ANC versoek vrylating van politieke gevangenes

Sportminister Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Sportminister Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, het versoek dat alle politieke gevangenes vrygelaat word.

Mbalula het Maandag die versoek gerig toe hy ʼn optog deur ANC-lede na die konstitusionele hof gelei het in protes teen die toestaan van parool aan Janusz Walus, die moordenaar van die vryheidsvegter Chris Hani.

Die hooggeregshof in Pretoria het verlede week gelas dat Walus binne 14 dae op parool vrygelaat word nadat hy meer as 23 jaar tronkstraf uitgedien het.

Mbalula en Limpho Hani, Hani se weduwee, het die optoggangers, wat ook lede van die SAKP ingesluit het, gelei in die optog wat in Braamfontein begin het. ʼn Memorandum is hierna oorhandig waarin versoek is dat die besluit om Walus op parool vry te laat, hersien word.

Mbalula, ’n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, het van die geleentheid gebruik gemaak om te versoek dat politieke gevangenes vrygelaat word.

“Ons versoek dat politieke gevangenes in ons tronke vrygelaat word, ondanks hul politieke affiliasie en spesifiek gevangenes van voor 1994,” het Mbalula gesê.

Mzwandile Masina, adjunkminister van handel en nywerheid, het tydens die geleentheid gesê die transformasie van die regbank moet ondersoek en hersien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

MCS ·

Is daar nog politieke gevangenis? Gedink die ANC het al hul makkers bevry! Miskien is dit die hedendaagse kamma vegters wat als brand en plunder wat nou as stryders beskou word! Eenmaal een altyd een!

anoniem ·

ja ne daar laat ons die moorde net meeer en meeer word met die loslating van “die politieke gevangenis” in ons land.

Fransie ·

Ek wonder hoe slaap mev Hani in die aand met soveel onvergewensgesindheid. Mens se las is net soveel ligter as mens die persoon(e) vergewe wat jou kwaad aangedoen het. Daar is BAIE mense van ALLE rasse met verskeie redes in ons land wat moet wrokke dra, maar verkies om te vergewe en aan te gaan met die lewe. Dis regtig net soveel makliker. Haar man se moordenaars het baie jare in die tronk gesit daarvoor- hoeveel ander weduwees kan dieseldfe se?????

tamboti ·

Ja teen 17 000 moorde per jaar maal met 22 jaar +/- 340 000 vermoordes wie se geliefdes net soos mev. Hani moet voel. En wat van die moorde voor 1994?
Nee wat, sy moet net oor selfde kam as duisende ander geskeer word. Walus was nie gewoonte misdadiger of reeks moordenaar nie.

GPC ·

Dink sy get dalk vergewe, maar regerende alliansie party sal enigeiets doen om met “resisme” tema die komende verkiesing te wen. Dis al “hoop” wat hulle nog het.

Kaspaas ·

Mandela het nooit jammer gese en Hani is met bloed op sy hande dood soos die Engelse gesegde “you live by the sword you die by the sword”

Sue ·

Weet Mbalula dan nie dat Janusz Walus ‘n politieke gevangene is nie. Deur te praat stel hy homself bloot om uitgevang te word as’ n dwaas en laat almal weet hoe onkundig hy werklik is.

Sarie ·

Gaan die Boeremaglede ook vrygespreek word? Of hou die verwysing na voor 1994 dalk die sleutel dat hulle maar sal moet sit. Miskien moet daar ‘n lys van die gevangenes gepubliseer word met hulle oortredings langsaan en laat die publiek stem wie moet gaan en wie moet bly. Daar is reeds so baie met ernstige oortredings agter hulle name wat hoë poste beklee dat die voetvolk van politieke gevangenese ook maar kan gaan.

wynand ·

Die man adverteer sy onkunde oop en bloot. Die ergste is hy weet dit nie.

snuffels ·

Lyk my daar is n paar poste oop in die Anc wat hulle wil vul…mens moet tog egter tronkstraf op jou cv he om te kwalifiseer vir hulle.

Estelle ·

Ja, Sue en Wynand, kon nie verstaan wat Mbalula bedoel nie, politieke gevangenes?? Nou besef ek hy is maar net bloot bitter ON…….. Oningelig ….. Siestog !!!

Gerd Lourens ·

Wanneer betaal hierdie grootbek die geld terug van sy reis na die boksgeveg???

Janusz – jou yster!!!

Rens Roodt ·

glo nie daar is enige swart politieke gevangenis oor in die trinke va voor 1994 nie – almal is alreeds vrygelaat en sit in die parlement – net foefies!

Dan ·

Hulle wil nou weer soos in die verlede n groot aantal gevangenis vry laat in ruil vir die enkele Walus, dus maak hulle eers n despuut oor Walus en dan met die vrylatings maak hulle dan of Walus daarby baat. Die mense dink ons is baie dom, en hulle so slim.

Dan ·

Hulle wil nou weer soos in die verlede n groot aantal gevangenis vry laat in ruil vir die enkele Walus.

Weskaper ·

Dan noem Mbalula hom ‘n minister. As ‘n minister so redeneer moet hy van sy pos verwyder word.

thelsa ·

Robert McBride, wat ook ‘n moordenaar was en meer mense gedood het as Janusz Walus, is laaaankal uit die trunk vrygelaat, handjies mooi silwerskoon gewas by die Waarheids en Versoeningskommissie.

Chris ·

Hoekom klink die besigheid vir my bekend. Was daar nie n tyd, so oor die 2000 jaar gelede toe n moordenaar deur die mense vrygelaat is en n onskuldige mens toe dood gemaak is. Toe was die regeerder van die dag sy hande en alles is weer reg.

Oom Boer ·

Die Minister het al op sovele vlakke getoon van sy rassisme veltogte en weereens. Sy hele bestaan is altyd net transformasie, hoekom nie sommer ten volle transformeer en kry klaar nie. Sovele mense het al onskuldig gesterf deur cANCer Kaders en Mnr Walusz het sy straf ten volle aan die gemeenskap vereffen en verdien sy vrylating. Mev Hani hoef nie aan Mnr Walusz vergifnis te gee nie, want dit is God se werk en sy hoef ook nie te dink dat sy verhewe is bo die howe nie en haar besluit regverdig iemand se vrylating aldan nie..

Gert ·

Sluit mev .Hani saam met hom toe tot hul vrygelaat word!!!Dit sal nie lank wees nie dan is hy vry.Laat min.van sport balle pomp want Janus is n politieke gevangene

Klaas ·

Ek wonder net of hy Pres Gupta gevra het voordat hy sulke twak kwytraak?

p ·

Wat op aarde het sport met politieke gevangenis te doen? Ek dink Mbalula is bietjie uit sy diepte met sy praatjies. Soek seker bietjie aansien by die ou weduwee. Vryf sy ou sterretjie bietjie blink na sy mannewalis met geld ens. As daar vir elke plaasmoord ‘n optoeg gehou word…was niemand van ons by die werk nie. Mnr Mbalula, los nou jou snert en inmeng en gaan doen jou werk. Dis waarvoor jy so reuse salaris ontvang. En hou op om weird te wees…jy freak my uit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.