou of sal ek se boer..waag om “kill the boer…..”om te draai en op die ouens te mik,sal dit wereld nuus word en jy sal opgesluit word!So,wie is die RASISTE rerig?

Yahleda Ihlathini ·

Se die ANC aan die onderdrukte minderheid… die minderheid wat deur hulle onderdruk word. Dis so n paradox . Direkte teenstelling van waarvoor die ANC staan. Hulle is n klomp hansworse. Kry ook al die media dekking in die wereld. Smeer als toe deur vinger te wys.. en agter die vinger weerklink ‘kill the boer’

P J ·

Begin by die ANC die fout soek. Dit is die grootste rassiste. Erkenning is hulle probleem. Miskien moet hulle net hulle publieke boodskappe op band neem en dit later luister. Hulle word so opgesweep in hulle publieke toesprake dat hulle net probeer stemme wen en niks verder omgee nie. Hulle hou daarvan om ander altyd die skuld te gee.

Herman ·

‘n Vis vrot van sy kop af. As die kop vrot is word die hele vis ook vrot. Die leiers van die land is vrot. Die hele land is ook al vrot. Rasisme het begin by regering oor witmense. Nou vra hulle om dit te stop. Lagwekkend. Sal nooit stop nie. Glo my. Sal net erger word. Witmense het nie meer se in die land nie. Dis die probleem. Stem saam. Wat het rasisme met Zuma must fall te doen. Dit se nie swartmense moet val nie. Wat word van diegene wat gese het witmense moet opgekap word soos in Hitler se tyd. Doodstil van dit, maar laat ‘n witmens se swartmense moet opgekap word. Dan is die regering op jou. Wat ‘n joke. Kry eerder die ekonomie reg en korrupsie. Wie pleeg die meeste korrupsie. Witmense?? Of wie. ANC het geen prioriteite nie. Rasisme red nie die land nie. Goeie leierskap kan. So doen dit wat gedoen moet word om die land ‘n beter land te maak en begin by Zuma en sy span.

André ·

Hoe op aarde kan ‘n versoek dat die president van sy pos onthef moet word as rassisme beskou word? Is dit ook rassisme as die president ‘n blanke is? Is dit ook rassisme as die president ‘n swart persoon is en die versoek word deur ‘n swart persoon gerig?

Jan maak n Plan ·

Mooi so ANC begin deur om sommer julleself om met julleself oorlog te maak. Julle sal sien dat rassisme soos mis voor die son verdwyn,

carol ·

Vergeet vlaag van rassisme wat van vlaag plaasmoorde en korrupsie en werkloosheid!!!

Ludwig ·

Wat op dees aarde het kritiek op die regering met rassisme te doen? Is die Koreane nou rassisties as hulle teen hul regering protesteer? Dis elke kiesers se goeie reg om te protesteer teen die regering wat hy nie gekies het nie, ook teen die ampsdraers in daardie regering as hulle duidelik droogmaak. Ek hoef nie te sê wát hulle droogmaak nie. Kom ons sê maar sommer álles!

alida ·

Ou Zuma is die dirigent van sy eie orkes en plak nou alles op rassisme. Al was die president groen, geel of enige ander kleur moet hy waai as jy nonsense aanjaag. Gaan Maroela hierdie kommentaar ook verwyder?

christine ·

Bollie die Pres kan nie eers rekenkunde reg kry nie. Nou moet hy wetgewing teken, sal daarvan hou om te weet of hy ooit begrip het. Nee die wereld hou hom daar hulle soek n dom ou in top wat hulle kan beheer van voor Vorster se tyd. Kan nie sien hoekom hulle ontslae gaan raak van die een

Elana ·

Haha. Laat die ANC maar oorlog teen rassisme verklaar, van die grootste rassiste is ANC-ondersteuners, so sodra hulle dit doen, dan gaan die party teen hulle ondersteuners se rassistiese maniere. En dit gaan maak dat hulle ondersteuners verloor. So, hou so aan ANC. Hulle grawe hul eie graf. Want as die ANC lede teen mekaar oorlog voer, gaan die ANC nie meer lank bestaan nie.

PJ ·

Die woord rassisme word nou net so populèr soos die woord “apaitheid” in die verlede

DPJ ·

Wie het die eerste begin? Was dit nie swart studente wat nie wou klasgelde betaal het nie. Was daar toe van rasisme praat?

kpbus ·

Haal eers al die rassistiese wetgewing van die wetboeke af. Tot dan swyg asb!

Michael ·

Ek stem saam die ANC moet ontslae raak van sy rassistiese regstellende beleid gebaseer op velkleur en ‘n President aanstel wat ten minste ‘n graad 12 het en ‘n land kan regeer ten goede vir almal wat wettige burgers is

alida ·

Stuur die sot skool toe en dan Universiteit toe. Miskien dan sal hy verstaan waaroor alles gaan.

Trolle ·

Net rassiste wat so gepla is met die rassistiese storie julle raak nou regtig heeltemal belaglik.
Kan julle tog nie met iets beter vorendag kom nie,so stupid kan mens tog nie regtig wees om te glo die plakaat is rassisties nie.(of kan mens)

Dirk T ·

Die manne is bekommerd. Die DA is n probleem vir hulle. Die EFF maak hulle bekommerd. Daarom dat Zuma die EFF se grond beleid annekseer. Rassisme word openlik geskree in ‘n poging om die kiesers nader te trek. Hierdie manne sal nie gewillig mag oorgee nie. Hulle het te veel om te verloor. Geweld kan verwag word.

Ben ·

Ek hoop die berig verskyn ook in die Star, Sunday Times, Sowetan en sommer in die Bona ook. Die ouens – wie dit eintlik moet lees – verstaan Afrikaans net wanneer dit hulle pas.Hamba Kahle!

Riaan ·

Sy se n struggle wat hulle hard aan gewerk het, nou sit hulle net agteroor en trek n pay, hulle het seker gedink jy run n land soos n spazza shop, nee tannie jy het mense nodig wat die werk kan doen.

Riaan ·

Ek is nie n rasis nie,ek haat net mense wat my haat,maak dit van my n rasis, jy kan nie jou familie kies nie maar jou vriende kan jy.

Willie ·

Wat het te doen met rasisme? Die ou is nie in staat om sy werk te doen nie Dis al

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.