ANC vervreem ‘ons mense’ – Lesufi

Panyaza Lesufi. (Foto: Verskaf)

Panyaza Lesufi, adjunkvoorsitter van die ANC in Gauteng, het Woensdag sy mond uitgespoel oor korrupsie binne ANC-geledere tydens sy huldeblyk aan die teenapartheidsaktivis Andrew Mlangeni.

Mlangeni was die laaste oorlewende aangeklaagde van die opspraakwekkende Rivonia-verhoor en is verlede Dinsdag in die 1 Militêre Hospitaal in Pretoria oorlede.

Andrew Mlangeni. Foto: Presidensie/Twitter

Lesufi het die skare toegespreek tydens Mlangeni se staatsbegrafnis by die Universiteit van Johannesburg se Soweto-kampus. In sy toespraak het hy gewaarsku dat die vryheid waarvoor Mlangeni geveg het, verlore kan gaan indien die regerende party daarin misluk om van die interne probleme soos korrupte kaders aan te spreek. “Die opofferings wat jy [Mlangeni] gemaak het, kan dalk vergeefs wees indien iets drasties nie gedoen word nie,” het Lesufi gesê. “Die wantroue tussen die leierskap en ons mense word by die dag groter. In plaas daarvan dat ons veg vir die ontwikkeling van ons mense, stry ons oor posisies. Eerder as om te veg vir die ontwikkeling van ons land, is ons omring deur gulsige aasvoëls.”

Lesufi het daarop gewys dat dit “nog nooit in die geskiedenis” gebeur het dat ANC-kiesers in die party twyfel of ontevrede is met sommige van die “vryheidsvegters” se optrede nie. “Nog nooit in ons geskiedenis het gulsigheid en korrupsie die gedagtes van ons mense oorheers nie. In jou [Mlangeni] se eer, moet ons al hierdie verkeerde dinge regstel.”

Hy het egter nie geleentheid laat verbygaan om grondhervorming en ‑onteiening te bevorder nie. “Maar jy [Mlangeni] moet ook dié wat dood is in die stryd om vryheid daarop wys dat van die mense wat jy gevra het ons moet vergewe, ons vergifnis as vanselfsprekend aanvaar en hulle weier steeds om ons land aan ons terug te gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Jr ·

4 million and ninety fifty thousand and twoty onety and sixty fifty hundred and fifty

RekmyBek ·

“Kurrupte kaders aan te spreek” se hy….mmmmm wat van hul gaan tronk toe eerder en betaal elke sent terug?

Anel ·

Sal maar nie sê wst ek wil nie. Sal graag wil weet hoeveel in sy skare was wat hy toegespreek het. Ons mag dan slegs 50 wees by begrafnis.

marius ·

Huil maar die magtige Limpopo in vloed …met krokodiltrane . Glo nie ‘n woord wat oor sy lippe spoel nie .

Yolandie ·

“ons vergifnis as vanselfsprekend aanvaar en hulle weier steeds om ons land aan ons terug te gee.” Wat se vergifnis praat Lesufi hier van…..want van waar ek kyk het die meerderheid nie vergewe nie en dis hoekom daar altyd teruggekyk word na apartheid…..en nie vorentoe nie. Mens kan net vooruitgaan as jy vorentoe kyk en saam bou aan ‘n “nuwe beter land ” vir almal. Maar nou word allerlei rasse wetgewing gebruik om die verontregtes te “help” om vooruit te gaan. EN 26 jaar later is ons nou amper in die steen tydperk. Die land is op sy kniee en steeds is julle bemoeid met die verlede. Die land behoort aan almal wat daarin woon, behalwe die onwettiges wat ons land se grense oorsteek.

Hoekom ·

“Om ons land”!! Nigerië, Somalië en die Kongo hoort lankal aan julle, of praat julle van hierdie land, Suider Afrika!? Wat aan niemand behoort het nie. Wat ontwikkel is deur my voorvaders en wat jy en jou voorvaders as vanselfsprekend julle sin ag? Jy en jou mense sal eers moet bloei vir hierdie land soos my mense gebloei het vir hierdie land. Julle is toeriste wat julle self wil verkoop as “locals” net omdat daar vir julle die land gegee is want uhm…..Afrika…..

Snowball ·

In kort: “Comrades we are corrupt but please blame the whites”

Die Kardinaal ·

Ag terwyl jy so mooi vra Mnr Lesufi, versoek hom sommer ook om die wat dood is in die stryd te wys op watter gemors jy van die onderwys stelsel gemaak het – na 26 jaar aan bewind van die swakste in die wereld! En vertel hulle hoe jou mense in n paar maande van inperking skole geplunder het. En o ja vertel hulle sommer ook hoe julle die infrastruktuur van die skole vernietig omdat hulle ontevrede is met JOU party. Terwyl hulle nou so lekker moet gesels gee hulle iets ordentlik vir die agenda.

Adam Adriaan ·

Touleier van die ANC se kommunistiese Idiologie. Hy moet oppas die voorosse gaffel hom nie van agter nie

Persheks Adri ·

O nee red ‘n nasie! Jy praat te veel en doen te min. Jammer en al die dinge, maar vergewe omdat ONS (blankes) die land gevat het… Sê dit maar reguit! Gaan droom lekker hoor en praat met jou our people!!!

Adeline ·

Gedink die ou het regtig iets opreg om te sê volgens die opskrif – dol leë woorde met geen krag.
Shame!!

tweeling ·

Klim van die dansvloer af en los hulle dan sal ek jou glo

johanf ·

Hierdie pandemie.word nie getakel vir hierdie land se mense nie, maar vir die genot van kleilat gooiery tussen sommige Politieke Organisasies, hul ondersteuners wat alles glo, al neem dit al 26 jaar. Selfveryking deur baie onsentitiewe, onkundige steriotipe mense, wat nie ń oog knip om sy eie kultuur te na te kom nie…..
Hopeloos…
SIES….!!!

Johan ·

Ek wil baie graag weet by wie het hulle die land gekry as jy die geskiedenis reg lees het hulle net hier kom plak. Dit onmoontlik gemaak vir die aanvanklike inwoners en toe maar net ongenooid ingetrek lekker man lekker. Hou op vir goed vra wat nie joune was nie.

Kobus ·

Ou grapkas. Moet dalk oorweeg om saam met Casper de Vries n reeks te doen. Arme man

Jacobus ·

Goeie genade kyk wie praat. Mr Puttoilette homself. Waar hy gaan het hy alles tot stilstand gedwing. Dadelik is my dag bederf.

dave ·

dis hulle eie mense lekker want julle sien mos niks raak as dit nie julle sakke pas nie kry vir julle die hele land is net nou deesdae n skelm spull

Eiervrug ·

Ek dink nie die dooies gaan dit waardeer as daar nou gemoun word by hulle oor ou koeie nie Lesufi. Anyway, moet jy nie eerder ‘n paar skole probeer bou nie??. Ai….

SomeOne ·

“our people” se “our children” se onderrig word ook benadeel

Daan ·

Ek kan een ding glad nie verstaan van ons mense se kommentare deesdae nie,, maak nie saak wie of wat Lesufi is nie, gee hom erkenning vir wat hy gesê het en dalk lees hy dit en werk hard daaraan.
Hou julle daarvan om altyd die negatiewe toegesnou word of doen jy meer met iets positief.

Maria ·

dank Vader ek het hierdie toespraak gemis. ‘Our peopals’ is niks anders as our ‘our poor slaves’ nie

Nell ·

En die pot verwyt die ketel dat hy swart is… toppunt van skynheiligheid.

Johan ·

Klink vir my of die kaders vir die kaders vies is,of is dit comrades vs faksies,of die hele spulletjie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.